Rokers

1 03 2012

Ek het die week nogal rondgetoer en alles wat ek gesien het sal seker een of ander tyd op die blog kom antwoord gee.  Soos die meisie wat ek nou die dag op kampus gesien het. In haar hoek met die boeke om haar uitgesprei, duidelik ‘n dag student.  Nie juis iets buitegewoon nie.  Behalwe dat sy daar alleen in haar hoekie ‘n hubly gerook het.  Presies soos ander mense sigarette sou rook soos hulle swot.

Dit was die eerste keer dat ek sien dat iemand hubly rook op ‘n nie-sosiale geleentheid.  Hoe sal haar onthou lysie uitsien vir wanneer sy die huis verlaat?  Handsak, beursie, sleutels en hubly?

Goed, die prentjie het my klein brein geamuseer.  Dit bring my egter tot die meetsnoere wat mens soms gebruik.  Ek ken heelwat mense wat sterk teen rook is, maar wat hubly nie net aanvaarbaar vind nie, maar selfs geniet om dit saam te rook.  Ek het al mense minagtend hoor sê dat hulle nooit sigarette sal rook nie, maar hulle rook graag dagga.  Daar is meisies wat ‘n man met ‘n pyp aantreklik vind, maar een met ‘n sigaret afstootlik.  So kry ‘n mens ook diegene wat pyprook minag, maar geen probleem met sigarette het nie.

Persoonlik dink ek rook is rook.  Ongeag dit nou sigarette, hubly, pyp, dagga of skaapdrolle toegedraai in koerantpapier is.  Alles is ‘n bewustelike poging om jou longe vol onsuiwerhede te pomp.  Party is dalk net wettig, meer sosiaal aanvaarbaar of ruik dalk net beter.  Maar jy kan tog nie ‘n status van ‘n nie-roker opneem as jy tog op een of ander manier rook nie.  Die voorkeur van hoe en wat jy wil rook, maak nie van jou minder ‘n roker nie.  Amper soos wat ‘n mens tee drink.  Party verkies ‘n koppie en ander ‘n beker.  Al drink jy jou tee uit die piering, beteken dit mos dat jy wel tee gedrink het.  Alle teebrousels is ook nie wettig nie.

Rook is natuurlik net een voorbeeld.  Daar is ook diegene wat jou met ‘n glasie sjampanje in die hand sal vertel hulle is geheelonthouers.  Mense wat teen dobbel is, maar wat nie een lottery trekking sal mis nie.

Dit kom seker weer neer op voorgee om iemand te wees wat jy nie is nie.

Dink julle daar is meriete in die onderskeid wat mense hulle self soms mee oortuig?

Breinvasbrand:  Wie het in 1952 eerste die verband tussen longkanker en rook gesien?

Breinlosbrand:  Volgens Wikipedia is die boek anoniem uitgegee.


Aksies

Information

8 responses

1 03 2012
MaanKind

Dis maar presies dieselfde soos: Ek is nie ‘n rassis nie, MAAR… Of ek wil nou nie inmeng nie, MAAR…

2 03 2012
Xena Phoenix

Of ek gebruik die pil vir my vel. Nie dat ek omgee nie, maar moenie my snert vertel nie. Ander gewilde een is ons slaap saam, maar het nie seks nie. Weereens jou saak en hoekom ek van jou “onskuld” oortuig moet word, weet ek nie.

1 03 2012
Olga

bradford hill.
Rook is rook. Ek het jare lank gerook. Ek het iemand geken wie ook ophou rook het. What do you know? Hy het verwag dat mense wie steeds rook. NiE in hul eie huise sal rook wanneer hy daar kuier nie.

2 03 2012
Xena Phoenix

Snaaks hoe dit altyd die bekeerdes is wat die grootse pyn met hulle vorige euwel het.

1 03 2012
J W W

Ek het nou al 8 jaar terug opgehou rook – so ek kan aan albei kante van die draad kommentaar lewer… maar ROOK IS ROOK maak nie rerig saak wat of hoe jy rook nie – nikotien is verlsawind, dis so maklik soos dit !

2 03 2012
Xena Phoenix

Laat my dink aan mense wat beweer hulle is sosiale rokers, maar wat maklik ‘n pak ‘n dag kafdraf.

2 03 2012
Olga

hulle is baie sosiaal. 😉

3 03 2012
Toortsie

Daar word gereken dat die hubly selfs meer gevaarlik is as sigarette.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: