Reguit en op die man af

11 04 2012

Maankind het so ‘n week terug gekom met wat jy sal kwytraak as jy anoniem iets kan sê.  Interessante onderwerp, al is die anoniem half amuserend.  As julle my sal verskoon – Maankind (skuilnaam) deel huiswerk aan Sonkind (skuilnaam) uit oor wat sy sou sê as sy anoniem iets kon sê.  Dit is mos juis die nut van ‘n skuilnaam – om anoniem jou prate te kan praat.  Boonop kom Toortsie (skuilnaam) en Xena (nog ‘n skuilnaam) ‘n eiertjie daaroor lê.

Small things . . . Ek blog darem nie van gister af nie en ek weet presies wat bedoel word.  Skuilnaam of nie – mense leer om sekere goed van jou te verwag.  Verder wil jy nie noodwendig in ‘n ander skuilnaam se gesig vroetel nie.  Boonop is die 1-2-3 om uit te werk wie die mens agter die skuilnaam is.  Anoniem is dus nie regtig niemand weet nie en dit is veral nie niemand kan uitvind nie.  Groot, beroemde bloggers het al hulle gatte in daardie spieël gesien.

Vraag was egter wat ek sou sê as ek kon.  Geen maklike antwoord nie.  Ek het juis by Toortsie gelees dat onderwerpe soos politiek, seks en godsdiens sensitiewe onderwerpe is.  Onderwerpe wat ek al aangeroer het – meer as een keer.  En ja, ek het met tye soms net-net met my lewe daarvan  afgekom.  Ek het beslis nie my les geleer nie.  As ek more sterk voel oor iets, gaan niks my keer om daaroor te blog nie.  Niemand gaan my keer om dit reguit in iemand se gesig te gaan vertel nie.  Ek blog dalk anoniem, maar mense wat my ken weet gewoonlik presies wat my mening is.

Hier en daar het daar wel stukkies wysheid gekom.  Ek sal nie meer sommer iemand anders se oorloë oorneem nie.  Ek kan nie juis van subtiel beskuldig word nie en ek sorg gewoonlik dat my boodskap (van iemand anders) duidelik oorgedra word.  Ek betaal gewoonlik vir die skade en die ander persoon kom skotvry af.

‘n Ander les is om my menings oor die onlangse dooies of mense wat idioties genoeg was om die koerante te haal.  Mense google hulle self en kom lees wel wat jy geskryf het.  En daar is geen genot om ‘n geknakte riet verder te breek nie.

Verder – sien ek nie die nut van enige gevangenes nie.

Breinvasbrand:  As wie het Brooke Magnanti geblog terwyl sy voorgegee het sy is ‘n hoëklas sekswerker, terwyl sy inderwaarheid ‘n wetenskaplike navorser met ‘n PhD is?

Breinlosbrand:  Olga was reg met twee.


Aksies

Information

7 responses

11 04 2012
Olga

eerste
belle de jour?

11 04 2012
Olga

hoekom wil n mens anoniem n ander kak byt? Dis mos om met n klein grassie n groot leeu se gat te kielie. Dis seker die anoniteit sindroom wat verantwoordelik is vir die ‘log in’ kanker wat aan almal vreet. HELLO WORDPRESS! PIK BY. SOOS KRISTA SE, DIT VAT NET DIE SKEP VAN N NUWE EPOS ADRES. DEMMIT!!!

11 04 2012
Olga

daar het ek ook iets geleer.

11 04 2012
gerdajansen1

nou moet ek nog net uitvind hoe skep n mens n eposadres.
sommige mense se manier van praat is te kenmerkend vir hulle om ooit anoniem te kan wees.

11 04 2012
rondomtaliedraai

Ek sal nooit kan tred hou met die verskillende persona nie… vir my is dit effe tydmors? geee

12 04 2012
MaanKind

Belle de Jour het darem die jackpot geslaan!

12 04 2012
Toortsie

Ek is ook maar net ek. of hoe? of dit in my eie naam is of in die toorts s’n, my sinne klink presies dieselfde!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: