Bloeddruk Vriende

15 03 2012

Ek dink elke vrou het ten minste een bloeddruk vriendin.  Ek is nie so seker of mans dieselfde situasies ervaar nie. 

‘n Bloeddruk vriendin is ‘n vriendin wat altyd jou bloeddruk om een of ander rede opjaag.  Eintlik weet jy nie hoekom julle vriende is nie, want elke keer wat jy met haar te doen het, vererg jy jouself bloediglik.  Ten spyte daarvan is julle nogtans vriende en jy het geen planne om nie meer vriende te wees nie. 

‘n Bloeddruk vriendin lyk nie altyd dieselfde nie.  Dit kan Marie wees wie se man haar gereeld rondklap.  Sy het jou in haar vertroue geneem, maar eintlik kan jy net nie verstaan hoekom sy hom nie uitskop nie.  Dit kan Daleen wees wat ‘n affair het, al het sy ‘n wonderlike man.  Sy stem met al jou redelike argumente saam, net om die volgende dag weer te val.  Miskien is dit Retha wat meer voorskrifmedisyne ‘n dag inneem as wat ‘n normale mens kos eet.  Gina het weer ‘n neiging om ‘n klomp snert te verkondig en dit dan boonop self te glo en Alet se lewe stort in mekaar al het sy regtig niks om oor te kla nie. 

Alles mense wat jou wieletjies pap maak en op jou laaste druppel energie parasiteer.  Jy weet dit, maar jy laat dit nogtans toe.  Hoekom?

Dalk omdat dit tog op die einde van die dag tog vermaaklik is.  Drama is altyd ‘n goeie verkoper en ‘n ander se drama is tog ook soveel meer interessant.  Dit is moontlik net weer ‘n geval van dat verskillende mense verskillende behoeftes in ons lewe vervul.  Net miskien is dit die vriendin wat jy ten alle tye op kan reken om jou uit ‘n gemors kan help.

Het jy ‘n bloeddruk vriendin?  Wat van jou vriendinne laat soms jou bloeddruk styg?  Is jy dalk self ‘n bloeddruk vriendin? 

Breinvasbrand:  Wat is normale bloeddruk?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Alexander Maconochie.


Aksies

Information

7 responses

15 03 2012
rondomtaliedraai

Jy moet sien hoe skud my kop op en af soos ek saamstem… dis tog so waar! Maar dan kry mens ook die vriendin wat altyd mens se bloeddruk kan laat daal. Die wyse en verstandige een op wie skouer jy kan huil en lag tot jou maag pyn.

15 03 2012
Olga

110/70?
Is daar nie iets in almal wat jou bloeddruk die hoogte inskiet nie?
Ek verpes die ‘laat Gods water oor Gods akker’ loop mense. Hulle is net eenvoud4 te ellendig om 1 aks pad te gee om te keer dat die water hulle nat maak. Loop die water weer te ver, sal hul net bly sit waar hul voete heerlik nat kom word as hul net hul bene sou UITSTREK!

15 03 2012
Olga

ekskuus, ek verpes die houding, nie die mens nie. Beter gestel, dis die houding wat my bloeddruk opjaag.

15 03 2012
klippie

Iemand wat sy probleme joune maak en deur middel van manipulering wil he dat jy die probleem moet oplos. Vir hulle hou ek myself baie dom.

16 03 2012
Olga

iemand se baas kry weer vandag waarde vir sy geld.

16 03 2012
Frances

Hi, almal het nou per toeval op die artikel afgekom en moet sê ek stem heelhartig saam, daar is net daai mense wat jou bloeddruk die hoogte in jag

23 03 2012
Celia Neveling

Ja, beslis. Daardie vriendin wat jy net wil tik elke keer as sy iets sê, maar ek het meestal uit my lewe gesny. Met my twee tiener dogters het ek genoeg drama om my ‘n leeftyd besig te hou. Lekker naweek vir jou!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: