Aanstoot Afstoot

12 03 2012

Die Engelse het ‘n uitdrukking van “let the punishment fit the crime”.  Ek hoef dit seker nie te verduidelik nie.  Dit kom basies daarop neer dat iemand nie vir 9 jaar tronk toe gestuur word as hulle ‘n brood gesteel het of vir 30 dae in die tronk gaan sit vir moord nie.  ‘n Eenvoudige beginsel, tot ons kom by die sogenaamde k-woord.  Ek verwys nou spesifiek na die 6 letter een met ‘n dubbel FF in die middel en wat met ‘n R eindig.

Daar is juis vandag weer ‘n halwe artikel in die Rapport oor Darren Scott.  Voorheen bekend as ‘n radio omroeper en sport anker, maar nou gebrandmerk as een wat die K woord geuiter het.  Siende dat dit by ‘n geleentheid van die radiostasie plaasgevind het, sou hulle verseker moes stappe neem.  Hy het egter bedank voordat daar enige besluite geneem was.  Hy dronk geskellery het egter ook sy werk by Supersport gekos.

Die gevolg is dat hy 6 maande gelede laas geld verdien het.  ‘n Netelige situasie vir enige een.  Om sake te vererger is sy seun (15 maande oud) met kanker gediagnoseer.  Menige ouer se grootste vrees.  Die behandeling gaan R300 000 kos, geld wat hy doodeenvoudig nie nou het nie.  Met ‘n skandevlek wat min of meer verseker dat hy nie weer in die openbare oog sal werk nie.

Ek het altyd na hom verwys as die drol van die dekade en ek sal dit seker weer doen as ek hom ooit weer op die lug gewaar.  Ek hou nie van hom nie, maar gee die duiwel wat hom toekom.  Ek herinner my aan ‘n keer wat hy die skoolfonds van ‘n gesin uit sy sak betaal het.  Ek onthou ook van ‘n  seun wat hy vir ‘n dag aangeneem het en omtrent alles gekoop het wat die kind begeer.  Hy het ‘n Good Morning Angels Million – ‘n gholfdag vir Good Morning Angels begin.  Sy brood was dus op die water gewerp en ek is seker dat daar nou vir Mark Scott brode sal wees.  Ek dwaal egter af.

Punt is egter nog steeds dat sy “straf” nie sy oortreding pas nie.  Wie van ons snou nooit iemand iets toe nie?  Dalk nou die gevreesde K-woord nie, maar drol, poephol, sot, idioot ens val eintlik in dieselfde klas.  Toegegee, weens ons geskiedenis behoort ons seker meer sensitief oor die K woord te wees.

As ‘n mens alles moet glo wat deesdae in die koerante staan, is daar deesdae ‘n groep mense wat graag die K-woord aanwend.  Elke keer veroorsaak dit ‘n semi-oorlog, verwyte en kortom ‘n gemors.  Almal weet dat die woord taboe is en daar is tog geen nodigheid daarvoor nie.  As ‘n mens nie uit ordentlikheid jouself kan weerself kan weerhou nie, moet jy seker ly wat daarop volg.

Maar sonder genade?  Behoort jou lewe verwoes te word vir ‘n woord?  Soos die Engelse sê:  “Sticks and stones, may break my bones, but words will never hurt me.” Wel, nie fisies in elk geval nie – tensy woorde in dade omgesit word.

Ek reken ‘n gepasde straf behoort ‘n boete van ‘n paar honderd rand te wees.  Die geld moet verkieslik vir een of ander goeie saak aangewend word.  Die oortreder is dan op ‘n gepasde wyse gestraf en daar kom iets goeds daarvan.

Dan weer, die K-woord is nie die enigste skelwoord nie.  Behoort ander nie oor dieselfde kam geskeer te word nie?

Hoe voel julle daaroor?

Breinvasbrand:  Van watter taal word kaffir afgelei waar dit ongelowige beteken?

Breinlosbrand:  Bileam was reg met Mobil.


Aksies

Information

8 responses

12 03 2012
Olga

arabies dink ek.
Eerste.

12 03 2012
Olga

ek dink terwyl swart mense van boer / koelie / boesman praat het hulle geen reg of rede om te pis oor kaffer nie.
Ek het in verlede week se hg gelees van darren scott se lewe na die ‘k-woord.’ dis om die minste te se belaglik. Snaaks hoe tradisionele woord in n skel-woord verander word wanneer dit na swart mense verwys.

12 03 2012
Olga

die huisgenoot artikel noem egter nie dat scott se seuntjie kanker het nie. Die k woord is baie erger as kaffer. Maar dit is nou net my mening.

12 03 2012
Gerda. J

ek dink in elk geval swart mense wil wit wees. vandaar die duur rome. om hulle velle ligter te maak en ek meen nie nou net michael jackson nie. en die pruike met wit mens hare in witmens klere wat hulle dra.

12 03 2012
JWW

Wel, as mens ‘n renoster skielik nou ‘n buffel noem, maak dit van hom ‘n buffel??? NEE !

13 03 2012
Selene Phoenix

Dis belaglik!! Ou JM kan sing “Kill the boer” wat sy volgers gaan staan en uitleef maar dis aanvaarbaar!! Wonder wat sal van ons word as ons sing “Kill the K”??? Wereld oorlog? Jip!

Ek hoop regtig Darren kom weer op sy voete! Sy seun se mediese kostes gaan R300 000+ wees so ek hoop regtig dinge kom reg! Ja die woord is verban, maar hoekom kan ons sing oor mense dood maak??

13 03 2012
Olga

Ons sing nie oor mense doodmaak nie. Dit is die swart prerogatief. Ons moet maar bekhou en hoop hulle skiet mis. of ons kan sing bobbejaar klim die berg.

13 03 2012
Olga

Of mag mens dit nie meer sing nie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: