Kinders vir Vuil Werk

28 03 2012

Daar is vandag ‘n berig in Beeld hoe ‘n kleuter gebruik was om goed van Super CD te steel.  Ek dink die blote gedagte sal enige ordentlike mens met afgryse vervul.  Dit is tog blote ordentlikheid wat vereis dat ‘n mens nie ‘n kind gebruik om jou vuilwerk te doen nie.  Tog is dit geen nuwe gier nie. 

Dink maar aan Oliver Twist wat geleer was om mense op straat te beroof.  Daar was moeilikheid as hulle by die huis gekom het met te min buit.  Ek herinner my ook aan ‘n ander storie (die naam ontgaan my nou) waar ‘n kind saamgesleep was om deur ‘n venster te kruip om iets te gaan steel.  Goed, dalk fiktiewe voorbeelde, maar nogtans voorbeelde wat op die wêreld van die tyd gegrond was. 

Dit is vandag nog algemeen om ‘n kind by ‘n klein venster te laat inkruip om die huis van binne af oop te maak.  As die oopmaak nie moontlik is nie, kan die kind wel waardevolle goed na die vensters dra.  Ek onthou ‘n artikel van ‘n paar jaar terug waar kinders in Indië gebruik was om deur die riool pype te kruip om huise te beroof.  Die kind het dan die huis deur die toilet ingekom en dan juwele en goed gegaps. 

Winkeldiefstal word ook dikwels deur kinders gepleeg.  Ek het gehoor van die geval waar die versorgers die kind gaan wys wat hulle nodig het en dan buite gaan wag.  Niemand steur hulle mos gewoonlik aan die kom en gaan van kinders nie.  Daar is ook die ouers wat niks daarvan dink om die kinders te stuur om te gaan bedel nie.  ‘n Kind kry tog immers altyd meer simpatie as ‘n groot mens.  Ek praat dan nie eers van die wat teel vir ‘n toelaag nie. 

Daar is mense wat meer subtiel te werk gaan, maar kinders net so skaamteloos uitbuit.  Ek praat nou spesifiek van die mense wat ‘n kind gebruik om ‘n ander in ‘n egskeiding te benadeel.  Die ma wat haar dogter opsteek om te verkondig dat die pa met haar gelol het.  Kinders wat gebruik word om op die ander party te spioeneer.  Kinders wat opgesteek word om die ander party te straf.  Mens kan seker ‘n hele skrywe wy net oor onderhoud.  Die een party wat die kinders misbruik om meer geld te eis as wat nodig is of die ander wat die kinders laat ly sodat die versorger nie ‘n aks voordeel trek nie. 

Kinders is seker handige gereedskap, maar wat gebeur die dag wanneer hulle die gereedskap hanteer?  Word dit ook maar net ‘n bose kringloop van misbruik?  Word die vaardighede wat hulle nooit moes leer nie vir die normale lewe aangewend?

Hoe voel julle oor mense wat kinders vir vuil werk aanwend?  Watter ander voorbeelde is daar waar kinders skaamteloos misbruik word?

Breinvasbrand:  Wie was Oliver Twist se vriendin wat basies vir hom gesterf het?

Breinlosbrand:  120 / 80

Advertisements

Aksies

Information

23 responses

28 03 2012
Olga

eerste
nancy?

28 03 2012
seegogga

tweede, ja beslis Nancy

28 03 2012
Olga

wp begin my nou ernstig af te pis.
Eers was dit die log in bog wat dalk goed is, as mens dink aan al die anonieme ‘mense’ wie jou kom kak byt omat iemand nie saamstem met wat jy se nie. Maar die nuwe bog is 1 te veel.

28 03 2012
Olga

kyk nou het wp blog ‘kind’ gebruik om my bloeddruk op te jaag.

28 03 2012
Olga

wp begin my nou ernstig af te pis.
Eers was dit die log in bog wat dalk goed is, as mens dink aan al die anonieme ‘mense’ wie jou kom kak byt omat iemand nie saamstem met wat jy se nie. Maar die nuwe bog is 1 te veel.
Kyk hoe het wp nou n blog ‘kind’ gebruik om my bloeddruk op te jaag.

28 03 2012
Olga

i rest my case. Ek sukkel nog om 5c te post. Want se elke keer ‘all required fields mt completed.’ intussen word 5c gepubliseer. Jammer dis lent.

28 03 2012
rondomtaliedraai

Ouers wat kinders druk om te bereik wat hulle nie kon nie, is ook misbruik.

28 03 2012
Kokkewiet

Goeie stuk! Ek voel ook so oor ouers wat kinders gebruik tydens en na ‘n egskeiding – die kinders het nie gevra om in daardie situasie te wees nie.

In my geval, baklei ek my simpel dat my seun se pa net die nodige aandag aan hom moet gee.

28 03 2012
gerdajansen1

hulle het die seker tevore ook gedoen en daarmee weggekom.

28 03 2012
MaanKind

In ‘n boek van Lesley Pearse, Never look back, is kinders al eeue gelede gebruik, hulle is opgelei as sakkerollers in Londen, en ook New York.

28 03 2012
MaanKind

Die bobbejane in Bettiesbaai doen dit ook! Hulle tel kleintjies deur die venster, en die steel dan pakkies tjips uit die winkel.

28 03 2012
nats90210

Wat die?? Kinders deur rioolpype stuur en dan deur die toilet gekom? Hoe het hulle gepas en asem gehaal? Ek neem aan hulle toilette verskil BAIE van ons sin?

Ek sal nooit ‘n kind of kinders in ‘n egskeiding misbruik nie – my Ma het nie, en vandag het ek meer respek vir haar agv daarvan! Ons kon my Pa sien net wanneer ons wou en vir hoe lank ons wou!

Vriende van ons het die sekuriteit vir ‘n winkel (roep dit sommer Makro) gedoen en gesien hoe ‘n gesin, ma pa en kinders ‘n duur tent in ‘n goedkoop tent se boks probeer in druk! Ai tog!

28 03 2012
nats90210

O ja as jul wonder – dis ek Selene Phoenix!

28 03 2012
Sonlig

Het jy die film August Rush gesien?

28 03 2012
Toortsie

Gaan dit oor gewete? Of nie beter weet nie? Of al so ver verval?

28 03 2012
Grappie

I was in the six item express lane at the store quietly fuming.

Completely ignoring the sign, the woman ahead of me had slipped into the check-out line pushing a cart piled high with groceries. Imagine my delight when the cashier beckoned the woman to come forward looked into the cart and asked sweetly, ‘So which six items would you like to buy?’

Wouldn’t it be great if that happened more often?

28 03 2012
Grappie

Because they had no reservations at a busy restaurant, my elderly neighbor and his wife were told there would be a 45-minute wait for a table.

‘Young man, we’re both 90 years old, ‘ the husband said …’We may not have 45 minutes.’ They were seated immediately.

28 03 2012
Grappie

The reason Politicians try so hard to get re-elected is that they would ‘hate’ to have to make a living under the laws they’ve passed.

28 03 2012
Grappie

All eyes were on the radiant bride as her father escorted her down the aisle. They reached the altar and the waiting groom; the bride kissed her father and placed something in his hand. The guests in the front pews responded with ripples of laughter. Even the priest smiled broadly.

As her father gave her away in marriage, the bride gave him back his credit card.

28 03 2012
Grappie

Women and cats will do as they please, and men and dogs should relax and get used to the idea.

28 03 2012
Grappie

Three friends from the local congregation were asked,

‘When you’re in your casket, and friends and congregation members are mourning over you, what would you like them to say?’

Artie said: ‘ I would like them to say I was a wonderful husband, a fine spiritual leader, and a great family man.’

Eugene commented: ‘I would like them to say I was a wonderful teacher and servant of God who made a huge difference in people’s lives.’

Al said: ‘I’d like them to say, ‘Look, he’s moving!’

28 03 2012
Grappie

Smith climbs to the top of Mt. Sinai to get close enough to talk to God.

Looking up, he asks the Lord… ‘God, what does a million years mean to you?’

The Lord replies, ‘A minute.’

Smith asks, ‘And what does a million dollars mean to you?’

The Lord replies, ‘A penny.’

‘Smith asks, ‘Can I have a penny?’

‘The Lord replies, ‘In a minute.’

28 03 2012
Grappie

A man goes to a shrink and says,

‘Doctor, my wife is unfaithful to me. Every evening, she goes to Larry’s bar and picks up men. In fact, she sleeps with anybody who asks her! I’m going crazy. What do you think I should do?’

‘Relax,’ says the Doctor, ‘take a deep breath and calm down. Now, tell me, exactly where is Larry’s bar?’

————————————————————–

John was on his deathbed and gasped pitifully. ‘Give me one last request, dear,’he said.

‘Of course, John,’ his wife said softly.

‘Six months after I die,’ he said, ‘I want you to marry Bob.’

‘But I thought you hated Bob,’ she said.

With his last breath John said, ‘I do!’

————————————–

A man goes to see the Rabbi. ‘Rabbi, something terrible is happening and I have to talk to you about it.’

The Rabbi asked, ‘What’s wrong?’

The man replied, ‘My wife is poisoning me.’

The Rabbi, very surprised by this, asks, ‘How can that be?’

The man then pleads, ‘I’m telling you, I’m certain she’s poisoning me, what should I do?’

The Rabbi then offers, ‘Tell you what. Let me talk to her, I’ll see what I can find out and I’ll let you know.’

A week later the Rabbi calls the man and says, “I spoke to her on the phone for three hours. You want my advice?’

The man said yes and the Rabbi replied, ‘Take the poison’

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: