Die Tragedie

11 03 2012

Ek het al ‘n keer of wat genoem dat Pick n Pay paasbolle vir my onweerstaanbaar is. Van die oomblik wat ek my voete in Kies en Betaal sit, roep hulle my.  Die soet spesery reuk lok my keer op keer na waar hulle net wag om in my mandjie te spring.  Selfs al styg hulle met ‘n volle R3 wanneer hulle veronderstel is om op ‘n special te wees. 

Toe tref die tragedie. 

Pick n Pay het met die resep gekarring!  Ek toer nogal baie in Gauteng rond en nog altyd het die paasbolle my in enige Pick n Pay geroep.  Nie meer nie. 

Mens koop maar dikwels uit gewoonte iets.  Ek was wel bitter teleurgestel toe ek die eerste keer agterkom dat die PnP paasbolle na gewone paasbolle proe.  Niks om oor huis toe te skryf nie.  Ek is ‘n redelike mens en ek het dit as ‘n glips afgemaak.  ‘n Paar weke en 4 Pick n Pays later moet ek aanvaar die koeël is deur die kerk!  Die resep is aangepas en dit doen die baksel geen eer aan nie. 

Ek reken iemand het besuiniging wette ingebring en daarmee die bekoring wat PnP paasbolle vir my gehad het, verbreek.  Ek moet seker dankie sê.  Die paasbolle hardloop nie meer agter my huistoe nie.

Maar nogtans betreur ek die heengaan.  Dit WAS darem maar vrek lekker hot cross buns GEWEES!

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

11 03 2012
Olga

one a penny
two a penny
hotcrossbun
if you have no daughter
keep it from your son 🙂 😆

11 03 2012
Olga

hotcrossbuns nes krismis carols, is ‘n tragedie. Nes ‘n mens daaraan gewoond raak, is hulle tyd verby. Pnp in hazyview sn ruik jy nie eers wanneer jy voor hulle staan nie. Dit moet dan die rede wees hoekom mens dit nie ruik nie.

11 03 2012
seegogga

stuur die mail vir pick en pay of sommer vir Raymond Ackerman . Ek is seker hy sal die sakie regstel en die simpel sjef wat aan die resep gekarring het, in die pad steek. Mens lol nie met ‘n wenresep nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: