Trou vir Geld

16 04 2012

Enige regdenkende, materialistiese meisie weet dit.  ‘n Meisie trou vir geld en werk vir liefde.  Ek kon nog nooit uitwerk of jy vir die liefde van ‘n saak / vakgebied moet werk en of jy moet werk vir Valentynsdaggeskenke en erotika nie.  Gelukkig is dit nie waaroor ek vandag wil praat nie. 

Is trou vir geld vandag nog wat ons dink dit moet wees.  Jy span jou web vir iemand wat genoeg geld het dat jy al sy / haar foute kan miskyk.  Jy kom getroud, op die grootste en deftigste manier.  Daarna sorg jy dat jy getroud en in die testament bly.  Jy maak miskien ‘n kind of twee en kry iemand anders om hulle groot te maak terwyl jy oorsee rits en aan jou beeld werk. 

Ek het eendag ‘n aanhaling van Dr Phil McGraw gelees:  “If you marry for money, you will earn every penny.”  Dit behoort ‘n aanduiding te wees dat dit nie so maklik is soos wat ‘n mens sal dink nie.  Die probleem is so eenvoudig dat daar nie waarborge is nie.  Mense trou en skei soos wat onderklere geruil word.  Terwyl jy tans die geur van die maand is, kan die geur volgende maand verslaan wees. 

Wanneer geld op die tafel is, word dit tog sekerlik ‘n besigheidstransaksie.  Iemand wat sy / haar geld liewer het as hulle gees of liggaam gaan dividende op hulle belegging soek.  Hoe groter die aanvanklike kapitaal, hoe groter gaan die verwagte dividente wees.  Wanneer die dividende nie is soos verwag nie, word daar van die belegging ontslae geraak en die geld elders aangewend vir beter groei. 

Trou is seker nie net besigheid nie.  Waar die een party dalk ‘n onuitputbare skatkis soek, soek die ander ‘n speelding.  Aanvanklik is dit ‘n plesier om geld daarop te spandeer en dit het tonne vermaak.  Later is daar egter ‘n nuwer, verbeterde model op die mark en dan is dit tyd om van die ou speelgoed ontslae te raak.  As ‘n mens na regte speelgoed kyk, verander dit aansienlik binne net ‘n paar maande.  Dit behoort dus geen verrassing te wees dat mans / vrouens net so vinnig met hulle lewendige speelgoed klaar is nie. 

Dieselfde kan seker egter gesê word vir huwelike wat op liefde gebou is.  Die geur van die maand kan in elk geval verander en mense kan moeg raak vir hulle speelgoed.  Daar is ook geen waarborge nie; maar daar is ook nie ‘n paar maande / jare se gerief nie.  Dalk is trou vir geld nie so ‘n slegte idee nie.  Want op die einde van die dag het baie mense nie die verbindenis om te trou tot die dood hulle skei nie.  Daar is altyd ‘n agterdeur oop vir nuwe geure en speelgoed. 

Trou vir geld is dalk oneties, maar die samelewing loop nie oor van etiek nie.  Die meeste mense beweer met hulle tong in die kies dat hulle vir geld gaan trou en vir liefde gaan werk.  Ek het egter al ‘n keer of wat in persoonlike advertensies gesien dat daar vroue is wat aantreklike miljoenêrs soek om te korrespondeer.  Ek kan egter nie sê of dit vir hulle suksesvol was nie. 

So, as jy nou opsluit wil trou, waarvoor trou jy?  Geld, liefde of dalk iets anders? 

Breinvasbrand:  Watter liedjie van die O’Jays word vir die Amerikaanse Apprentice gebruik?

Breinlosbrand:  Jason Voorhees.

Advertisements

Aksies

Information

13 responses

16 04 2012
Gogga

Ek dink met vandag sê voorhuwelike kontrakte is dit ‘n ander storie om te trou vir geld.

Ek was gelukkig genoeg om vir liefde te kon trou maar weet van ‘n paar mense wat vir visas getrou het.

16 04 2012
Xena Phoenix

Visas en groen kaarte is een waarvan ek heeltemal vergeet het. Vir party mense is dit omtrent die enigste rede om te trou. 🙂

16 04 2012
MaanKind

Vir die drie S’e
Eerste keer vir Seks
Tweede keer vir Sekuriteit
Derde keer van Stupidgeid

16 04 2012
Xena Phoenix

LOL!!! Stupidgeid dink ek is die hoofrede hoekom party mense trou.

16 04 2012
Olga

for the love of money.

16 04 2012
Olga

soos jy se, skei is al so algemeen soos onderklere ruil. Liefde, volgens my, is n klug wat gou verdwyn as ‘werk’ sy opwagting maak. Mens kan dit seker maar deurwerk. Of slim wees en vir geld trou. 😉
OEPS!
Het ek dit gese? Die mensdom is deesdae te slapgat om te werk om enige iets blywend of self net die moeite werd te maak.

16 04 2012
Xena Phoenix

Behoort te wees – trou vir geld en pocket soveel jy kan vir solank jy kan. 😉

Mense kan nie meer sukkel nie. Ek dink dit is waar baie van die depressie vandaan kom. Mense is gemaak om te sukkel en as hulle nie sukkel nie, is hulle ongelukkig

16 04 2012
Annemari Coetser

‘n Aanduiding aan jouself en die wêreld dat jy (vir daardie oomblik altans) committed is tot die ander persoon?

16 04 2012
Xena Phoenix

Of vir ‘n verskoning vir die partytjie van die jaar.

16 04 2012
rondomtaliedraai

Geld is nie alles nie maar tog so baie gerieflik!

16 04 2012
W A J

Vriend van my het Vrydag die 13 e getrou – vir die tweede keer…. somige mense leer ook nooit !! Trou is so outyds….

17 04 2012
jagternw1976

Dalk om iemand te hê wat saam jou die lewe kan deel ? Wat saam jou lag en huil. Mmm …

17 04 2012
jagternw1976

Ek dink aan Maankind se skrywe …. Hoekom sal iemand vir seks wil trou ? Dis juis wanneer die seks begin minder raak ? 😛

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: