Watse bog is dit?

10 04 2012

Deesdae het WordPress ‘n nuk wat my teen die plafon laat hop.  Skielik mag ek nie net meer terloops ‘n kommentaar lewer nie.  Nee, ek moet ingeteken wees.  Ek verpes dit, maar ek kan daarmee saamlewe.  Wat my egter rooi laat sien is as WordPress vir my besluit as wie of wat ek moet inteken.

Dit is geen geheim dat ek meer as een rekening op WordPress het nie.  Siende dat ek niemand dryf na anoreksia, dwelms, selfmoord, kultusse, afbrekende gedrag en boonop niemand se pensioen (of ander!) geld steel nie, sien ek regtig nie die probleem daarmee nie.  Dit is in elk geval nie rocket science om die mens agter die vingers oop te krap nie.  Dit is bloot net prakties om meer as een rekening te hê.  Veral as jy ‘n karakter vir suiwer vermaak doeleindes het.  Dit doen niemand kwaad nie.

Deesdae is daar egter ‘n neiging om mense se anonieme speletjies te beperk.  Met rede seker ook – veral diegene wat ander van die wal in die sloot in dryf.  Die uitsonderings reken ek – boonop sal hulle gou genoeg dik raak vir hulle eie speletjies.  Dit het eers begin met gmail wat ‘n selfoonnommer vir elke adres soek.  Vir wat?  Deesdae word jou eposadres gebruik om jou by You Tube in te log.  Weereens?  Wat is die nut daarvan?  Nou besluit WordPress vir jou met watter eposadres jy by sekere mense kan kommentaar lewer.  En weier dat jy self kan verander as jy dit nodig ag.

Dit maak my lus om te kots.

As jy dus om een of ander rede voel ek boikot jou – blameer WordPress.  Ek wou as Xena Phoenix kommentaar lewer, maar WordPress soek opsluit die heks se adres.  En niemand kan ‘n inteligente opmerking van haar verwag nie.


Aksies

Information

21 responses

10 04 2012
Olga

WordPress is besig om gatvol te maak. Hulle interfok wragtig nou al jare lank met alles waaraan ek gewoond raak. Dis regtig om van te kots.

10 04 2012
seegogga

Skryf vir wordpress en kla! Ek het dit gedoen omdat jy nie op top blogs is nie, en dit werk!!!

10 04 2012
seegogga

Maar ek weet nie of hulle nie dalk ook gehijack word nie, want so nou en dan as ek kommentaar lewer, is my gravataar weg. Hulle raak net so deurmekaar soos facebook, by tye

11 04 2012
murphy

Dis nog steeds beter as ander platvorms, in my opinie.

11 04 2012
MaanKind

VRA ek jou. Die een wat ek uit die bed wou toets, is skielik met dieselfde nonsens begroet!

11 04 2012
Plasie

Dis wat gebeur as programmeerders goed probeer regmaak wat nie stukkend is nie. Tsk!

11 04 2012
Wosonkilyfie

Ons het die naweek amper ‘n viesklike misverstand gehad oor ek nie kon inlog as unpregnant met my gmail adres en comment nie. Kos my 3 nuwe gmail adresse skep sodat ek darem op een of ander manier iewers kan inkom en kommentaar lewer.

11 04 2012
Wosonkilyfie

Sien, nou is ek Wosonkilyfie ipv Krista.

Really??

11 04 2012
Krista

*Verskoon my ‘n oomblikkie hier in die hoekie, ek sal uitkom as my hoerberoerte verby is.

11 04 2012
Toortsie

Ek stem saam met jou dat dit simpel is. ek dink jy moet hulle mail.
Maar ek maak kapsie met jou opmerking oor die heks. Sy is ONS slimste, mooiste heks en ek gaan nie toelaat dat jy haar so beledig nie! Ek en sy is, wat verstand betref, omtrent op dieselfde vlak, so, as jy aan haar vat, vat jy aan my! Sy is SLIM! so, EK IS SLIM!! 🙂

11 04 2012
Toortsie

@Krista. LLEN! Hoerberoerte! 😆

11 04 2012
Olga

hierdie ‘log in’ kak het my nou skuinsbe4k op my nugter maag. Waarheen skryf ek, ingelog as die uwe, Olga Oksel?

11 04 2012
gerdajansen1

ek wil ook skryf en protesteer. gaan die gemors nou aanhou? hoeveel kere moet ek dit dan nog doen?

11 04 2012
jagternw1976

Ekt my pc by die werk en huis so gestel dat ek elke keer sommer so automaties inlog. 🙂
DIT, is slim, Toortsie. 😛

11 04 2012
Joh

Jagter, nou hoe doen jy dit?

12 04 2012
jagternw1976

Ekt nie ‘n idee nie 🙂
Die HP rekenaars het so funksie wat opkom sodra jy vir iets ‘n wagwoord intik (O ja… Credential manager), dan kies jy dat die pc jou moet onthou, so elke keer as ek ‘n WordPress blog besoek is ek net “daar”. By die werk of by die huis.

11 04 2012
Sonlig

Ek vererg my ook bloedig oor die inlog-besigheid!

@Krista – “hoerberoerte”…..he he…ek gaan daai een gebruik. 🙂

11 04 2012
rondomtaliedraai

Dis nog beter as baie ander werwe?

11 04 2012
Joh

Ek is ook nou sommer die moer in oor hierie gemors. Dit mors tyd en jaag frustrasie vlakke onnodig die hoogtes in. En dit dien absoluut geen doel nie. Dis soos ‘n selfoon wat vereis dat jy jou eie nommer eers moet intik voordat jy ‘n oproep kan ontvang. Pure twak.

Het sopas ‘n vraag op diue WP forum gestel oor hierie idiotiese nonsies.
Gaan lewer asseblief daar kommentaar.
http://en.forums.wordpress.com/topic/log-in-required-for-comments?replies=1#post-862322

12 04 2012
Xena Phoenix

Ek sien dat dit nie net vir my mal maak nie. Ek sal beslis by Joh se forum gaan kla en ‘n epos stuur. Dankie vir almal se bydrae.

12 04 2012
Xena Phoenix

O ja, ek stem saam dat WordPress beter is as ander platforms. Veral as hulle die login stront uitsorteer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: