Dit is nie snaaks nie

14 05 2012

Verwelkoming, inlywing, oriëntering of sommer net bloot ontgroening.  Noem dit wat jy wil, maar op die einde kom dit neer op ‘n arme nuweling wat op ‘n sekere manier in ‘n nuwe kring welkom geheet word.  Dalk nou nie die warmste ontvangs nie, maar dit maak ten minste ‘n goeie oorlog storie wat dikwels met groot vermaak oorvertel kan word.  Die idee is tog – hoewel ‘n mens dit nie noodwendig ten tye geniet nie – dat almal agterna daaroor saam kan lag. 

Ek is dus nie noodwendig teen ontgroening nie.  Daar is die menslike neiging om te dink dat jy die kat se snorbaarde is wanneer jy ‘n sekere posisie bereik het.  Daar bly min van die aanstellerigheid oor as ander jou op jou belaglikste gesien het.  Ek het dalk effens meer ontgroenings onder die belt as die gemiddelde mens.  Ons was in st 6 op die ou manier in die nuwe skool verwelkom, die eerste keer wat ek nasionaal aan ‘n kompetisie deel geneem het, was daar ‘n spesiale stop oppad gemaak om die nuwe lede te verwelkom.  Koshuisprefekte was ook duidelik laat verstaan dat hulle nog lank nie almagtig is nie.  Dan was daar natuurlik eerstejaar in die koshuis, verskeie komitees en Huis Komitee.  Glo my, ek weet presies hoe blerrie koud Pretoria in Augustus kan wees, maar ek het nie enige beserings – hetsy fisies of emosioneel – opgedoen met enige ontgroening nie. 

Ek moet egter twee dinge toegee.  Eerstens is ek as ‘n meisie deur meestal meisies ontgroen wat ‘n sekere mate van beskaafdheid in die proses bring.  Ek mag verkeerd wees, maar soos ek al gehoor het hoe mans mans ontgroen, begin dit defnitief neig na barbaarsheid.  Tweedens is ek in ‘n tyd ontgroen, waar die ontgroeners hulle wel aan sekere reëls moes gehou het of daar was moeilikheid.  Daar was nogsteeds die angel van ontgroening, maar daar was grense. 

Grense wat verseker het dat ontgroening nie ontaard in iets misdadigs of selfs ergers nie.  Punt is dat daar nie juis veel is wat die wat ontgroen word verskil van die wat ontgroen nie.  Die ontgroeners weet dalk ‘n ding of twee meer as die groentjie, maar die groentjie is op ‘n plek waar hulle gelykes skouers skuur.  Die ontgroeners vergeet dit en dat hulle self nie te groot vir hulle skoene moet word nie, maklik. 

Sekere dinge is nie eers tydens ‘n ontgroening snaaks nie.  Wat in die normale verloop van die lewe ‘n misdaad is, is ook tydens ontgroening ‘n misdaad.  Wanneer die groentjie getraumatiseer word, is dit verkeerd.  Ek onthou hoe ons as groentjies dikwels “gestraf” is omdat ons net so hard soos die ongroeners gelag het.  Niemand behoort ontgroening te vrees nie en niemand se lewe behoort as gevolg van ontgroening verwoes te word nie. 

Dit bring my nou by die seun wat op ‘n eerste rugbyspan toer verkrag is met ‘n besemstok en ‘n piesang.  Die ontgroeners is so vol van hulle self dat hulle die geweldmisdaad op hulle selfone verfilm het.  Hulle wou aanvanklik sy hare afskeer en sy ma het dit probeer keer.  Die aand daarna ontgroen hulle hom toe met mening.  Asof dit nie siek genoeg is nie, besluit die skool dan dat dit net ‘n poets is

In my hoërskool het ons niks daarvan gedink om die skoolhoof as ‘n poets in die swembad te gooi nie.  Ek wonder of die skool nog steeds gaan dink dit is ‘n poets as die skoolhoof deur die eerste rugbyspan met ‘n besemstok verkrag word.  Ek aanvaar dat heelwat van die seunprefekte is in die eerste rugbyspan.  Wat sê dit van die leiers van die skool?  Wattter tipe leiers gaan hulle eendag buite die skool wees?

Breinvasbrand:  Wie het in 1908 moedersdag gevier en ‘n veldtog begin om dit ‘n erkende “fees” dag te maak?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Guy Hobbs

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

14 05 2012
Olga

eerste!
Anna M Jarvis.

14 05 2012
Olga

wat se die feit dat die seuns verkrag om te ontgroen, jou van hulle karakters. Sulke boelies verdien dat hulle potd afgekap word.

14 05 2012
nats90210

Dis siek!! Ek sal hulle krimineel aankla! 😦
Ons was ook nie juis ontgroen nie. Moes ons hare in bolletjies dra (ons was motte) bordtjie om ons nek met goed op en in rye loop, liedtjies sing en ons skoollied op ‘n eier skryf.

Ek moes vir ‘n matriek gesing het en op ‘n “perd” besem ry terwyl ek gesing het “ek op my perd op my spierwit perd is hier om jou te kom haal” of so iets.

Maar die is erg – geen wonder dit word deesdae geban nie! 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: