Vloei Voort Assegaai

9 05 2012

Van die buitewyke van die dorp staan die kerk trots – reg om besoekers en dorpenaars te verwelkom.  Die kroon van Piet Retief, die dorp wat na die eerstydse voortrekkerleier vernoem is.  ‘n Simbool van trots en praag. 

Ek dink die kerk sou vandag sy kop in skaamte laat hang het as hy kon.  Van die eers trotse dorpie is daar min oor om trots op te wees. 

Soos julle al weet of kon afraai het ek in Piet Retief groot geword.  Ek was in Elfieland Kleuterskool, van daar af na Laerskool Piet Retief en het my skoolloopbaan in Hoërskool Piet Retief voltooi.  Iemand het my nou die dag getoets en glo my, ek ken nog steeds die woorde van my Hoër en Laerskoollied.  Sien, ons is groot gemaak met trots – vir ons skool, herkoms, land en dorp.  Ek vertrou dat die skole nog steeds hulle leerders rede gee om trots op hulle te wees. 

Piet Retief maak meestal ‘n bestaan uit bosbou, daarom is dit geen verrassing dat die boom met plantasies omring word nie.  Die dorp self is ook vol bome.  Verder was daar altyd moeite gedoen om die dorp skoon te hou.  Waar dit aan die voet van die Drakensberge gevestig was, kan Piet Retief met van die swaarste donderweer in die wêreld spog.  Hoewel daar defnitiewe klieke was, was daar tog ‘n gevoel van gemeenskap.  Dit kon veral met die reënboogfees en Nuwejaar gesien word.  Ek onthou ‘n tyd toe nie eers al die strate geteer was nie, maar die munisipaliteit het jaar na jaar die aantal grondpaaie laat kwyn tot niks oorgebly het nie.  Bo alles was Piet Retief se water soet en lekker. 

Toe kom daar ‘n nuwe munisipale bestuur en die dorp betaal die prys.  Party van die strate is onbegaanbaar en daar lê selfs rommel rond.  Ek verstaan mense waag dit nie meer in die middeldorp nie.  Waar daar eers ‘n defnitiewe golf van vooruitgaan was, is dit nou ‘n golf van vernietiging.  Nogtans het dit Piet Retief gebly. 

Soos die ou dorpenaars altyd vertel het.  As jy eers eenkeer van die Assegaai se soet water gedrink het, kom jy altyd terug vir nog.  Vandag verneem ek dat ‘n mens nie eers meer kan waag om die water te drink nie. 

Nou vra ek met trane in my laventelpers oë:  Wat bly oor van Piet Retief as selfs die water verval het?

Breinvasbrand:  Wanneer is Piet Retief (die voortrekkerleier) dood?

Breinlosbrand:  Olga was reg met tampons.

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

9 05 2012
demoerin

Dit is baie sad. Die Kerk lyk baie soos die NG Kerk Langlaagte (2de oudste Kerk in Jozi) wat mos aan die moslems as skool verkoop is.

9 05 2012
Olga

ai, dmi, dis sad. Dis 4ken sad.

9 05 2012
Olga

ai jai,jai. Dis sad. Ek onthou dat piet retief vir baie jare as die skoonste doqp in die land aangewys was. Eisj.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: