Dit MOET gekoop word

8 05 2012

Blykbaar is daar mense wat heeltemal onafhanklik van winkels kan lewe.  Hulle plant, slag en maak alles wat hulle benodig self of doen daarsonder.  Ek, soos ek vermoed die grootste deel van die mensdom, is nie een van hulle nie.  Ek gaan swaai ‘n kaart in ‘n winkel vir wat ek ookal nodig het of wil koop. 

Koop is een ding, maar daar is sekere inkopies wat verkieslik ongesiens gedoen moet word.  Indien dit nou nie werk nie, wil jy verkieslik nie in iemand wat jy ken vasloop terwyl jy met die spesifieke aankope besig is nie.  Nie dat die aankope noodwendig verkeerd is nie, eerder privaat.  Nie oop vir bespreking nie.  Dalk maar net vatbaar vir verkeerde afleidings.  Net dalk is alles skone verbeelding. 

Ek hou nie daarvan om in ‘n drankwinkel iets te koop  nie.  Ek is die heel eerste een wat sal erken dat dit regtig irrasioneel is.  Ek is al lankal ouer as 18 en is nou ook nie juis bekend daarvoor dat ek my aan drank vergryp nie.  Ongelukkig is dit ook so dat ‘n mens nie sjerries of sletsappies by jou naaste supermark kan kry nie.  As jy dit wil koop, is die drankwinkel al genade.  Binne wonder ek altyd wat die mense gaan dink as ek ‘n wavrag vol koop (en sodoende die volgende besoek met ‘n jaar of wat uitstel).  My gevolgtrekking is “dopkop” en ek loop net met die nodigste uit.  Simpel. 

Ek het ook nie ‘n besonderse voorliefde vir ‘n apteek nie, maar is darem baie meer geredelik daaroor.  Ek haat dit veral as ek iets by die apteker self moet kry.  As jy nog boonop twee van dieselfde produkte van die apteker moet kry, sien jy sommer klaar hoe hy/sy aanvaar jy misbruik die pille.  Amper erger is wanneer die dames op die vloer jou kom vra wat soek jy.  Ek het byvoorbeeld eendag naalde gaan soek vir iets.  Die helpers het sommer aangeneem ek is ‘n dwelmslaaf. 

Dan is daar nou die meer – e – persoonlike aankope.  Die goed gewoonlik aan jou geslag verwant is.  Nie juis iets wat jy in jou hande wil hê as jy in iemand wat jy ken vasloop nie.  Veral as die persoon van die teenoorgestelde geslag is nie.  Ook nie ‘n aankope wat jy wil doen as iemand vir geselskap saamsleep nie.  Jy sal die aankope ook vinnig in jou handsak druk of seker maak dit is in ‘n sak voor jy die winkel verlaat. 

Is jy gemaklik genoeg om enige plek in te stap en enige iets te koop?  Wat wens jy kon jy onsigbaar koop? 

Breinvasbrand:  Wat het Dr. Judith Esser-Mittag in die 40’s ontwikkel wat deur Carl Hahn en Heinz Mittag in massa produksie gesit het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “If I were your husband, I would take it.”

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

8 05 2012
rondomtaliedraai

Ai ja ek moet met jou saamstem. Dis waarom ekdie Beeld koop om bo-oor te sit… *fluister* dan druk ek die tjoklit ook onder die dieetkoeldrank in.

8 05 2012
Olga

nie bindbare tamponne.

Ek koop wat ek koop. As jy nie hou van wat in my trollie /mandjie is nie, kyk weg.

9 05 2012
Loli Pretorius

Ag wat, ek identifiseer met jou skrywe, so moet nou nie dink ek 😳 nooit nie….MAAR twee verse wat my regtig gehelp het, en jou dalk ook?
“Moet dus nie toelaat dat enige iemand julle veroordeel oor wat julle eet of drink nie….” (kol.2:16) So daar sluit dit die hele Checkers trollie of Liquorcity in 😀 …..en dan “…Hoekom is julle dan bang vir gewone mense, vir mense wat soos gras vergaan?” :mrgreen:
Ons is almal mense!!!!

9 05 2012
oomjack

Ek gee nie om wat ek koop of waar nie , en is ook nie bekommerd oor wie my sien nie , “want ALMAL poep suitjies(sp)”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: