Die spook van die Operahuis

2 03 2012

Elke diertjie het ‘n plesiertjie.  Goed, party diertjies (soos die uwe) is vraatsig en het meer as net een plesiertjies.  Een van my vele plesiertjies, is musiek blyspele of sommer musicals.  Ek het nogal ‘n aansienlike klompie op my DVD rak en my rubber arm wat moeiteloos gedraai om een op die verhoog te gaan kyk.  Daar is seker ‘n paar terme en voorwaardes, maar ek sal geredelik ‘n produksie ‘n kans gee. 

Die eerste keer wat ek van Phantom of the Opera gehoor het, was ek in St 5.  Ons was in die Wiskunde klas vertel dat dit ‘n ding van satan is.  Nie juis dat ek geinteresseerd was nie.  Spoke het my nog nooit aangestaan nie en opera was ‘n spul vet tannies wat gesing het in ‘n taal wat ek nie verstaan of van hou nie.  Hoekom sal ek dit wil luister of selfs kyk.  Persoonlik het ek beter dinge gehad om te doen. 

Ek het natuurlik ouer geword en daarmee saam ‘n gesonde streep van beproef dit self ontwikkel.  Nou nie so dat ek staatsteater toe gehol het toe Phantom ‘n paar jaar terug daar gewys het nie.  Ek het nie ‘n behoefte gehad om dit te kyk nie (spoke wat opera sing?) en om eerlik te wees was die kaartjiepryse van ‘n opvoering ‘n skrikwekkende gedagte.  Alhoewel, almal wat dit gaan kyk het, was in ekstase.  André Schwartz se vertolking het mense in vervoering gehad.  En ek praat nou nie van diegene wat dink dat almal wat Afrikaans probeer sing geskenke uit die hemel is nie. 

Intussen het ek iewers die lied gehoor en baie daarvan gehou.  Die fliek het kort daarna begin draai en ek het dit gaan kyk.  Ek het ‘n bejaarde dame saam met my gehad die dag.  Sy het gedink dat ek dit te swaar sal vind en haat, maar ek het dit inderwaarheid geniet. 

Verlede jaar het ek verneem dat die Phantom na die Teatro kom.  Die kersie op die koek was dat André Schwartz weer die masker sou dra.  Daar was nie juis iets om te oorweeg nie, ek sou dit met my eie oë moes gaan kyk het.  Ongelukkig moes Schwartz onttrek, maar siende dat elke Phantom deur Andrew Lloyd Webber self gekies word, kon Jonathan Roxmouth nie sleg wees nie. 

Gister was toe die aand waarna ek al maande uitgesien het.  Die dekor het my laat besef dat ‘n verhoog produksie nie een aks vir ‘n fliek hoef terug te staan nie.  Dit was betowerend, moes wees om my in vervoering te kry.  Aanvanklik was die spel okay.  Niks om te kritiseer nie, maar ook niks om oor liries te raak nie.  Die Phantom of the Opera stuk was nice, maar nie briljant nie.  Nie juis iets om oor huis toe te skryf nie. 

Maar toe kom die finale.  Die Phantom wat Christine na sy blyplek toe sleep – kwaad en vol verbittering.  Amper koorsagtig.  Ek en elke ander asem in die saal was in vervoering.  Ek dink amper nie dat ek asem gehaal het in die hele toneel nie.  Hoendervleis kwaliteit.  Briljant!!!  Dit het die dawerende applous aan die einde verdien.  Beslis beter as die fliek. 

Daar is baie te sê oor ‘n sterk einde.  Dit kan selfs ‘n okayerige begin uitdoof en dit ‘n fantastiese opvoering maak.  Jonathan Roxmouth was briljant – beslis nie tweede beste nie.  Ek kan nie wag om vir Schwartz eendag in die masker te sien nie. 

Het jy Phantom gekyk?  Watter blyspel het jy al baie geniet op die verhoog?

Breinvasbrand:  Met wie was Andrew Lloyd Webber getroud toe hy Phantom gekomponeer het?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Bradford Hill.  Ek het Richard Doll in gedagte gehad, maar hy was saam met Hill.

Advertisements

Aksies

Information

5 responses

2 03 2012
Olga

sarah brightman?
Tel mama mia? Klink n n belewenis. Bessie, my dier, ons moet bietjie koukus.

2 03 2012
Xena Phoenix

Natuurlik tel Mamma Mia. 😉 Enige dag van die week.

Ek sien in Nov gaan Dirty Dancing die planke tref.

2 03 2012
Olga

ag, asse4kenblief tog.

3 03 2012
Toortsie

Totaal mal oor die phantom! Het in 1 seisoen dit 2 keer gaan kyk. Mal oor die dekor, atmosfeer, musiek! In artscape habl hul behoorlik elke truuk uit. Persoonlik het ek gevoel die ander persoon was selfs beter as andré. Mal oor cats, sound of music, annie… Almal! Sarah brightman? Hy het dit vir haar geskryf.

3 03 2012
Toortsie

Mamma mia baie goed, nie so baie dekor as fliek. Maar ek hou van die ware jakob

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: