Verdediging Geldmors??

3 04 2012

Almal weet teen die tyd van die ekonomiese krisis in Griekeland.  Lande wat bankrot speel is nie buitegewoon vir ons wat in Afrika is nie.  Lande wat in Europa bankrot speel is ‘n heel ander saak.  Dit kan die hele Europese Unie tot hulle knieë dwing en daarmee die vasteland wat vir eeue gedomineer het, tot ‘n val bring.  Die ergste scenario – Europa kan die volgende Afrika word. 

Nie juis ‘n gedagte wat gerusstelling bring nie.  Nie net omdat die eerste Afrika finaal op hulle eie bene moet gaan staan nie, maar die wêreld wat ons ken, gaan goed op sy kop gedraai word.  Europa gaan nie meer ‘n voorbeeld van beskawing en voortuitgang wees nie.  Dalk eerder ‘n voorbeeld van hoogmoed wat tot ‘n val kom. 

Die grootste vrot kol op die oomblik (en daar is ander lande ook): Griekeland.  Selfs ek kan vir hulle ‘n bietjie simpatie oor hê.   Nogtans wil enige redelike mens se simpatie taan as jy verneem dat Griekeland die land in Europa is wat die grootste begroting vir die weermag het.  Nie juis dat hulle ‘n aktiewe oorlog het nie, maar hulle kan nie sekerheid hê met die Turke nie.  Tog voel dit net verkeerd hoeveel daar begroot word om ‘n ander te dood. 

Griekeland is nie die enigste land wat ten koste van alles anders geld by hulle weermag instoot nie.  In ons liewe kontinent is daar baie.  As ‘n mens byvoorbeeld net kyk hoeveel biljoene die VSA spandeer om ander dood te maak, wil ‘n mens kots.  Daar is selfs ‘n teorie (let wel, glad nie bewys nie) dat die CIA self die Twin Towers aangeval het om ‘n groter deel van die begroting te kry.  Daar is seker geen groter argument vir vrede as die kostes wat oorlog te weeg bring.  Geen argument is tog harder as die van geld nie. 

Maar . . . is dit regtig so sleg om in verdediging te belê?  Ek praat nou nie van dat dit beter is om voorberei te wees as om met broek om jou knieë gevang te wees nie.  ‘n Sterk weermag kan dadelik optree as daar dalk ‘n behoefte is en dit vat bitter baie tyd om ‘n sterk weermag te bou.  Tyd wat in geval van nood nie juis in oorvloed is nie. 

‘n Groot gedeelte van die begroting gaan in navorsing in.  In hoe om verweer beter te maak; hoe hom beter, vinnig en meer akkuraat te kommunikeer; hoe om vinniger, beter en stiller te beweeg en hoe om meer mense met die minste moontlike energie dood te maak.  Op een of ander stadium raak die inligting “oud” en kan kommersiëel aangewend word.  Dit skep dan nuwe velde, meer werksgeleenthede en ‘n manier om daardie geld wat op die navorsing aangewend is terug te maak. 

Ek praat nou nie snert nie.  Kom ons neem die Tweede Wêreld Oorlog as ‘n voorbeeld.  Mens kan dit een van die grootste onheile ooit noem.  Punt is egter dat die tegnologie wat tot die rekenaar gelei het, se oorsprong aan die Tweede Wêreldoorlog te danke is.  Dit sou aansienlik langer geneem het dat elke mens met ‘n rekenaar in die sak rond geloop het, was dit nie vir die oorlog nie.  Vandag is rekenaars en die dienste daarom een van die grootste industrieë nog. 

Dan weer – mens kan nie iets mis wat jy nie ken nie. 

Breinvasbrand:  Wie het Dell in 1984  in Texas gestig?

Breinlosbrand:  1991

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

3 04 2012
Olga

eerste!!!
Michael dell.

3 04 2012
gerdajansen1

dit was michael dell.

3 04 2012
Olga

dink net as europa, met sy beskaafde mense vaj, wat gaan van afrika word? Dis regtig te erg om aan te dink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: