Milla Louw

2 04 2012

Milla Louw is Sondagaand in die St Georges Hospitaal in Port Elizabeth oorlede.  Sy was 89 jaar oud. 

Milla Louw was ‘n veteraan aktrise in Suid-Afrika, ‘n tydgenoot van Anna Neethling-Pohl.  Die twee dames was inderwaarheid selfs vriendinne.  ‘n Baie bekende gesig, al was haar mees onlangse rol die van Tannie Schoeman in 7de laan.  Sy was ook agter die skerms doenig waar sy veral met stemafrigting gehelp het. 

Louw het in 2009 afgetree – of uitgetree soos sy dit gestel het.  Sy het op daardie stadium selfs oorweeg om spraak terapie te gaan swot, juis omdat sy nie kon stil sit nie. 

Sy laat  vier kinders, tien kleinkinders en ses agterkleinkinders agter. 

Van die os op die jas.  Dit is ‘n skande dat daar van een van ‘n baie bekende aktrise skaars ‘n foto op die internet is, wat nog te sê inligting.  Ons Suid-Afrikaanse vermaaklikheids sterre, sangers en skrywers word regtig afgeskeep as dit by inligting op die internet kom.  Vraag is hoe gaan dit aangespreek word?

Advertisements

Aksies

Information

4 responses

2 04 2012
MaanKind

Dis hartseer, maar ek dink haar broer gaan bly wees, hy is baie onlangs saggies in sy slaap heen, hy was al in sy 80’s en het nog sy eie kar bestuur. Hulle was na aan mekaar en is waarskynlik aan die huppel Daar!

3 04 2012
Xena Phoenix

Hi Maankind

Ek en WordPress het ‘n groot uitval elke keer as ek by jou wil kommentaar lewer. Ek dink WordPress is op dwelms. Ek is ingelog, maar die verbrande ding vertel my om weer in te log.

2 04 2012
Olga

rus sag tannie schoeman.

3 04 2012
hoendersop

Interessant, Xena! Sover ek weet was Milla Louw en Anna Neethling-Pohl skoonsusters gewees. Sy was ‘n rare karakter – ek het by haar klasgeloop by Tuks in die vroeë 70s. Dis sy wat vir my gesê het my “s”e fluit en ek het ‘n gutturale “g” en ek moet nooit ‘n loopbaan in die radio oorweeg nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: