Een antwoord

23 04 2012

Soos julle weet het ek verlede jaar mos ‘n plakker verniet gekry.  Asof die hekse nie erg genoeg is nie, het daar ‘n Juffrou Fee haar tuis kom maak om te verseker dat ek voor my tyd grys word.  Gelukkig vermaak sy en Laviga mekaar wat my darem ‘n bietjie vrede vir my siel gee. 

Nou die dag hoor ek ‘n gegiggel in die kas.  My bloed het eers in my are gevries, glo my, as jy aan hulle gewoond was sou jou bloed ook gevries het.  Hulle is kapabel en verf jou klere alles vol vlerkies of iets.  Met my kwaaiste gesig gooi ek die kasdeur oop om te verneem wat presies vang hulle aan.  Daar sit die twee, ewe onskuldig met ‘n boek. 

Ek het so ‘n bietjie gehik toe ek op my rug val.  Verstaan mooi, beide die juffroues vermy boeke asof dit een of ander aansteeklike siekte is.  Dat hulle in een rondkrap, oënskynlik besig om te lees.  Ek kom toe maar steunend regop en vis nuuskierig oor watse boek dit is. 

“Hie Hie Hie!!” giggel die heks.  Dit is wragtig ook al wat ek van haar gaan kry.

Die feetjie is darem ‘n bietjie meer behulpsaam.  “Die boek van alle geheime?”

“Watse geheime?” vra ek.  Ek is mos nie verniet Xena Nuuskierig Phoenix nie.

“Alle geheime.”  giggel die feetjie. 

Ek wil-wil my vererg, maar dit gaan net water op haar meul wees. 

“Kan ek sien?” vra ek toe maar heel beleef.

“Nee, dit is ‘n geheime boek waarin mense nie kan kyk nie!” wys die verbrande feetjie my plek aan my uit. 

“Druk dit!” brom ek verergd en staan op om ‘n plan te beraam van hoe ek die vervlakste boek ‘n bietjie kan leen. 

“Ek kan jou een vraag beantwoord uit die geheime boek, maar net een!” vertel sy my streng. 

“n Vraag soos wat?” vra ek half ongeskik. 

“‘n Vraag waarvoor die mens nog nooit ‘n antwoord kon uitdink nie.” glimlag sy.  “‘n Nuwes ook, maar net een vraag.”

Hmmm, ingeval ek daardie boek nie in my gretige hande kan kry nie, watter onbeantwoorde vraag kan ek die fee vra?

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

23 04 2012
Olga

Hoekom gun mense op aarde die volgende niks? Nie eers privaatheid nie? Nie dat die son oor ‘n ander se rug mag skyn nie? Nie die vryheid om anders te wees nie?

24 04 2012
Sonlig

Die hoender of die eier? 😉

24 04 2012
Xena Phoenix

Die hoender – die Bybel sê mos niks van eiers wat geskep is nie. 😉

24 04 2012
jagternw1976

Hoe werk ‘n vroumens se kop ? 🙂

24 04 2012
Olga

REG om. 😉

24 04 2012
Xena Phoenix

Dit werk, anders as mans s’n. 😉

24 04 2012
jagternw1976

Sommer twee antwoorde – En al2 BAIE kort ! 😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: