Bog: Honde het nie persoonlikheid nie

6 05 2012

Stoere katliefhebbers loop graag te koop dat katte persoonlikheid het en honde nie.  Ek kan nie help om te wonder of hulle al ‘n hond in die oë gekyk het nie.  As jy met ‘n oop gemoed na enige dier gaan kyk, gaan jy sekerlik karakter en persoonlikheid kan eien.  Maar vandag sal ek by honde bly.

Ek was onlangs by Emmerentia dam in Johannesburg gewees.  Baie per ongeluk daar uitgekom, maar dit was ‘n hoekie wat ek nie ken nie en ek het besluit om te gaan kyk wat dit bied.  Oor die algemeen was ek baie verras gewees, ten spyte van 300 bruide wat hulle foto’s daar kom neem het en die gemors wat hulle volgelinge veroorsaak het. 

Die ontspannings gebied was bruidloos (en gevolglik rommelloos), maar daar was honde te kies en te keur.  Blykbaar is dit ‘n gewilde plek om honde heen te bring.  Die honde is natuurlik almal opgelei en glad nie skaam nie.  Baie het nader gedraf om kennis te maak. 

Daar was ‘n Duitse Herdershond wat sommer sy stokkie saam gebring het.  Sy eienaar wou nie meer speel nie en hy het om nie laat vermaak nie.  Hy kan mos self iemand kies om sy stok te gooi.  Wie kan nou die vriendelike versoek ignoreer.  Ek het sy stok vir hom gegooi en hy het dit terug gebring.  Nadat ons dit ‘n paar keer gedoen het, raak sy pekinees boetie mos jaloers. 

Met ‘n groot kabaal (wat by ‘n veel groter hond sou pas), kom hy op my afgestorm.  Hy was duidelik nie gelukkig nie en wil duidelik sy probleem myne maak.  Ek probeer naarstigtelik te dink waar het ek nogal sy kos gesteel, toe hy voor my voete neerplons.  Daar kyk hy my vol afwagting aan.  Ek buk toe maar af en vryf sy oortjies.  Daar draf hy stertswaaiend terug na sy eienaar.  Duidelik het hy net ‘n bietjie liefde gesoek. 

Entjie verder kom ons op twee skotse terriërs af wat al steunend en blasend agter hulle eienaars aan beur.  Dit was beslis nie hulle idee om te gaan stap nie.  Die eienaars is nie veel gepla met hulle proteste nie en slenter maar rustig voort.  Onder ‘n boom sit daar toe juis ‘n familie met ‘n paar labradors.  Op dit punt besluit die skotties toe basta en gaan trek summier by die familie in.  Heel gemaklik asof hulle daar hoort. 

Hulle eienaars het hulle later geroep, maar skotties sit.  As hulle familie nie hulle behoeftes in ag neem nie, daar is ander wat met graagte sal voldoen.  Dit is eers toe die eienaars self onder ‘n boom gaan sit, dat die twee hulle sterte lig om terug te keer na die eienaars.  Praat van afpersery.

Wie reken nou nog dat honde nie persoonlikhede het nie?


Aksies

Information

13 responses

6 05 2012
Olga

mense wie reken n hond het nie persoonlikherd nie, het net nog nooit honde gehad nie. Of hul het honde gehad nes hul n deur-stop het. Ietr wat daar is.

7 05 2012
Xena Phoenix

Jy weet mos, enige iets om dit vir jouself te verdedig. 😉 Watter rol speel waarheid dan?

6 05 2012
seegogga

ek glo mos diere reageer nie slegs op instink, soos wetenskaplikes beweer nie, maar dink en het persoonlikheid( en intelligensie) nes ons

7 05 2012
Xena Phoenix

Diere vertrou hulle instinkte meer – met rede.

6 05 2012
rondomtaliedraai

Ek geniet altyd so lekker dierestorie Dankie vir die deel

7 05 2012
Xena Phoenix

Almal doen. Enige troeteldiere, Rondomtalie?

7 05 2012
rondomtaliedraai

Twee jaar gelede my hond moes laat uitsit en besluit nooit weer nie. Gee darem wilde katte kos en geniet maar die vriendinne se honde

6 05 2012
hoendersop

Haha! Ek het jou opskrif verkeerd gelees – ek het gelees: “Bog, honde het nie persoonlikheid nie” en wou jou net aanvat. Dankie tog dit was nie nodig nie.

7 05 2012
Xena Phoenix

LOL!!! Die verskil tussen ‘n dubbelpunt en ‘n komma.

7 05 2012
Gmf watse bog! « OLGA SE OKSELTJIES

[…] Grieters het geblog oor mense wie reken diere het geen persoonlikheid (Moes dit dalk hondlikheid gewees het?)sulke mense is die soort wie honde het, maar niks aan of vir hulle het nie. O, ekskuus, hulle mag die honde voer en laat versorg, maar dis ook omtrent al. […]

7 05 2012
Skoor

Dit is inderdaad waar dat honde nie persoonlikheid het nie.

Kyk nou maar na my hond, Muis. Syt niks persoonlikheid nie, want die ATTITUDE kick ass!!!

Gmpf. ‘n Kar het persoonlikheid, hoekom nie honde ook nie?

7 05 2012
jagternw1976

Dit is nou maar ‘n feit: Elke hond is anders. My neef-hulle het twee Boston’s. Die ene dink sy eiers is DIE paar teelballas van Transvaal, die ander ene weer heel stemmig en moet asb tog nie raas nie, ek is fyn besnaar. So het my tannie ook ‘n Boston (Van dieselfde bloedlyn) wie se oge Oos en Wes kyk, shame. Hy raak SO opgewonde as iemand kom kuier dat hy sommer so meter deur die heining al jou begin verwelkom met ‘n geelwarm straaltjie. 🙂

7 05 2012
Skoor

shux ek dog ou skeel oe moer in die hoekpaal vas! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: