Tolnaarheid

4 04 2012

Die Nuwe Testament het talle verwysings na tollenaars – verwysings wat gewoonlik daarop neerkom dat hulle die duiwel in menslike gestaltes is.  Soos alles in die Bybel moet ‘n mens die perspektief ingedagte hou voordat jy heeltemal die dam onder die eend uitruk.  Ek ken immers net 10 woorde latyn en geen woorde in Hebreeus nie.  Ek verduidelik dit net soos dit aan my oorvertel is. 

Die tollenaars in die Bybel se tyd was nogal ‘n korrupte spul wat nie gehuiwer het om mense uit te buit nie.  Eerlikheid was nou ook nie ‘n hoofvereiste as jy besluit het om ‘n tollenaar te word nie.  Verder het hulle geen genade geken nie en hulle tol (wat dit ook al die dag was) sou jy met of sonder bloed betaal het.  Gewoonlik was daar ook ‘n vet komissie wat maar so van persoon tot persoon gewissel het.  Kortom, tollenaars was bullebakke.  Netsoos belastinggaarders, maar dit is ‘n ander storie. 

Hier sit ons vandag 2000 jaar later en daar is wragtig wetgewing op hande om magtiger te maak as wat hulle verdien om te wees.   Wetgewing is voorgelê waar volgens SANRAL jou kan teister as dit hulle behaag.  Hulle kan aandring om jou lisensie te sien, asook enige dokumente wat jou van tolgeld kan kwytstel.  Hulle kan jou kar deursoek vir ‘n e-skyfie.  Hulle kan op jou volledige kontakbesonderhede aandring as hulle wil.  Hulle is eintlik veronderstel om jou van die snelweg aftejaag as jy nie betaal nie, maar hulle kan jou lisensie en selfs jou kar konfiskeer as hulle dit nodig vind.  Hulle soek tande om doodtebyt as dit daarop neerkom. 

Dit laat my nogal wonder oor die administratiewe sy van sake.  Daar is immers ‘n wet wat vereis dat ‘n voertuigeienaar binne 21 dae die lisensie owerheid in kennis moet stel as hulle addres verander.  Mens moet jaarliks jou lisensie hernieu en jy moet elke 5 jaar jou bestuurslisensie hernieu.  Heelwat geleenthede om jou te vra wanneer beplan jy om jou tolgeld te betaal. 

Maar dit is nie die bullebak manier van doen nie en die SANRAL beamptetjie gaan nie soos ‘n Rambo voel nie.  Net dalk het die huidige stelsel te veel slaggate of word die verbruiker te veel beskerm.  Anders is die administratiewe rompslomp nie vir die aggressiewes lekker nie. 

Hoe dit ook al sê – tot tyd en wyl hulle ‘n rede kry om op vars lug en sonskyn ‘n heffing te plaas, gaan hulle tolgeld hef.  Hulle gaan geld om elke hoek en draai uit die middelklas pers.  Redelik of onredelik.  Want hulle kan!

Net ‘n interessante iets wat ek raak gelees het.  Taxi’s is mos vrygestel van tolgelde, maar hulle slurp omtrent 70% van die Padongelukfonds op.  In Gauteng gaan dit jou R300 kos om profesionele publieke bestuurspermit kry.  Heelwat minder as die maksimale R550 wat jy ‘n maand gevra kan word. 

Breinvasbrand:  Hoe oud moet jy wees om ‘n publieke bestuurspermit vir passasiers te kry? 

Breinlosbrand:  Olga was reg met Michael Dell.

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

4 04 2012
groenwyn

Indien dit waar sou wees is daar heelwat grondwetlike oortredinge in my opinie. Persoonlik sou ek baie verbaas wees as SANRAL wel met hierdie magte toegerus word

4 04 2012
Olga

18
die anc, onder die huidig mag veral, het 1 en net ideal in sig. Hulle wil wit suid afrikaners uitroei. Dink jy jan hanekom se huurmotor is ook van tolgeld kwytgeskeld?
Net so ook, wil ek graag weet of die huis eienaar in diepsloot en soweto ook die nuwe erfbelasting, of dan baksteen belasting betaal? Wat van diegene wie in plank of sink huise woon?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: