Dit is nie net vat en ryk word nie

23 04 2012

Grond hervorming is ‘n fase wat menige mens warm onder die kraag maak.  Volgens die regering het blankes die grond van die arme swartes gesteel.  Hulle moet dit teruggee – verkieslik kosteloos.  Die ongeluk van die saak is dat ek van geen blanke weet wat hulle plase pasella gekry het nie.  Hulle of hulle voorouers moes die grond op een of ander manier gekoop het.  Daarna het hulle dit met die sweet in hulle aangesig opgebou na wat dit tans is. 

Goed en wel.  Hulle het hulp gehad; hulp waarvoor sommige drolle nie die werkers gegee het wat hulle toekom nie.  Daar is werkers wat na geslagte se uitbuiting rede het om kwaad te wees.  Daar is egter ook werkers wat meer as hulle pond vleis gekry het.  Werkers wat niks het om oor te kla nie.  Tog lyk dit vir my van waar ek sit dat werkers orals dieselfde skree.  Hulle soek die plaas en niks minder nie. 

Om die plaas te eis en te ontvang is een ding.  Dit is ‘n heel ander ding om dit te onderhou en winsgewend te hou.  Die plase was wragtig nie opgebou deur op die stoep te sit en te suip nie.  Die fisiese deel is net een aspek daarvan.  Dit vat fyn beplanning en uitmuntende bestuur.  Eienskappe wat jy nie optel net om met die boerdery te help nie.  Eienskappe wat jy beslis ook nie gaan leer van terugsit en wag dat ander jou help nie. 

Ek lees vanoggend van ‘n hoenderboerdery waar die DBV moes gaan ingryp het omdat die hoenders mekaar begin eet het.  Die projek is begin om die gemeenskap te help.  Hulle het die fasiliteit, hoenders, voer en selfs ‘n kontrak gekry.  ‘n Goeie begin sal ek reken.  Tot die kontrak nie meer in plek vas nie, toe begin alles inmekaar tuimel. 

Enige iemand met ‘n bietjie ondernemingsgees sou ‘n ander kontrak uitgekrap het.  Daar sal ‘n mark vir die hoenders wees, al is daar nie ‘n staatstender nie.  Nee, daar is eerder gewag dat iemand anders die nodige kom doen. 

Volgens my het hulle nou ‘n kans gehad wat hulle opgemors het.  ‘n Meer as regverdige kans.  Soveel ander het geen kanse gehad nie.  Wanneer daar weer geleendhede geskep word, hoop ek hulle word onthou.  In Suid-Afrika is dit egter noual die aanvaarde projek as jy een kans opgedinges het, val jy net weer in die tou en skree jy is voorheen benadeel.  Dit maak nie saak dat jy al reeds bevoordeel was en dit opgemors het nie.  Die ry sal seker ophou as alles tot niet was. 

Ek het iewers gehoor dat daar in die tuislande op koffieproduksie besluit was, omdat dit al was wat nie voor die voet opgeëet was nie.  Dit laat ‘n mens wonder oor die massas se vaardighede en sieninge. 

Ek dink sekere kanse moet verdien word.  As mense nou grond uit die blou lug moet ontvang, laat hulle eers bewys dat hulle dit waardig is en ‘n sukses daarvan sal maak.  En laat hulle betaal vir wat die regering so mildelik uitdeel. 

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Watter jaar het Mugabe president van Zimbabwe geword? 

Breinlosbrand:  Olga was reg met Robert Ford

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

23 04 2012
alleman

Die idee dat wit boere gronde “kosteloos” moet “teruggee” het jy self uitgedink. Dit hou geen verband met wat die regering doen of sê nie.

23 04 2012
Xena Phoenix

Goed, dit is die ANCYL se woorde – nie myne nie. Daar word wel weekliks geskimp dat die bestaande stelsel van “Gewillige koper, verkoper” misluk het en dat die grond op een of ander manier onteien gaan word. Dit neig beslis in daardie rigting.

23 04 2012
Olga

ek weet verseker van een geval waar grond GRATIS GEGEE was. Die mango en liechie bome was afgekap en n plakkerskamp staan in al sy glorie daar. Liechie en mango tyd word die heining eenvoudig afgehaal sodat hulle die vrugte kan gaan stroop.

23 04 2012
Olga

die bevoordeeldes herinner my aan n pasta advertensie wat op tv was. Van die ou tantetjie wie die een pasta-dis na n ander kook, dan kom die jonger vrou in bEre die ou tantetjie in die besem-kas. Dis wat die menigtes wil he. Die plaas, die implimente, die saad/bome, vee en voer en n wit aap wat hul kan aanwend soos benodig. Ek was sowat 3 jaar gelede op n plaas waar daar onder andere n trekker, ploee, skrop en n ding wat ek nie kon eien nie, gestaan het. Duidelik ongebruik. Duidelik onversorg. Dit was met n stof kors bedek. Die ‘landerye’ was net n massa verdorde bossies. Die werf uitgetrap. Die eienaar het met trots vertel dat meeste van die grond aan n bbbee trust behoort het.

23 04 2012
gerdajansen1

die grond tussen lydenburg en prus?

23 04 2012
gerdajansen1

ek dink hy regeer daar van 1980 af. maar die ou …. verander sy status of rang mos gereeld.

ai, dis sleg as diere tot kanibalisme gedwing word omdat mense KRY in plaas van VERDIEN.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: