Laat ons lewe

6 03 2012

Ek ken ‘n storie van die ma wat met ‘n baba op die skoot die dokter gaan sien.  Sy is weer swanger maar sien nie kans om so gou weer met ‘n pap baba opgeskeep te sit nie.  Die dokter luister aandagtig en bied dan aan om die baba op haar skoot dood te maak.  Sy kan dan die res van haar swangerskap rus en haar volle aandag aan die nuwe swangerskap wy.  Die ma is natuurlik tot stilte geskok met die voorstel.  Die dokter verduidelik dan aan haar dat om ‘n baba voor geboorte dood te maak is net so erg as om ‘n lewendige baba te laat doodmaak.

Dit is eintlik ‘n protes teen aborsie, ‘n protes wat volgens my wel meriete het.  Daar is nou egter mense (spesifiek Francesca Minerva van die Universiteit van Oxford  en Alberto Giubilini van die Universiteit van Milaan) wat dieselfde argument gebruik vir die doodmaak van pasgebore babas.  Nie net as ‘n vorm van genadedood nie, maar ook as die baba ongewens is om een of ander rede.  Hulle reken dat dit as ‘n opsie oorweeg moet word, dat die ma dus die reg het om oor ‘n “nageboorte aborsie” te besluit. 

Die gedagte is nie juis iets nuuts nie.  Ek dink byvoorbeeld nou aan die boesmans wat een van ‘n tweeling sou doodmaak sodat die ander een ‘n beter kans op oorlewing het.  In Fees van die Ongenooides, word ‘n baba wat uit verkragting gewek is, direk na geboorte doodgemaak.  Ek aanvaar dat dit algemene praktyk in konsentrasiekampe was.  Babas van ongehude moeders het deur die eeue ook ‘n vinnige dood gesterf terwyl die bloed van die geboorte aan hulle gekleef het.  Selfs in moderne hospitale word erg misvormende of bitterklein babas iewers uit die pad gelos dat die natuur haar verloop neem.  ‘n Proses wat soms dae neem. 

Nou het iemand met gesag aangevoer dat pasgebore babas onder dieselfde voorwaardes as ‘n aborsie gedood kan word.  Met groter sekerheid ook.  Daar is vrae oor die akkuraatheid van sonars en amnionsintese.  Fetusse wat gestremd verklaar is, maar wat na die aborsie getoets is en bevind is om heeltemal normaal te wees.  Met die opsie sal jy immers weet of jy die regte keuse maak.  As jy ‘n seun gesoek het en ‘n dogter gekry het, hoef jy nie die fout groot te maak nie.  As jou skoonfamilie jou nie aanstaan nie, hoef jy nie vir hulle ‘n erfgenaam te gee nie.  Al wat dit vat is om ‘n lewendige baba dood te maak. 

Wat beteken dit egter vir die samelewing wanneer ‘n weerlose baba wettig na willekeur om die lewe gebring kan word?  Hoekom die samelewing beperk net tot pasgebore babas?  Sekerlik kan dit ook ‘n koliekbaba vir ewig stil maak.  ‘n Stout bederfde 5 jarige vir altyd laat bedaar.  ‘n Rebelse tiener maniere leer wat hy of sy nooit weer gaan vergeet nie.  As dit doodeenvoudig jou kind is oor wie se lot jy kan besluit, behoort daardie reg tog seker te geld tot die dag wat die kind nie meer onder jou versorging is nie.  Siende ook dat jy oor die lewe of dood kan besluit, is dit dan seker ook jou reg om te besluit wat met die kind moet gebeur.  As jy jou 7 jarige aan gulsige mans wil oorlaat, dit is tog seker jou kind en jou besluit. 

Ek hoop die idee bly net ‘n akademiese debat.  Ek dink dit is eenvoudig genoeg.  As jy dit nie wil groot maak nie, moet dit nie maak nie.  PUNT!

Van die os op die jas.  Volgens Suid-Afrikaanse reg kry die baba regte die oomblik wanneer die naelstring geknip word.  Interessante implikasies. 

Hoe voel julle oor die idee?

Breinvasbrand:  Tot wanneer kan ‘n aborsie op aanvraag wettig in Suid-Afrika uitgevoer word?

Breinlosbrand:  Black Maria


Aksies

Information

10 responses

6 03 2012
6 03 2012
Xena Phoenix

Ek het al op jou blog van die boek gelees. Dit klink baie interessant.

6 03 2012
Olga

tot 2 maande?
Ai, ek stem saam. Knyp n disprin of knoop tussen jou kniee vas as geboortebeperking nie n opsie is nie. Ek neem die amniosintese toetse wat fouttief is, met meer as n knippie sout. Dan weer, vandag se kwota drs kan dalk wel soms iets regkry. Moord bly moord. Finish en Klaar.

6 03 2012
seegogga

Soos gewoonlik, slaan jy die spyker op sy kop. Ek het al baie gewonder of ons nie ly aan oorbevolking nie. In die diereryk sal die dier sy eie kind doodmaak in gevangeskap of oorbevolking. Is dieselfde besig om met die mens te gebeur? ‘n Mens kan dit mos dan nog verder voer. Dan kan ons mos maar ons mans, ons base, of ons nare vriendinne ook doodmaak as hulle ons tenakom. Maw dan gaan ons terug na die oerdiermens toe- survival of the fittest. Daar sal beslis minder mense op aarde wees en dan sal babatjies meer gekoester word en minder aborsies sal plaasvind …..

6 03 2012
Olga

ek gaan my weer baie kritiek op die hals haal. Maar, daar is gevalle waar n aborsie genadiger sou gewees het vir sommige kinders. Kinders wie gebore was om te ly. Meer gereeld aan die hand van diegene wie hul moes vertroetel het.

6 03 2012
Xena Phoenix

Die baba het mos nie verkeerd gedoen nie. Aborteer die een wat regtig skuldig is (die mishandelaar of wat ookal). Binnekort gaan jy net die ma se toestemming nodig he.

6 03 2012
Xena Phoenix

Met die disrespek wat die mensdom teenoor lewe het, sit ons een van die dae sonder ‘n bevolking. As babas nie die mens se skat is wat bewaar word nie, is daar dalk een van die dae net nie meer babas nie. Evolusie ens.

6 03 2012
Xena Phoenix

Noudat ek daaraan dink, as mense net hulle verstand wil gebruik en nie maak wat hulle nie kan/wil/gaan na behore grootmaak nie, sal daar ook nie oorbevolking wees nie. Helaas, makliker gesê as gedaan.

6 03 2012
Gerda. J

children of men? hulle sal moord van n pasgebore baba toelaat solank hulle nie seks toelaat nie. miskien moet hulle die ma wat haar kind wil dood he n mes gee om die kind keelaf te sny. tewe.

6 03 2012
Selene Phoenix

Ai dis so hartseer!! Dit breek ‘n mens se hart om van al die babatjie te lees wat in asblikke gekry word, mishandel word en weggesteek word van die wereld en sonder liefde groot te word! Ek glo nie aan aborsies nie, maar as die kind beter af is saam die engele dan sal ek dit oorweeg!

Mense wat aborsies kry omdat dit nie ‘n seuntjie is nie maak my ook siek! Ek het vir die toetse gegaan om te toets of ons dogtertjie moontlik gestrem kan wees.. Maar nie om dan ‘n aborsie te kry nie maar om voor te berei vir ‘n kind met “special needs” Ek glo nie ek is in staat om so taak aan te pak nie, maar ek glo die Here sal dit nie vir my gee as ek dit nie kan hanteer nie. My grootse bekommernis sal wees van wat as daar dan iets met my moet gebeur? Wat word dan van haar?

En in ons land word daar net geteel vir geld en volumes – weet nie wats erger nie aborsie of kind wat jy nie wil he nie!! 👿

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: