Snork: Liefde nogals.

2 04 2012

“All you need is love” volgens die Beatles maar ek volstaan dat die liefde soms nie genoeg is nie.   Nou nie heeltemal die rigting wat ek wil inslaan nie.  Eerder dat die liefde nie ‘n verskoning nie.  Selfs in oorlog is daar reëls wat gevolg moet word en dit geld natuurlik vir die liefde ook. 

Iewers het iemand die idee van ewige, onsterflike liefde geromantiseer dat dit ‘n naarheid is.  Ek blameer vir Wikkelspies (Shakespeare).  Regtig, wat sou dit van hom afgevat het dat Juliette wakker kon word voordat Romeo die gif gedrink het?  Is ‘n gelukkige einde nou regtig so aanstootlik? 

Ek kan seker nie ewige, onsterflike liefde verdoem nie.  Ek kan wel hardop wonder oor hoe besimpeld dit mense maak.  Hoe dit alles moet verduur en ‘n verskoning moet bied vir alles.  En dit is net hier waar ek my hande in die lug gooi en besluit de hel met die liefde. 

Paulus het seker van eerlikheid vergeet toe hy die liefde opgehemel het.  Dalk nie – hy het na naasteliefde verwys en nie die soort wat na kinders lei nie.   Wat ek eintlik wil vra is waar pas eerlikheid in waar dit gaan oor die onsterflik eenkeer in ‘n leeftyd liefde tussen man en vrou (of lewensmaats)?

As jy jou hart aan iemand verknog het, is dit geregverdig om jou lewe aan ‘n ander te verbind?  Kan jy ‘n lewe met ‘n ander bou terwyl jy smag na ‘n geliefde wat nie uitgewerk het nie of wat dood is?  Is dit reg om ‘n langtermyn verhouding met iemand aan te knoop as jy eintlik hoop om by iemand anders te wees?  Moet jy nie eers jou hart los maak voordat jy ‘n pad met ‘n ander wil loop nie?

Hoe voel julle daaroor?


Aksies

Information

6 responses

2 04 2012
MaanKind

Mens kan ‘n verhouding met ongeveer enige persoon maak werk, as beide partye WIL. Die Groot Liefde? SIen my blogs oor Reinkarnasie.

2 04 2012
Plasie

As jou hart nie in ‘n (langtermyn) verhouding is nie, dan hoort jou lyf ook nie daar nie. Punt. Lyn.

2 04 2012
Olga

raak opgesom.

2 04 2012
Olga

wat meer kan ek se? Jagter het dit so mooi gestel. Enig iets anders kom neer op hoereer sommer prostitusie. Selfsug. (ironage ere we cum.)

2 04 2012
Olga

skuus, plasie, nie jagter nie.

3 04 2012
Xena Phoenix

Ek dink baie mense vrees eensaamheid soos een of ander siekte.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: