Laat die wiele rol

9 03 2012

Ek weet nie van julle nie, maar die huidige petrolprys wat volgende maand weer skerp gaan styg, laat beslis nie my fietspomp fluit nie.  Dit laat dit aanslaan en sommer roes ook.  Ek is nie die enigste een nie.

Nou nie dat ‘n mens iets aan die internasionale olieprys of Amerika se magbeheptheid kan doen nie.  Mens kan kerm en kla oor al die regering se belastings en heffings, maar dit sal net ‘n vermorsings van energie wees.  Daar moet daadwerklik na ander energiebronne of vervoer gekyk word.

Engen het tans ‘n advertensie waar almal op hulle winkeltrollies klim en daarmee rondry.  Snaakse voorstel vir ‘n maatskappy wat petrol verkoop en persoonlik is ek nie lus vir trollies steel nie.  Daar was egter ‘n paar jaar gelede ‘n Volkswagen advertensie wat ek wel sal probeer.

Onthou julle die man wat op sy dromme geklim het om iewers heen te gaan?  Nou dit, is wat ek cool sal noem.  As almal dromme het, sal dit dalk met ‘n hoofpyn gepaard gaan.  Dalk moet ons verskillende musiek instrumente gebruik.  ‘n Verdraaiing van die New Seekers wat die wêreld wou leer sing het. Hoe almal aan dieselfde iets sal kan speel en niemand gaan droog maak nie, weet ek nie.

Petrol hoef nie noodwendig van olie te kom nie, ons het immers SASOL wat petrol van steenkool maak.  Ek dink al jare lank dat riool in brandstof ontskep moet word.  Dit moet tog iewers verwerk word om vars water te skep.  Ons sit ook met ‘n suur mynwater probleem.  As dit in brandstof omskep kan word, is die probleem opgelos.  Die probleem met nuwe myne ook.  Daar gaan nou wel sekondêre besoedeling wees, maar dit is hoekom mens wetenskaplikes kry.  Hulle moet dit oplos.

Dit is nou nie baie prakties om perde of donkies aan te hou nie, maar Suid-Afrika het oorvol tronke.  Gebruik die tronke eerder vir haweloses en die misdadigers vir alternatiewe vervoer.  Al die wagte kan die strate patroleer om seker te maak die misdadigers gedra hulle.  Die geweldenaars word bedags aan ‘n drastoel of ‘n waentjie en saans aan ‘n vloer vasgeketting.  Tussen deur hol hulle rond om gewone Suid-Afrikaners te vervoer.  Dit is ‘n moontlikheid van die mense wat vir 700 jaar tronk toe gestuur word en die wat ‘n week lank moet gaan afkoel.

Dit klink vir my na ‘n plan en ‘n half. Watter voorstelle het jy vir alternatiewe vervoer?

Breinvasbrand:  As wat het Engen voorheen bekend gestaan?

Breinlosbrand:  Demoerin was reg met Bliksem.

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

9 03 2012
Bileam se Donkie

Jy kry ‘n eretoekenning van die Uitnemende Donkie Vereniging vir daardie pragtige foto!

9 03 2012
Bileam se Donkie

Engen was mos eers Mobil gewees hier.?

9 03 2012
demoerin

Dit gaan nie net oor alternatiewe brandstof nie…dit gaan oor die geld. Dit gaan oor hoeveel maatskappye en regerings geld maak uit brandstof. Ek dink daar moet ‘n wet wees, waar elke personeellid van elke maatskappy ten minste 2 dae van die week van die huis af moet werk. Dis ‘n begin vir minder brandstof gebruik.
Ek hou van jou idee….soos ek gesê het, laat hulle bietjie werk vir hulle free room and board.

9 03 2012
Olga

Wat van laat die politikuste die misdadigers oor etenstyd aflos? Dit sal hulle sommer help om minder na die room afskeppers wat hulle is, te lyk. As die suurmynwater in petrol omskep kan word, sal die staat seker ‘n 125% belasting heffing daarop sit. Dis mos baie logies.

Hulle moet nog net die regte kommunistiese wetenskapliks vind om die navorsing te doen. Dan weer, WAT MAKEER JOU??? jY IS MOS ‘N WETENSKAPLIKE!!!

9 03 2012
Olga

Jy is mos ook ‘n kommunis. ‘n Perse indien ek dit nie mis het nie.

9 03 2012
Gerda. J

maar is die ou donkie – vulletjie nie net die bekoorlikste ou dingetjie nie?
sal die misdadigers / politici rickshaws trek of pram stoot?

10 03 2012
Toortsie

Daai drastoel opsie klink lekker. Al probleem is dat dit die misdadigers se regte gaan aantas!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: