Afsmeersels

2 04 2012

Ek weet ek kla ‘n dosyn keer ‘n maand (indien nie ‘n week) daaroor, maar verdra tog asseblief nog ‘n bietjie.  By die huis kan ek nie juis van internet toegang praat nie.  Die afgelope twee maande kan ek nie eers met die internet verbind nie.  Nie met Vodacom of MTN nie. 

Mens kan ook net so lank tande kners en ek het die naweek besluit genoeg is genoeg.  Ek kort betroubare internet en ek kort dit dadelik.  Blinde voortvarendheid wat my net mooi niks in die sak gebring het nie.  Al bly ek in een van die grootste stede in die land (ek het al advertensies gesien wat reken Tswane is die grootste metropool in die wêreld), is ek op die punt waar Vodacom, MTN en iBurst net hulle skouers optrek.  Ek het basies die keuse tussen posduiwe en ADSL.  Tans oorweeg ek die posduif opsie. 

As ek ADSL soek, moet ek deur Telkom werk.  Nadat ek Saterdag ‘n halfuur te vergeefs in ‘n Telkom lyn gestaan het sonder om ‘n sentimeter te beweeg, het die idee my nie opgewonde gemaak nie.  Ek moes helaas terug en na ‘n uur in die tou (daar was net 2 mense voor my, een het tou opgegooi) kon ek in al die rooi drade verstrengel word. 

Telkom maak seker hulle vat hulle pond vleis.  Wie ook al jou internet verskaffer is, moet jy deur Telkom ‘n lyn kry wat die internet van die verskaffer tot jou huis kan kry.  Siende dat jy by MWEB 1 Gig data teen net R29 ‘n maand kan kry, is die Telkom lyn se koste nie juis weglaatbaar nie.  Die goedkoopste vir 384 kbps is R152 ‘n maand.  Ek is nie meer lus vir sukkel nie en ek het iets vinniger in gedagte. 

Telkom sou tot op die punt ‘n onwillige, maar tog desperate, klient verwerf het.  Maar hulle gulsigheid het nie juis perke nie.  Sien, voordat jy ‘n ADSL lyn kan kry, moet jy ‘n gewone telefoonlyn ook kry.  Een waarvoor jy moet betaal of jy dit wil hê of nie.  Dit is ook aansienlik meer as R100 ‘n maand.  Waarskynlik omdat dit die enigste manier is om mense te oortuig om ‘n Telkom foon te hê. 

Ek kan nie sien hoekom die telefoonlyn in my keel afgedruk moet word nie.  Ek kan geen voordeel in ‘n Telkom lyn sien nie.  Ek het immers ‘n selfoon met BBM, WhatsApp, FB en ‘n sms bundle kom.  Boonop het gratis minute as ek nou regtig met iemand moet praat.  Die gratis minute is van toepassing op almal se nommers, nie net uitgesoekte netwerke nie.  Telkom kan my nie dieselfde bied nie.  Ek moet dus betaal vir ‘n Wit Olifant net vir internet. 

Ek reken dit kom neer op uitbuiting, anti-kompetiewe gedrag (waarvoor Telkom juis onlangs ‘n vet boete gekry het) en dit is ‘n skending van my verbruikersregte.  Ek wil vandees week nog uitvind of die wat van beter weet met my saam stem.  Intussen . . .

Enige raad hoe ek vir my ‘n posduifhok kan bou en waar ek goeie en betroubare posduiwe kan kry?  Net die posduiwe, ek wil regtig nie ook kapokkies by hê nie. 

Breinvasbrand:  In watter jaar het Telkom ‘n kroekspul op hulle eie geword (gestig)?

Breinlosbrand:  Olga was reg met die Baron van Kelvin.

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

2 04 2012
Bileam se Donkie

Baie oulike prentjie! Sterkte met die konneksie!

Ek kan maar nie sonder my bodemlose ADSL van Atlantic (R199 pm) leef nie, wel met daardie stadige R152 Telkomlyn…

2 04 2012
MaanKind

No ways! Tussen Telkom en Mweb kry ek Die Beste Diens, teen baie goedkoper as enige 3G of daardie klein koordlose skotteltjiegoed. Vinnig, 24/7 skakel, teen gesamentlik minder as R600 pm, uncapped data.

2 04 2012
Plasie

Ek ruil my vastelyn Telkom ADSL vir niks anders nie, want niks anders tans by ons beskikbaar my kan beter waarde vir geld, betroubaarheid of spoed gee nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: