Vuurwapen Hantering

12 04 2012

Ek sal nooit ‘n voorstaander van Gunfree South Africa wees nie.  Dit is nie dat ek ‘n aanhanger van vuurwapens is nie.  Ek dink net nie dat om die wettige eienaars se wapens af te neem, die geweld in Suid-Afrika sal laat afneem nie.  Die onwettige wapens is die wat die chaos veroorsaak.  Verder as jy iemand wil seer / dood maak, gaan jy dit met ‘n teesakkie doen as niks anders beskikbaar is nie. 

Buitendien, dit is mos nie die vuurwapen wat die krisis is nie.  Eerder die mens wat die vuurwapen hanteer.  Hanteer beteken nie noodwendig met die bedoeling om te skiet nie.  En dit is geen geheim nie – mense word nie net deur vuurwapens beseer omdat daar doelbewus op hulle geskiet word nie. 

Soos die vrou (24) wat haarself gister by Tukkies geskiet het.  Wat presies gebeur het of wat die idee nou eintlik was, weet ek nie.  Een weergawe vertel dat sy gaan sit het by haar gradeplegtigheid.  Soos sy die toga om haar gevou het, het die skoot afgegaan en is sy ernstig in die maag gewond.  Blykbaar van ‘n geweer.  Hoekom iemand ‘n geweer saamsleep gradeplegtigheid toe, weet ek nie. 

Dit is seker geen geheim dat vuurwapens gevaarlik is nie.  Soos enige ander gevaarlike gemiddels, moet dit deur verantwoordelike mense hanteer word.  As jy nie weet hoe om verantwoordelik op te tree nie, moet nie aan ‘n vuurwapen raak nie.  Moet sover dit moontlik is nie in die omgewing van ‘n vuurwapen kom nie.  Dit is tog net logies. 

Mens laat tog nie ‘n kleuter met ‘n skêr rondhardloop nie.  Net so is daar maniere om ‘n mes te hanteer om seker te maak niemand word beseer nie.  Gifstowwe word tog ook op ‘n sekere manier hanteer om seker te maak daar is nie tragedies nie.  Dieselfde geld vir vuurwapens.  Wanneer dit verantwoordelik hanteer word, sal daar nie probleme wees nie. 

Ongelukkig word verantwoordelikheid nie in supermarkte verkoop nie.  Dit is iets wat ‘n mens klein-klein moet aanleer.  Die samelewing begin egter te neig om mense van verantwoordelikheid te ontneem eerder as om mense verantwoordelik te hou.  Dit is seker makliker om goed af te vat as om verantwoordelikheid te leer. 

Mens is met ‘n gesonde verstand gebore en dit moet gebruik word.  Dit is in elk geval my mening.  Wat is joune?

Breinvasbrand:  Wanneer is Smith & Wesson gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Belle de Jour

Advertisements

Aksies

Information

6 responses

12 04 2012
Olga

eerste
iewers in 1852

ek wil sien wie gaan my vuurwapen net vat..

12 04 2012
Olga

ek het nog altyd gedink en gese dat dit uiters onverantwoordelik van suid afrikaners was om hulle vuurwapens te gaan inhandig omdat die nuwe vuurwapen-wet n bietjie ongemak gebring het. Stront! Ek het my sit gaan sit. Ek het my skiet gaan skiet. Ek het weer gaan sit. Whoop whoop! DRIE JAAR LATER het ek die proof of competency gekry en VEERTIEN MAANDe later die nuwe vuurwapen lisenrie.

12 04 2012
rondomtaliedraai

Ek is ‘n ernstige pasifis en wil nie ‘n vuurwapen besit nie.

12 04 2012
gerdajansen1

wel, almal wie wapens besit is nie geweldenaars nie. ek dink enige mens kan verantwoordelik gehou word vir hulle aksies of gebrek aan aksies. jy is reg, om links en regs verantwoordelike suid afrikaners te ontwapen gaan nie misdaad hok slaan nie.

13 04 2012
jagternw1976

Jy is reg Olga. 1852. En dankie vir jou uithou en aanhou om jou vuurwapen lisensie te kry. Ek sê ook dit was / is onnosel om jou vuurwapens in te handig. Rondomtaliedraai: Presies, soos dit jou reg is om NIE ‘n vuurwapen te wil besit nie is dit my en ander se reg om WEL vuurwapen/s te besit. 🙂

13 04 2012
nonnam

Minder wettige vuurwapens beteken nie minder onwettige vuurwapens nie. In elk geval, hoeveel vuurwapens het die polisie nou weer verloor?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: