Vir die bevrediging van Mamon

10 04 2012

Vandag is daar weer ‘n berig oor ‘n renoster wat gestroop is.  Weereens ‘n kalfie wat getraumatiseerd by sy ma se karkas staan en selfs probeer om aan haar te drink.

Dit maak ‘n mens sommer moedeloos.  Ons is 100 dae in 2012 in en daar is reeds 164 renosters gestroop.  Asof die 443 van verlede jaar nie erg genoeg is nie.  Oral begin mense al hoe harder pleit dat renosterhoring handel gewettig moet word.  As die horings wettig ge-oes kan word en aan die Ooste verkoop word, is daar geen rede hoekom dit gestroop kan word nie.

Die stadslegende deel van my brein wonder so effens die wettiging van handel nie wel oor die renosterhoring gaan eerder as oor die oorlewing van renosters nie.  Daar was al verskillende wildsboere en selfs veeartse aangekeer oor renosterhoringsmokkel.  As die mense nie huiwer om ‘n bedreigde spesie te offer vir geld nie, wat van die leek op straat?

Punt is dat renosterhoring nie impotensie of kanker kan genees nie.  As dit kon, sou naels kou ‘n gesonde aktiwiteit gewees het.  Die stropery is nie net onwettig nie, maar ook onmenslik.  Ek kan nie insien hoekom die idee eers lugtyd moet kry nie.  Dit kom vir my neer op toegee vir boelies en dit is nooit ‘n gesonde stand van sake nie.

Dit kom tog daarop neer dat die “stropers” horings eis.  As dit nie vir hulle te koop aangebied word nie, sal hulle dit vat en niemand gaan hulle keer nie.  Wat waar blyk te wees.  Dus word daar nou boedel oorgegee en die stropers kry hulle horings – wat terloops nie werk soos hulle hoop nie.

As die taktiek met renosterstropery sukses behaal, hoekom nie ook met ander smokkelary van die samelewing nie.  Dink aan dwelmsmouse.  As dwelms in groot maat gekoop en verkoop kan word, is die dwelmbase magteloos.  Die verbruikers van dwelms kan beter gereguleer word.  Wat maak dit saak hoeveel mense lewens word verwoes.

Dieselfde geld vir wapens.  As wapens in ‘n vryemark verkoop kan word – bedoelende enige land of groep kan soveel wapens as wat hulle wil hê om te gebruik soos hulle wil – gaan hulle nie oneties te werk gaan om die wapens te kry nie.  Almal wat wapens vervaardig, kan goed geld maak en boonop gaan baie werksgeleenthede geskep word.

Dit is dalk ook die antwoord op oorbevolking.  As ‘n gesin meer kinders maak as wat hulle kan behartig, hoekom mag hulle nie die kinders verkoop nie?  Die middelman wat die gesin bevark word uitgeskakel en die wêreld kry hulle slawe en prostitute.  Daar gaan mos nie meer dwelmhandelaars nodig wees nie.

Ek dink enige mens kan sien dat dit nie die antwoord is.  Net om iets wettig te maak, maak dit nie noodwendig reg nie.  Die kern van die probleem moet gesoek en uit die weggeruim word.  Nie beloon word vir hulle intimidasie nie.

Ek meen, watter beter argument is daar teen stropery as dat die diere gaan uitsterf?

Breinvasbrand:  Hoeveel horings het ‘n swart renoster?

Breinlosbrand:  Maankind was reg met Fiela


Aksies

Information

5 responses

10 04 2012
Olga

eerste!

10 04 2012
Olga

skuus. Wp maak my sooo kwaad.
2. Grote vorh kleintjie.

10 04 2012
Olga

die pvt wildloge, wildplaas eienaars en wilbewaardes smokkel self met die horings en kry dan nog versekeringsgeld ook. As hulle gearresteer word as eerste verdagte sal jy sien hoe vinnig hou die stropery op. Sover dit die wettiging van die een taboe na die ander betref, moet n mens seker kennis he van bewaring en wetgewing om dit suksesvol te kan toepas. Volgende is korrupsie en omkopery ook gewettig. Daar is n defnitiewe mark daarvoor.

10 04 2012
Annemari Coetser

Presies! Ek vervies my ook sommer vir sulke agterstevoor argumente.

13 04 2012
Wat werk vir my? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] tyd wat dit regtig dol gegaan het, het ek net sulke kort gedagtes geskryf. Twee tot vyf sinne. Tot Xena stem dik gemaak het. Ek dink dat blog-lesers meer soek as twee sinne. Is ek verkeerd? Nie 700 woorde […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: