Chamber of Horrors

29 03 2012

Miskien is dit net my yskas wat ‘n plek van onheil is.  Ek wonder soms of ek nie ‘n krieketkolf byderhand moet hou as ek daarin moet gaan nie.  Daar is verseker dinge aan die broei daar. 

Ek het nou wel nie die grootste van yskaste nie en sover ek kan oordeel kwyt hy homself nogal goed van sy taak.  Dit is seker nie sy skuld dat ek soms wel groente en vrugte koop en dit dan getrou in die yskas bêre nie.  Die groot probleem is seker dat ek daarvan vergeet.  Geheel en al. 

Ek weet daar is melk en margerien in die yskas en ek het nogal ‘n vermoede dat daar jogurt ook is.  Af en toe sukkel ek om plek vir iets te kry en dan moet ek wonder hoekom die yskas so vol is.  Dit is dan wanneer ek verdroogde of bederfde groente, vrugte en selfs kaas kry (het ek dan kaas gekoop???).  En sien hoe vol stof die ding is.  Ek meen, hoe het daar stof in die yskas gekom?  Daar is ook een of ander onidentifiseerbare vloeistof.  Ek is dan skoon verbaas dat die melk nie suur is en dat ons nie een of ander vergiftiging opgedoen het nie. 

Ek moet toegee, dat die yskas nie net onaangename verrassings inhou nie.  Daar kruip soms ‘n bottel of drie sap of koeldrank weg.  Ek het onlangs selfs ‘n bottel wyn in die yskas gekry.  Weereens geen idee waar dit vandaan kom nie.  As jy diep en lank genoeg soek is die kanse goed dat jy sjokolade kan kry.  Wat net mooi niks makeer nie. 

Jy moet net dapper wees.  En hoop niks bespring jou nie.  Aan die anderkant, wat beteken ‘n skattejag sonder gevaar?

In watter toestand is jou yskas?  Hoe hou jy dit in ‘n aangename toestand?  Hoe sorg jy dat die bederflike goed gebruik word voordat dit hare groei?

Breinvasbrand:  Waarvan is die naam Kelvinator afgelei?

Breinlosbrand:  Olga was eerste reg met Nancy.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

29 03 2012
Olga

eerste.
Dit was om eer te bring aan willim thomson, die baron vn kelvin wie die uitvinder was van die temperatuur skaal.

29 03 2012
Olga

as jy die yskas was, sit gerus n paar druppels vanilla essens in die water.
Vandat die kinders uit die huis is, is ek geneig om aliens in my yskas te vind. Sulke rooi, verrimpelde koppies met wit hare. Wat my laat wonder hoekom het ek nie self die halwe tamatie geeet nie. Dan kon dit nie aliens na my yskas lok nie.

29 03 2012
nats90210

Ek het so paar botteltjies wat ek soms te bang is om oop te maak! So dan bere ek dit tot ‘n ander dag wanneer my maag sterker is! Of soms op vullis dag sal ek skoon maak en alles weg gooi wat net bietjie af lyk!

Was die bottel wyn al oop? Dalk hoekom jy van dit vergeet het 😉

29 03 2012
MaanKind

My yskas is skoon en georden, met geen verrassings nie! Meer danksy MaanMan as aan my, ek pak altyd iets in bakkie, en vergeet soms daarvan.

29 03 2012
Sonlig

My ondervinding is soos volg:

Koop een boks perskes en dis nie genoeg nie – almal baklei daaroor.
Koop twee….en altwee vrot.

so…hou jouself in en koop nooit meer as een nie – al is dit 3 vir R10!

29 03 2012
gerdajansen1

die oumense het altyd n klont steenkool in die yskas gehou om reuke te keer. my yskas is altyd

wel…

… leeg!

30 03 2012
jagternw1976

‘n Oop bakkie met koeksoda in – Absorbeer onaangename reuke.

My “trick” van ‘n netjiese yskas is om die ding elke dag ooptemaak, en dan te loer. Maak toe en dink watse ete kan voorberei word met dit wat ek gesien het. Maak weer oop en haal uit – GEBRUIK dit wat in die yskas is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: