27 April 1994

26 04 2012

Vandag is hierdie Donderdag eintlik ‘n Vrydag.  Die laaste langnaweek tot Augustus – mits jy dan die Vrydag verlof gaan neem.  Anders moet jy uithou tot September.  Die oorsaak van die vakansie dag is natuurlik die viering van Vryheidsdag more.  Ek dink almal behoort te weet waar dit vandaan kom. 

Op 27 April 1994 was die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika.  Eerder, die eerste dag wat elke Suid-Afrikaner wat ouer as 18 was hulle kruisie vir die party van hulle keuse kon trek.  Hoewel die laaste wette van Apartheid in 1990 verval het, was die 27ste April die eerste dag wat mense hulle volle demokratiese reg kon gebruik het.  En dit was met oorgawe gebruik. 

Ek kon eers in die sogenaamde 3de demokratiese verkiesing stem.  In 1994 was ek nog in die laerskool gewees.  Dit was wel ‘n draaipunt vir ons land en ek dink die meeste mense het een of ander herinnering daaraan. 

Wat my seker altyd sal bybly is die voorafgaande histerie vir stem dag.  Baie mense was oortuig dat blankes voor die voet uitgeroei sal word en dat daar vir enige gebeurlikheid voorberei moes word.  Blikkieskos en ander nie-bederfbare voedsels is in groot maat gekoop.  Mense het hulle self tot die beste van hulle vermoë gereed gemaak om hulle self te verdedig.   Mense het selfs in konvooie gery as hulle moes reis in die tyd. 

Vandag klink dit bisar en simpel, maar daar moes tog gronde vir die vrees gewees het.  Suid-Afrika, spesifiek Nelson Mandela, word dikwels geprys vir die voorbeeld van vrede wat in die tyd gestel is.  Vrede wat oor die algemeen ‘n aanvaarde verwagting is.  Die blote feit dat die vrede uitsonderlik was, wys dat dit nie net die blankes was wat aanvalle gevrees het nie. 

Ek dink baie mense het onbekende gevrees.  Wat sou gebeur as swartes (die ANC) beheer van die land oorneem?  Gaan blankes onderdruk word soos wat swartes voorheen onderdruk was?  Almal het geweet hulle lewens gaan verander, maar wat die onvang gaan wees, was duister.  Dit moes seker soos ‘n antiklimaks gevoel het toe die lewe maar aangeploeter het soos normaal na die verkiesing. 

Dit bly vir my ‘n groot onreg hoe mense hulle demokratiese reg om te stem minag.  Mense het hulle hele lewe uitgesien na die dag wat hulle ook kan stem.  Daar is mense wat dood gemaak is in die stryd dat almal sou kon stem.  Ander het gewillig hulle lewe opgeoffer daarvoor.  Dit in ag geneem, behoort elke mens die verantwoordelikheid en voorreg om te kan stem te waardeer en hulle plig te doen. 

Dit is dan my herinneringe van die dag wat die Nuwe Suid-Afrika ontstaan het.  Ek was ‘n getuie en nie ‘n deelnemer nie. 

Wat onthou jy van die tyd?

Breinvasbrand:  Wanneer het Suid-Afrika onafhanklik van Britanje geword?

Breinlosbrand:  Sonlig was eerste reg met K 53.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

26 04 2012
Annemari Coetser

Ek stem saam. Mens moet stem. Die eerste verkiesing was ‘n ongelooflike dag met lang rye kiesers wat rustig staan en gesels het, maar daar was opwinding in die lug. Die ry was so lank dat ek later op ‘n klip gaan sit het. Iemand wat ek ken, het my gesien en langs my kom sit. Ons het lekker gesels.

26 04 2012
gerdajansen1

1961.
ek was n deelnemer. ek he. 5 ure tou gestaan. in die lokasie ook nog.

26 04 2012
SeeKat

Wat het verander? Baie meeste mense is baie beter af vandag en het baie meer geld vir pret.

26 04 2012
MaanKind

My dogter was pas 18 en was so trots om te kon stem!

28 04 2012
Olga

my kinders het by die bure gebly daardie dag. Ons het 5 ure tougestaan. Daar was roomys en koeldrank verkoop, mense het op die grasperk op stoele gesit met die koeldrank en roomysse wat hul gekoop het. Dit was vir ons n eerste. Die piejniek en plakkery in die toue.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: