In Monster Klere

5 04 2012

Ek kan dit seker maar erken.  Ek het ‘n ooraktiewe verbeelding.  Ek blameer al die boeke en flieks wat ek al deur gedraf het.  My verbeelding hol darem nie weg nie.  Ek onthou dat ek dit uit my eie duim gesuig het.  Wel, gewoonlik in elk geval.

Partykeer is die goed wat ‘n mens in die koerant lees soos die rand van ‘n legkaart.  Jy weet wat die gebeure was, maar die prentjie was nie geskets nie.  Dit is dan wanneer my verbeelding oorneem en ‘n prentjie verf.

Wanneer ‘n kind ontvoer word, vries enige mens se bloed.  Veral as dit ‘n jong meisie is wat deur ‘n man ontvoer is.  As die man boonop haar stiefpa op ‘n stadium was, verwag jy die ergste.  Jy “weet” sommer hoekom hy uitgeskop is.  Enige ma wat haar sout werd is, sou hom geskei het.

Die kind word ongedeerd gevind en die man word in hegtenis geneem.  Die kind is in die sorg van welsynbeamptes geplaas en dadelik moet jy in jou aannames twyfel trek.  Hoekom is die kind nie aan haar ma terug besorg nie?  Wie was nou eintlik die vark in die verhaal?

So dikwels trek mans net hulle gulp op en stap weg.  Baie vrouens gryp hulle handsak en kyk nie eers om pad na die deur nie.  Van hulle eie vlees en bloed.  Amper soos visse wat geen bande met iemand kan vorm nie.  Die omgekeerde is ook waar.  Baie mense kan ‘n sterk ‘n emosionele band vorm met die wat hulle moet versorg sonder dat vlees en bloed ter sprake is.  Juis omdat vlees en bloed die hardste skree, word daar van al die res verwag om net te verdwyn.  Dit kan selfs ten koste van die kind wees.

Almal weet dit.  Dit is een van die groot onregte in die wêreld wat nie in wetlike terme opgelos kan word nie.  Jy kan of jou hande magteloos in die lug gooi of jy kan die wet in eie hande neem ter wille van die kind.  Die laasgenoemde is wat baie graag sal wil doen, maar die prys is onsaglik hoog as jy gevang word.  Dit laat mense twee, drie, tien keer dink.  Is dit noodwendig ‘n goeie ding?  Maak dit van die wêreld ‘n beter plek?

As jy vir jou hanskind ‘n lewe kan bied teenoor ‘n hel, durf enige iemand jou veroordeel?  Al gaan jou goeie daad jou dekades lank ‘n gas van die staat maak?  Of is dit dalk ‘n geval  van dat jy eendag in die hemel beloon gaan word?

Klink na ‘n wroeging waarvan goeie stories gemaak word.  Dalk eendag as ek groot is.

Breinvasbrand:  Wie het na haar optelkind as haar hanskind verwys?

Breinlosbrand:  21

Baie geseënde Paasfees vir almal.  Mag julle ook oor die tyd veilig wees en voorspoedig reis.

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

5 04 2012
MaanKind

Fiela

5 04 2012
Olga

dit kielie my steeds dat die kind nie n selfoon gehad het om te gebruik nie. Is dit dalk n geval dat sy nie wou nie? Huisgenoot sal ons nog vertel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: