Jouself vloek

16 03 2012

Daar is ‘n tye dat ‘n mens jouself darem kan verwens.  As enige iemand anders jou deur dieselfde gesit het, sou daar bloed gevloei het.  Dit is egter so dat ‘n gesonde normale mens ‘n sekere mate van selfliefde het en nie van pyn hou nie.  Derhalwe gaan jy nie jouself enige pyn aandoen nie.  Maar daar is tye wat jy jouself sal vloek soos geen ander sal waag nie.  Elke mens is immers hulle eie grootste vyand. 

Om een voorbeeld te noem.  Verbeel jou jy werk ‘n volle dag lank aan ‘n dokument.  As deel van die dokument moet jy omtrent van ‘n 100 ander verskillende dokumente inligting kry.  Jou rekenaar raak ‘n bietjie vol en jy wil een van die verwysings dokumente toemaak.  Tipies microsoft gaan hulle hulleself verbeel daar was ‘n verandering en jy gaan half ongeduldig NEE sê wanneer die vragie gestel word.  Wanneer jy egter na jou harde werk wil terugkeer besef jy met ‘n slag dat daardie vragie ‘n hele dag se sweet was.  En dat daardie onbesonne NEE nie ondaan gemaak kan word nie. 

Dit is dan wanneer jy jouself iets leliks kan aandoen.  Jy moet natuurlik weer van voor af begin en hoop jy mors nie weer op nie.  Natuurlik wil jy eerder Microsoft ‘n brief skryf oor hulle simple sagteware.  Ek meen.  Kan die verbrande rekenaar my nie vertel ek het ‘n hele vervlaksde dag geswoeg aan die dokument en dat ek my laaste 3 hare daaroor gaan uittrek nie? 

Wat het jy al ooit aangevang waarmee jy jouself al liederlik verwens het?


Aksies

Information

17 responses

16 03 2012
rondomtaliedraai

Ken die gevoel Sterkte

16 03 2012
hoendersop

Ek het al 10 ure se werk verloor. Nie omdat ek nie gesave het nie, maar omdat ek my nie gesteur het aan die boodskappie in die blokkie wat sê: “Word is running out of memory”. After all, wat kan ek tog daaraan doen, ek kan mos nie vir Word help met meer memory nie. Uiteindelik sit ek met ‘n 300 bladsy dokument vol computer-vloek – net simbooltjies en tekentjies. Elke technophobe het kom kyk maar my dokument was weg – gelukkig het ek die oorspronklike dokument (minus my 10 ure se werk) op my stokkie gehad.

16 03 2012
Sonlig

Oi! Ek kan jou frustrasie aanvoel!

Ek het wel al so gewerk dat ek nooit tussenin save nie en dan……ploeps! is die krag af!

Dan praat ek Frans soos jy nie kan glo nie!

16 03 2012
Sonlig

Hoekom moet mens nou skielik inlog om ‘n eier te kan lê?

17 03 2012
Olga

vra ek mos ook! Met jot pin and awl. Vir wie almal om te sien?

17 03 2012
Toortsie

Ek wou al vanoggend kommentaar gelewer het, maar helaas, ek kon nie, want ek was op my selfoon!!
Ek ken daai gevoel van nie “save” nie…
My mond bring my in die meeste moeilikheid, dié dat ek praat lank voor ek gedink het…

17 03 2012
Toortsie

En waar is die heks?

19 03 2012
W A J

Nou watse stront isit met WP dat ek moet inlog om te kan praat ? ? ? a-nee-a !

19 03 2012
Olga

Vra ek ook.

19 03 2012
J W W

En wat de moer gaat aan met my naam ???

22 03 2012
Grappie

Seuntjie sit eenkant en snik na sy ma met hom geraas het.

Pa ‘Wats fout seun?’

Seuntjie. ‘Ek soek my eie vrou ….eks moeg vir jou vrou se k@k!

22 03 2012
gerdajansen1

lmga. kry vir jou seuna.

23 03 2012
seegogga

Wat ek nou graag wil weet is: Waar is XENA PHOENIX, HERRIEMERRIE, LAVIGA HEKS , NUUSBROKKIES en al daai lekka goeters???? dis bietjie stil van jou kant af! Terloops ek het wordpress oor dit vingers getik omdat jy net neres is op topblog ens nie en hulle het gese hulle sal die sakie regstel- en nou is jy sommer heeltemal nerens nie( ma ek het ;n vermoede wordpress is nie nou die sondebok nie….)

23 03 2012
Toortsie

ek sien DMI is ook elders.
En die merrie….
is jy baie besig om daai dokument te herstel? of WAT GAAN AAN???
met vakansie???

23 03 2012
seegogga

sy’t spoorloos verdwyn! Nes Leon! Ma ek het darem van Leon gehoor en hy is ok., nou wag ons in spanning vir ‘n opu antwoordjie hierso.

24 03 2012
Nou? Of toe? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] is maar lief om nostalgies te raak oor hoe dinge in die ou tyd was, of toe ons kinders was. Xena het vir Klippie uitgedaag om te skryf oor dinge wat nou beter is, en ek kon nie help om ook lus te […]

25 03 2012
Hou jy van my? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…] sedert hierdie blog in September 2010 begin het, 18 maande later, het ek sowaar 100 likes gekry! (Xena, dink jy dis wys om dit in die oopte te vertel, dit moes al by 10 000 gedraai het!!) Nou ja, daar […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: