Bybelse Milieu

4 03 2012

Rapport maak vandag ‘n blikkie wurms oop:  ‘n Boek van Noag wat nou nie juis is soos ‘n mens verwag nie, word binnekort in Afrikaans gepubliseer word.  Dit kan glo moontlik ook een van die dae vir skole voorgeskryf word, soos wat dit reeds in Vlaandere en Nederlande die geval is.  In die boek word Noag en sy seuns as verkragters en moordenaars uitgebeeld.  Daar word byvoorbeeld ook melding gemaak van ‘n tienermeisie wat Gam aan boord gesmokkel het wat onder meer hom en sy broers (ou mans in vandag se verwysings) gebad het. 

Ek aanvaar dat geen mens ooit sal weet wat regtig op daardie boot gebeur het nie.  Siende dat Noag en sy gesin natuurlike mense is, neem ek aan dat die ark bitter vinnig te klein geraak het.  Daardie diere het waarskynlik een groot lawaai opgeskop en die plek moes baie onaardig geruik het.  Dit is genoeg om enige mens se humeur bitterlik kort te maak en ek aanvaar daar was dalk dinge gesê en selfs gedoen wat eerder kon gebly het.  Of dit moord en verkragting ingesluit het, weet ek nie.  Anne Provoost ook nie, maar ‘n goeie storie moet juis nie met feite bederf word nie. 

Dit beteken egter geensins dat ‘n mens gemaklik voel daarmee dat ‘n Bybelse storie ‘n aanstootlike baadjie aangetrek word nie.  Dadelik wil mens skimp dat daar nooit gewaag word om die Moslems en Jode aan te val nie, maar die Christen is ‘n oop en welkome teiken.  In alle regverdigheid, geld dit nie hier nie.  Noag word deur beide Jode en Moslems erken. 

Hierdie sal nie die eerste Bybelse verhaal wees wat ‘n baadjie aangetrek word nie.  Dink maar aan die Koning se Wingerd, wat as ‘n protesboek teen apartheid gesien kan word.  Baie mense dink niks daarvan om die Bybel aan te wend vir hulle eie protesaksies en agendas nie.  Kan daar dan vinger gewys word na iemand wat ook net die teks inkleur soos sy dit sien?  Ek dink byvoorbeeld ook aan Dan Brown se Da Vinci Code.  Ook ‘n Bybelse tema wat effens gekook is.  Baie mense is daardeur ontstel, maar meer het aanvaar dat daar elemente van die waarheid kan wees. 

Dit is dalk die eintlike probleem.  Die mens se onvermoë om fiksie aan te sien as ‘n verdigsel.  Net omdat dit in ‘n boek verskyn, maak dit nie waar nie. 

Nogtans bly dit ongemaklik as die Bybel by ander se verdigsels ingesleep word.  Dit word om een rede gedoen.  Reaksie.  ‘n Storie van ‘n groep mense wat ondergronds skuil omdat hulle die einde van die wêreld vrees, het bloot nie dieselfde trefkrag as Noag se ark nie.  Dit gaan nie dieselfde woede en reaksie uitlok as ‘n milieu in die Bybel nie.  Dit gaan net ‘n storie wees.  Niks om oor opgewonde te raak nie. 

Helaas.  Hoe meer die reaksie, hoe hoër geskat gaan die boek wees.


Aksies

Information

5 responses

4 03 2012
Gerda. J

as iemand n boek gaan skryf oor mandela se manewales in die tronk sal die anc alles in hulle vermoe doen om die boek in die kiem gesmoor te kry. want hy word mos hoEr geag as enige mens in die bybel. toe waar is al die skrywers nou? OLGA?

4 03 2012
Olga

Ek? Ek het geen aspirasies om ‘n boek te skryf nie. ‘n Boek oor Mandela? 4k dit. Ek stel glad nie belang nie. Ek moes in die vroeë jare van die millenium genoeg take oor hom gedoen het. Twee van die take was vir Mandla wie op daardie stadium in my tuin gewerk het.

5 03 2012
Gerda. J

sies bangat.

5 03 2012
CP

Mag die Here hierdie mense met ‘n bliksemstraal uit die Hemel tref!! Regtig! Ek word so kwaad. Noag en sy gesin was die ENIGSTE regverdiges wat oorgebly het. Die Here het hulle met REDE behoue laat bly en gered. Wie dink die mens is hy?? Die mens dink hy is groter as God. Daar wag ‘n groot verrassing op hulle!!!

5 03 2012
Gerda. J

dis hartseer om te besef hoe die wereld daarop uit is om n bespotting van die bybel te maak. boelie vir die ouers wat gaan toelaat dat hulle kinders sulke drek op skool lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: