Onderdanigheid

24 04 2012

Oor my eie troue eendag het ek nie juis oor gedink nie.  Ek kan julle wel van een ding verseker.  Die herriemerries gaan los wees as daar oor onderdanigheid gesanik gaan gaan word. 

Bykans na elke troue waarna ek gaan, word daar altyd die teksvers oor onderdanigheid gekies.  Iewers aan Effesiërs, iets in die lyn van “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig.”  Selfs wanneer die teksvers in Hooglied of Korintiers begin sal die predikant altyd daarheen terug dwaal.  Die basiese idee is dat mans die hoof van die huishouding is en dat vrouens hulle aan hulle mans se wil moet onderwerp. 

Natuurlik het ek al in my lewe verskeie verklarings daarvoor gehoor.  Dit is al hoeveel ander baadjies aangetrek, maar dit kom op die ou einde daarop neer dat iemand die laaste sê moet hê.  Die een met die laaste sê, is die een wat staan as hy piepie.  Uit en gedaan – want die Bybel sê so. 

Ek kan my nou wel nie oor die Bybel uitspreek nie, maar ek KAN besluit watter belofdes en gelofdes ek aflê.  Siende dat ek wel sal probeer om dit na te kom en dit nie bloot as ‘n formaliteit beskou nie.  Ek doen nie juis goed as ‘n vloerlap nie – dit is nog ‘n versekerde manier om elke herriemerrie op te roep.  Amper vergeet ek, dit is nie die bedoeling nie.  Maar dit kom volgens my baie naby daarop neer. 

Ek wil graag glo dat twee redelike, volwasse mense (en jy moet darem ‘n redelike, volwasse mens kan wees om te wil trou) altyd tot ‘n vergelyk kan kom.  Al is daardie vergelyk bloot net om saam te stem om te verskil.  Ek was nog nooit naby ringe kyk nie, maar ek neem aan dat ‘n vergelyk oor al die belangrikste punte bereik is voordat die kansel getref word.  As dit dan voor die huwelik so kon werk, hoekom nie ook na die huwelik nie.  Die wêreld werk so.  Wanneer daar ‘n geskil ontstaan, word dit bespreek tot daar ‘n vergelyk bereik word.  Dit is tog nie so moeilik met ‘n bietjie rede en logika nie. 

Ek is dalk hopeloos te idealisties, maar ek beskou die huwelik as ‘n vennootskap, waar elkeen natuurlik ‘n 50% aandeel het.  As daar lewensveranderde besluite gemaak moet word, kan die een se wil nie net bloot op ‘n ander afgedwing word nie.   Die ander “onderdrukte” party gaan beslis nie liefde en vrede in hulle harte hê nie.  Dit is dan wanneer gif in ‘n beker koffie na so ‘n wonderlike uitkoms lyk. 

Daar is egter baie mense wat reken dat die verval van die gesinslewe juis ontstaan het met vrouens wat nie meer gedwee hulle plekke in neem nie.  Is ‘n man se ego werklik so broos?

Ek is natuurlik nie getroud nie en daar is seker redes daarvoor.  Hoe voel julle oor onderdanigheid in die huwelik?

Breinvasbrand:  Hoeveel mans het Julia Robberts voor die kansel gelos in Runaway Bride?

Breinlosbrand:  In 1987, nadat hy die pos van Eerste Minister geskrap het.


Aksies

Information

24 responses

24 04 2012
Plasie

‘n Getroude man wat beweer hy is die baas van sy huis sal oor ander dinge ook lieg.
Ja ‘n man se ego is so broos, en nee geen mens is ‘n ander mens se vloerlap nie.beslis nie jou vrou nie. Sy kan jou koningin wees, of jou CFO/COO/CEO, jou beste maat, jou gewete en jou vennoot maar definitief nie jou vloerlap nie.

24 04 2012
Xena Phoenix

LOL!! Daar is natuurlik baie waarheid in die stelling dat niemand van jou ‘n vloerlap kan maak sonder jou toestemming nie.

24 04 2012
Biscuits

Ek is maar net die baas van my eie plaas omdat my gade sê ek mag so sê .. grappie!
Beide van ons het ‘n onredelike kort humeur en om tot ‘n vergelyk te kom sou moeilik in enige argument gewees het.
Lank voor ons troue het ons tot die volgende besluit gekom en het nog nooit daai besluit verbreek nie.
“Ons sal nooit baklei nie, as ons onself wip vir mekaar sal die “wipper” ‘n tyd vra en dan afspreek waar ons die “wip” sal bespreek”
Dit het tot gevolg dat ons daai “wip” uitpraat, kompromie bereik en verskoning vra as die “wip” onregverdig was of andersom.
Ons het ook ‘n Wet van Mede en Perse dat ons nooit kwaad vir mekaar gaan slaap nie.
Dit het ook ‘n lekker huwelik tot gevolg dat alles op gesprek en kompromie uitloop self aandete .. lol
Om getroud te wees is erg lekker .. veral as niemand baas en niemand onderdanig is nie

24 04 2012
Xena Phoenix

Ek dink baie vroue vind dit om een of ander bisarre rede aantreklik. Baie mans dink dit is simpel.

Ek weet van baie pare wat die “gaan nie kwaad slaap” filosofie het nie. 😉 Hulle bly eerder wakker en baklei klaar. Ek terg net.

25 04 2012
Biscuits

Jy is heeltemal reg, ons baklei klaar anders word die fight net môre voorgesit en die dag daarna ens, ens.
Dit veroorsaak dat niemand heilige koeie kan saamsleep nie 😉

24 04 2012
dirkiedoep

My mening- onderdanigheid laat dit te veel na Baas en Klaas -verhouding klink. Daar is huwelike waar die vrou ‘n beter rol kan speel in baie hoedanighede van finansies bestuur ens natuurlik die teendeel ook. Daar is ook mans wat lankal nie meer vasgesteek het by die onderdanigheidsreel nie. As ‘n vrou/meisie in so verhouding beland dan moet aan die rooi waarskuwingsligte aandag gegee word. Nie te gou trou nie… kyk die spreekwoordelike kat uit die boom!!
Sal met alle liefde ook ander Bybel gedeelte kies, vir my troue. Nou kan ek wraggies nie my teks onthou nie!!
So baie gesien verskillende pole trou met mekaar.. glo nie jy sal iemand kies wat van jou verwag om te spring nie(tong innie kies)

24 04 2012
Xena Phoenix

Dalk het die trauma van die vers jou dit laat vergeet. 😉

Soos reeds genoem, vind ek dit ‘n gunsteling by baie troues. Ek weet darem in my kerk het ‘n mens ‘n keuse van tekste. Glo my – ek sal goed kies. As ek eendag daar kom.

2 05 2012
Sonlig

Ek het ook geen dominee toestemming gegee om daardie teks op my troue te gebruik nie. 😉

24 04 2012
Olga

die kwessie van onderdanigheid puzzle my nog steeds. My onderdanige vriendinne het nog altyd 2de viool moes speel. 1 het in onderdanigheid selfmoord gepleeg en die ander vrou wie net in haar ‘verbeelding’ bestaan het, het net na haar begrafnis ingetrek. Kompromie, dis waaroor dit moet gaan.

24 04 2012
Xena Phoenix

Yikes!! Ek hoop nie sy was so onderdanig as ‘n spook nie. Dat die ander vrou ook maar aan haar verbeelding kan ly.

24 04 2012
Olga

As ek sy was, het ek elke aan tussen hom en my verbeelding skim gaan lê en uit 4ken volle bors 99 bottles of beer on the wall gesing. Hulle sou lankal nat buskaartjies gesoek het.

25 04 2012
Annemari Coetser

Ek wonder altyd hoe voel ‘n man oor homself as hy ‘n onderdanigheidsklousule moet laat inbou. Onderhandeling en kompromie is die enigste manier om ‘n gelukkige huwelik te hê, al hou die proses ook dae lank aan.

25 04 2012
Toortsie

Nadat my uiters onderdanige skoonma 50 jaar getroud was, stap skoonpa een dag by die huis in met modder aan sy skoene. Die HEEL EERSTE keer in haar lewe gaan sy hom teë: “Nee man! Kyk hoe trap jy modder in die huis in! Gaan haal die besem en vee dit op!” Tjoepstil geskrik gaan haal skoonpa toe die besem en vee dit op. Ek (Toorts) sê: “Ma! Ma moet onderdanig wees!!”, waarop sy antwood: “en jy???”

25 04 2012
Toortsie

Maar ja, mans se ego’s is maar baie baie broos! So, al is ons nie altyd so onderdanig nie, moet ons tog net die kroon op die kop hou! 🙂

25 04 2012
ButterNut

Ek gee glad nie om as my man onderdanig is nie. 😉

26 04 2012
SeeKat

Die vriu wat n man soek op wie se kop sy kan sit soek nie n man nie maar n muis. Sy gaan in elkgeval gou moeg raak vir hom wat se vrae jou ma of ek weet nie wat dink jy of maak soos jy wil ek volg jou. Binne een jaar vou hy in elkgeval dubbel in die bed.

29 04 2012
oor onderdanigheid | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] raak ‘n baie teer puntjie aan in haar skrywe oor onderdanigheid. Jy kan dit gerus lees, want sy raak baie goeie punte aan waarmee ek volmondig […]

29 04 2012
karen

my man het hierdie ideaal dat ons altyd moet saamstem oor alles, en dit kan dan soms verkeerd gaan, want ek wil nie altyd saamstem nie. om soms saamte stem om te verskil maak vir my baie meer sin. anders is getroude lewe nie sleg nie 😉

29 04 2012
Die Onderdanige vrou… ?! « Bileam se Donkie

[…] Herriemerrie het ‘n ding begin, en Toortsie het daarmee voortgegaan… en nou wil ek ook net ‘n eiertjie daaroor lê… […]

29 04 2012
oomjack

Mans is net onderdanig aan hulle vrouens as die vrouens meer geld in die bank het of dalk ryker gaan erf

29 04 2012
Klip

Hoop my naam is nou reg

29 04 2012
Klip

Ek is onderdanig aan my vrou , ek le en wag totdat sy my wakker maak met n lekker koppie tee, Sy besluit ook hoe warm my bad water moet wees, (ek sal nooit met haar stry nie.) Sy sorg ook dat die honde genoeg kos kry, en natuurlik tel sy die bollie ook op , want sy se n man kan nie alles doen nie. Sy se sy sal nie aan my onderdanig wees nie , sy doen sommer alles self , solank ek net nie vir haar se wat om te doen nie. Sy het nogal n baie sterk wil , en sy dra ook die broek in die huis , wat meer wil n vrou he.?

30 04 2012
mnrnel

Ek stem saam. Ek en mevnel het ‘n baie goeie verstandhouding. Ek help haar met die wasgoed dan help sy my met die skottelgoed.

11 06 2012
esme

Ek saam 100% saam met jou….

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord