Vrydag die 13de

13 04 2012

Ek het pas by my kantoor ingestap en daar kondig my kalender aan dat ek veronderstel was om in die bed te bly.  In ‘n gryserige Gauteng het ek nie juis verdere aanmoediging nodig nie en enige verskoning is ‘n goeie een.  Helaas is ek egter nie ‘n lyer van paraskavedekatraphopia nie.  Ek is redelik seker dat vandag maar net nog ‘n Vrydag gaan wees. 

Waar die onheilige vrees vir Vrydag die 13de vandaan kom, is so effens vaak.  Baie mense glo in elk geval dat Vrydae ongelukkig is.  Baie mense sien ook onheil in die getal 13.  Dit is net in Wiskunde dat twee negatiewes ‘n positief maak – as jou welstand deur die omgewing bepaal word – gaan jy seker dubbele dosis geluk nodig hê om deur die dag te kom.  Of as dinge nie heeltemal na jou sin verloop nie, is daar ‘n geldige verskoning. 

Vrydag die 13de het my nog nooit rede tot kommer gegee nie.  So ook nie ‘n leer waaronder ek moet loop of ‘n sambreel in die huis oopmaak nie.  Moontlik omdat ek genoeg ongeluk op my eie veroorsaak dat ek nie nog hulp nodig het nie.  😉  Maar dit is net ek.

Iewers moet iemand ‘n storie hê oor hoe Vrydag die 13de hulle beduiwel het.  DIt is seker nou ook nie nodig om ‘n goeie storie met feite te bederf nie. 

Het Vrydag die 13de jou al ore aangesit?  Het jy dalk vir Vrydag die 13de ore aangesit? 

Toe toe.  Moenie skaam wees nie.

Breinvasbrand:  Wie is die hoof karakter in Friday the 13th?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met 1852.

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

13 04 2012
dirkiedoep

Wil nou eers daai Para woord gaan klank… hmmm en so vinnig uitspreek en vreeslik slim klink as ek vir Geliefde vra of hy weet wat beteken dit !
Lekker interssant al die feite en geite.

13 04 2012
dirkiedoep

Sien daar verloor ek die een e van interessant so op hierdie Vrydag 13de!!

13 04 2012
Olga

het jy darem onthou watter voet om eerste neer te sit?

13 04 2012
gerdajansen1

dis net nog n dag. my broer het my kleintyd so bang gemaak oor vrydag 13 de. eak in gr 1 skool gebank het omdat ek te bang was om met die verkeerde voet uit die bed te klim. toe my pa by die huis gekom het, het ek n pakslae vir my moeite gekry. toe eers was vrydag 13 de n ongelukkige dag vir my.

13 04 2012
rondomtaliedraai

paraskavedekatraphopia – vrees vir kat lyke?

14 04 2012
MaanKind

Wil jy nie asb gaan kyk of jy nou by my kan kommentaar lewer nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: