Werkers in en om die huis

18 04 2012

Soos my een vriendin altyd met trots verkondig:  “My only domestic quality is that I live in a house.”  Dit is op my ook van toepassing en as ek sonder elektrisiteit kon lewe, het ek seker in ‘n grot gewoon.  My belangstelling in huishoudelike take is ver ondergemiddeld.  Die uitvoering van die take bly seker ook veel te wense.  Ek kry dus af en toe mense in om my in en om die huis te help. 

Die reëling het verlede jaar in werking getree.  Ek het gevra hoeveel hulle ‘n dag soek en hulle R100 gevra waartoe ek ingestem het.  Dit is nou regtig nie dood sake elke 3 of 4 maande nie.  Onlangs het dit by my gespook dat ek dalk vir hulle ‘n verhoging moet gee.  Ek het nog net daaraan gedink, toe kom die geselsie.  Almal anders betaal hulle glo R120 ‘n dag. 

My heel eerste gedagte is dat ‘n 20 % verhoging belaglik is en ek het dit sommer hardop gesê.  Om mee te begin het ek klaar gedink dat R100 / dag besonders groothartig is.  Goed en wel, wat ook al in die tuin gedoen word, doen die tuinier.  Dit behels meestal net bossies uittrek.  Wat hy sommer na sy eintlike werk kom doen.  Dit neem hom 3 – 4 ure, waarvoor hy ‘n voldag se loon kry. 

Die huiswerker moet basies die huis van voor tot agter skoonmaak.  Dit klink heelwat erger as wat dit is.  Om mee te begin, staan die huis nie op sy kop wanneer sy opdaag nie.  Die skottelgoed is gewas en weggepak en die beddens is opgemaak.  Sy hang soms wasgoed op vir my, maar sy stryk nie.  Ek gee toe dat sy goed doen waaraan ek nooit sou dink nie.  Sy werk gewoonlik so 6 ure – wat ‘n etensbreek insluit.  Ek verskaf aan haar en die tuinier middagete en koeldrank / koffie deur die dag, maar sy kan haarself help soos sy goed dink. 

Teen die huidige 2012 tariewe, betaal ek hulle 27 % meer as die verwagte 8 h loon vir ‘n dag (R9-85 / uur vir mense wat minder as 27 ure ‘n week werk).  Sal ek toestem tot R120 / dag, sal hulle meer as 50% ‘n dag kry.  Ek het intussen ‘n bietjie navraag gedoen en dit lyk of die mense in die omgewing wel R120 ‘n dag betaal.  R120 / dag elke paar maande sal my nie bankrot maak nie.  Wat kan ‘n mens in elk geval deesdae met R120 doen?  Ek dink wel dat ek meer kan werk vir hulle kan vra vir ‘n 20% verhoging op ‘n loon wat reeds hoog is. 

Nie dat ek verwag dat hulle soos slawe moet werk nie.  Is dit byvoorbeeld regverdig om haar te vra om kaste reg te pak?  Om hom te vra om die motorhuisvloer te was of om klippies uit die plaveisel te krap?

Wat kan ‘n mens regverdig van jou werkers versoek, sonder om ‘n tiran te wees?

Breinvasbrand:  Wat is die loon in die platteland vir werkers wat minder as 27 uur werk?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Frans du Toit en Theuns Kruger

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

18 04 2012
Sonlig

Hier in ons omgewing is die normale tarief R160-R200 per dag.

Ek het onlangs my huisbediende in kennis gestel dat ek haar nie meer kan bekostig nie. Sy was tot onlangs voltyds by ons met akkomodasie, maar ek het ‘n paar maande gelede getrek na ‘n kleiner huis sonder stafkwartiere en omdat die kinders ouer is, besluit om af te skaal na 2 dae per week. Sy was ongelukkig hiermee en het aanvanklik geskimp dat sy meer geld sou kry as ek haar kontrak beëindig, maar sy het toe maar stelselmatig al minder en minder begin doen totdat die R160 net nie meer vir my die moeite werd was vir iemand wat die minimum doen mét ‘n suur gesig nie.

Ek is in my derde week sonder ‘n bediende. Dit gaan bars, maar ek glo ons sal mettertyd aan ‘n roetine gewoond raak en ‘n paar gemaklike gewoontetjies afleer. :mrgreen:

Ek wag vir die sms van die CCMA af wanneer sy daai eerste UIF betalinkie kry. Ek vermoed sy verkeer so effens onder ‘n wanindruk. 😯

Psst! Hooe laaik jy my gevreetjies? 😀

18 04 2012
nats90210

My feetjie kry R600 per maand vir een dag ‘n week. Dit sluit haar taxi gelde in so per dag kry sy R120 as daar 5 Donderdae is anders R150. Sy maak huis skoon en stryk – ek was al die wasgoed vooraf.

Ons tuinier doen alles! Hou die tuin in orde, was stoepe, was vensters, motorhuis vloer en motors! So as ek jy is Tweeling laat hy jou motor sommer ook was – al betaal jy hom R20 meer is dit nog steeds beter as R60 by ‘n petrolstasie.

18 04 2012
gerdajansen1

waar gaan dit eindig? olga se bettie kom maak so dan en wan n draai en lig my gou in dat my huis in n treurige toestand is. haar tarief is r80 per dag. die ander vra r65 per dag. ek veronderstel dit is klaar hoEr as die minimum.

18 04 2012
MaanKind

Weet jy, vandat ek my eie huiswerk doen, besef ek eers hoeveel plekke is daar wat jy geen idee het waar skoonmaak kort nie. R120 / dag is ‘n bargain as dit jou gespaar is. Om ‘n kleinerige 2-slaapkamer plek behoorlik skoon te maak, is ‘n moerse werk. Vee jy bietjie elke vensterraam met ‘n nat lap af, maak bo-op skilderyrame en deure skoon, ligskerms, vryf handvatsels en krane blink, vee vloerlyste met nat lap af, druk spons op ‘n stok onder die wasmasjien in (nie wegsleepbaar nie), trek yskas weg en maak agter en onder skoon. Dan sien jy dat nog NIKS gedoen is nie. Verhoog dadelik daardie salaris…

19 04 2012
demoerin

lol. Jou argument werk net as hulle wel elke keer al daardie takies verrig. Die anderkant is dat jy elke keer ‘n uur of twee gaan spandeer om deur die huis te gaan en inspeksie doen of alles wel gedoen is…Catch 22

18 04 2012
Olga

ja, kyk, dankie vir bettie en die platteland. Alhoewel, agter en onder die yskas? Out of sight, out of mind. Lienkie, Grieters, ek hoop die tuinier is sy sout werd.

18 04 2012
rondomtaliedraai

Miskien moet mens ook somtyds dink wat sy met die R100/R120 kan doen? Sluit dit vervoer in? Ek stem saam met Maankind, dis regtig nie ‘n werk vir sissies nie.

19 04 2012
Xena Phoenix

Dankie vir almal se bydraes. Vir my gaan dit nie oor die geld nie, maar wat regverdig is vir beide partye. Selfs al is die skoonmaak van ‘n 2 slaapkamer huis baie werk, is dit minder werk as ‘n huis met 4 slaapkamers. Is dit dan regverdig om dieselfde loon te betaal? Aangesien dit minder tyd en minder inspanning verg?

Die punt is dat dit werkers wie se loon voorgeskryf word. ‘n Regverdige verhoging (volgens my baas word dit volgens inflasie bepaal) is een ding. Nou is dit ‘n geval van ‘n reeds hoë loon (in vergelyking met minimum loon) wat ‘n buitensporige hoë verhoging kry. In die besigheid wêreld moet jy ‘n buitengewone verhoging verdien.

In die geval is dit ‘n buite kontrak werk. As ek nie bereid is om haar prys te aanvaar nie, hoef sy nie vir my werk te kom doen nie. Soos reeds genoem, dit is een keer elke paar maande.

En nee, sy benodig nie vervoer nie. Ons bly op dieselfde perseel.

19 04 2012
gerdajansen1

wel, as julle aanhou betaal wat hulle eis gaan hulle aanhou eis.

19 04 2012
Son

Dis nie regtig te veel nie, maar ek maak al ‘n hele paar jaar lank self my huis skoon. As jy jou huis basies aan die kant hou en jou bed elke oggend opmaak, jou skottelgoed elke aand was en self klere was (ek stryk nie – het ook nie klere wat gestryk moet word nie 😉 ), kan jy baie maklik self een keer per maand jou huis van hoek tot kant self ordentlik skoonmaak. En vat die R120 en gaan vir ‘n fliek of massage of koop iets lekker. Ek weet mense soek werk, maar ek het regtig al te veel stelle afgetrap met huiswerkers.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: