Omstredenheid om te kan besig lyk

7 03 2012

Wetgewing verander met die verloop van tyd.  Ek sal selfs sover gaan om te sê dat dit moet verander, die wêreld en samelewing as sulks staan immers nie stil nie.  Buitendien is ek baie verlig dat ek in ‘n tyd lewe waar ‘n lyk nie vermink word omdat die persoon selfmoord gepleeg het nie.  Dat howe nie meer die reg het om iemand oor ‘n paar korrels rys te brandmerk nie.  Ek is veral bly dat vermeende heksery nie meer op ‘n brandstapel eindig nie.

Wette moet verander – bowenal om die wêreld ‘n beter plek te maak.  Beter, veiliger, mensliker en selfs meer beskaaf.  Ek dink egter alhoemeer dat die ANC aan wetgewing karring om besig te lyk.  Om seker te maak almal weet hulle lyk besig, moet alles wat hulle doen omstrede wees.  Het julle al agtergekom hoeveel van hulle nuwe wette of wetwysigings gaan vooraf gegaan met omstrede?  Verder maak hulle uitsprake wat enige regdenkende mens op hol het.  Die probleem is dat hulle mal woorde dikwels nie leeg is nie. Vandag bisar en more wet.

Goed, hier en daar is daar seker ‘n groep wat wel probeer om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak.  Nasionale Gesondheids Versekering as ‘n idee is nie sleg nie.  Dalk ‘n onbereikbare droom, maar die beginsel is ‘n goeie een.  Die probleem is hoe om dit te bekostig.  Ek stem nou wel nie met die voorgestelde wetgewing oor drank advertensies saam nie, maar ek kan sien waar dit vandaan kom.  Ek dink nou wel nie dat dit die oplossing is nie, maar ek het immers nie ‘n drank probleem nie.  Selfs die simpele, idiotiese idee om die spoedgrens na iets belaglik soos 80 te verlaag, het edele bedoelings.  Al is ek glad nie van plan om my daaraan te steur nie.  In al die gevalle voel ek dat die ANC net verder moet dink as wat hulle neuse lank is.  Nie juis dat lang neuse volop in die ANC is nie (jammer, ek moes nie).

Dit is egter daardie wette wat soos Aprilgrappe lyk wat my laat wonder.  Ek verstaan die ANC wil graag medisyne begin maak, meer spesifiek antiretrovirale middels.  Dalk moet hulle eerder met hipertensie begin.

Dit het begin met die fluisteringe dat gewillige koper-verkoper beginsel nie werk nie.  Skielik het ‘n wet kop uitgesteek wat persvryheid en vryheid van spraak bedreig het.  Daar was geskreeu dat myne genasionaliseer moet word.  Toe loop hulle hulle self in die grondwet vas.  Geen probleem, nou wil hulle aan die grondwet karring.  En dit is geen geheim dat hulle dit ‘n ANC vriendelike dokument wil maak nie.  Boonop wil hulle die grondwetregters se hande ook afkap.  Die ANC se wil moet geskiet – ten alle koste.

Natuurlik raak enige redelike mens so paniekbevange dat alles gelos word om te gaan keer.  Met rede, anders is ons as Suid-Afrikaners gedoem.  Sodoende lei die ANC die aandag weg van hulle tekortkominge.  Die matrikulante raak by die dag dommer, geen mens is jou lewe meer in ‘n hospitaal seker nie, grondeise wat misluk weens ‘n klein poel wat weer en weer voordeel trek.  Geld word nog steeds in die gatsak gesteek in plaas om dit na die armes te herlei, infrakstruktuur tuimel in mekaar, skoon water is deesdae net in ‘n bottel.

‘n Verantwoordelik regering sal eers regmaak wat fout is.  Dan raak hulle verveeld en gaan soek moeilikheid wat kon gebly het.  Aan die ander kant, dit is veel minder moeite om te skoor as om te doen wat verwag word.

Die hemele behoed ons.

Breinvasbrand:  Wat word die ANC se besigheidsafdeling genoem?

Breinlosbrand:  Die eerste trimester (dus 3 maande of 12 weke)

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

7 03 2012
Olga

daar was idi amin, robert mugabe en …

… Jacob zuma.

7 03 2012
Gerda. J

is dit nie seda nie?

die anc maak n groot hoe ha oor die hof. dan gaan hulle net soos met die staats pensioen vr oud struggle vegters. (net anc en mkontho wesiswe, sakp ens) ook skelm verander aan die grondwet dat n president net 2 termyne (?) mag dien, gou sonder protes, verander. miskien is dit hoekom die snoerwet vir die media nagestreef word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: