Gewoond aan ontrou

10 05 2012

Een van die die eienskappe van lewendige organismes is hulle vermoë om volgens hulle omgewing aan te pas.  In die mens se geval, bestaan ons omgewing nie net uit skuiling, kos en water nie.  Daar is ook ‘n emosionele kant wat ‘n groot rol speel.  Die mens is instaat om aan te pas om selfs in die haaglikste omstandighede te oorleef. 

Ek sal die filosofie los vir ‘n ander dag.  Die punt wat ek probeer maak, is dat mense gewoond kan raak aan selfs die skokkendste goed.  Natuurlik kan iets waaraan jy gewoond is jou nie skok nie, dit raak dus aanvaarbaar.  Party bittereinders kan dalk frons of selfs ‘n bohaai opskop, maar in die massas wat gewoond is, maak dit nie juis saak nie. 

Om een voorbeeld te noem, net ‘n paar dekades terug was dit taboe om met iemand saam te woon.  In die 80’s het meer en meer mense die taboe uitgedaag.  Hulle het die gemeenskap se skok geabsorbeer en die grense geskuif.  Later het meer en meer mense saamgewoon.  Die gemeenskap het dit onaanvaarbaar gevind, maar die skok daarvan was weg.  Met tyd het die meer en meer aanvaarbaar geword.  Vandag is dit heeltemal aanvaarbaar en baie mense frons self as daar paartjies is wat verkies om dit nie te doen nie. 

Deesdae loop ek my om elke hoek en draai in die woord affair vas.  Die woord affair is al klaar ‘n eufenisme vir verneuk of die formele term: ‘n buite egtelike verhouding.  Meer en meer mense het ‘n storie om te vertel, redes om hulle te verontskuldig en die verwagting dat ander dit moet goedkeur. 

Die dae dat ‘n buite egtelike verhouding kon geskok het, is verby.  Die verneukte kan dalk bitterlik ontsteld wees, die familie kan bitter ongelukkig wees, maar die bekendes en gemeenskap sal net hulle skouers ophaal.  Party sal hulle dunk van die verneuker verlaag, ander sal dit amusant vind en nog ander sal hom / haar bewonder omdat hulle buite die huwelik gaan wei het. 

Waar dit op ‘n tyd ‘n skande was, wat sorgvuldig weggesteek is, is dit deesdae – wel – maar net een van daardie dinge.  Mense spog / kla reeds in ‘n veilige groepies oor hulle eskapades.  Party sal selfs in openbare forums spog daaroor.  Ek verstaan daar was nou die oggend ‘n wedywering van vrouens wat op radio wou bieg dat die kind wat hulle man dink syne is, nie syne is nie.  In baie gevalle is dit sy broer se kind of weet die ma nie eers wie die pa is nie. 

So ‘n verneukery is deesdae vermaak.  Dalk nie in almal se smaak nie, maar niemand gaan juis nee dankie sê as so ‘n stukkie inligting vir hulle ore aangebied word nie. 

Dit laat ‘n mens wonder oor die huwelik.  Beloftes wat voor getuies gemaak word, word so maklik in die wind gegooi.  Dit is asof baie mense nie eers probeer om dit na te kom nie.  Hulle is maar net te gewillig dat die vlees swak is. 

Ek dink ons kom elke dag ‘n bietjie nader aan totale aanvaarding en selfs verwagting aan ontrou.  Hoekom?  Dalk omdat terme soos eer en lojaliteit bespotlik geword het.  Plesier en bevrediging is nou wat nagejaag word, waarvoor mense sal sterf.

Hoe voel julle oor ontrou?

Breinvasbrand: Aan wie het Karien van Jaarsveld haarself onlangs verloof? 

Breinlosbrand:  1838

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

10 05 2012
Kameel

Die boek “The Vow,”(ware verhaal,) sê my dogter gaan oor ‘n paartjie wat die belofte wat hulle voor God afgelê het, ernstig opgeneem, en ten spyte van alles moeilike omstandighede ge-ag het. Dit is raar vandag.

10 05 2012
hoendersop

Ek is so geskok, Xena. Ek wil eerder maar glo dat dinge nie so erg is nie – die volstruissindroom. Call me a prude, maar nooit in my hele lewe sal ek ‘n affair kan goedkeur, of stilbly as iemand by my moet spog daaroor nie.

10 05 2012
Olga

derick hougaardt.
Al wat deesdae tel, is ek. Altyd ek. Niemand is bereid om op te offer om enige iets te laat werk nie.

10 05 2012
Net my opinie « hoendersop

[…] Xena se nuutste inskrywing moet ek ook net ‘n eiertjie lê (WAB – julle weet […]

11 05 2012
rondomtaliedraai

Nie dat dit verskoonbaar is nie, maar sulke goed gebeur… mense wat wegdraai is skaars soos hoendertande. Wanneer is/word vriendskap ‘n verhouding.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: