Selfoondiens die Eskom manier

27 02 2012

Volgens my is dit baie eenvoudig.  Wanneer jy iemand se geld aanvaar vir ‘n diens wat jy lewer, lewer jy daardie diens of gee die geld terug.  Geen verskonings is nodig nie.  As jy nie jou deel van die ooreenkoms nakom nie, gee jy die geld terug.  Beter nog, jy vra nie geld nie, tot wanneer jy jou deel nagekom het nie.  Behalwe nou natuurlik as jy ‘n selfoonmaatskappy is.

Ek sal jok as ek sê dat ek reg van die begin af ‘n selfoon gehad het.  Maar ek is al baie lank met selfone betrokke, my heeleerste selfoon kon nie eers sms nie.  Ek onthou nog ‘n R120 bewys wat jou ‘n jaar lugtyd gewaarborg het.  Ek onthou ‘n tyd wat Vodacom elke klient 15 gratis sms’e ‘n maand gegee het en hoe dit baie was.  Onthou hoe wow was kleurfone en polyphonics?  Toe kom daar kameras en fone wat al die musiek wat jy kan hanteer kan bevat.

Ek het omtrent met my eerste salaris tjek ‘n kontrak aangegaan.  Dit was van die eerste Top up kontrakte gewees, maar dit was goed genoeg vir ‘n foon wat baie mense jaloers gemaak het.  Later het ek na Weekender oorgeskakel, maar ja, ek het daar vasgehak.  Waar dit eers ‘n heel aanvaarbare kontrak was, is dit deesdae een waarop veral Vodacom neersien.  Die fone wat daarmee beskikbaar is, is die oorskiet wat geen mens wil hê nie.  Die dag wat ek internet by die huis gesoek het, het ek vir my ‘n 3 G stokkie gekry.  Die keer met MTN, dit help nie jy dra al jou eiers in dieselfde mandjie nie.

Aanvanklik het ek nooit aan selfone of internettoegang gedink nie.  Ek het dit nie nodig gehad nie, alles het gewerk soos dit moes.  Snaaks hoe iets jou gedagtes oorheers as dit nie werk nie.  En eerlik, die afgelope 2 jaar was nie ‘n plesier nie.  Dit was baie frustrerend om die minste te sê.  Selfone wat elke 2 weke in is vir 6 weke herstel werk.  SMS’e wat nooit by my uitkom nie.  My sms’e wat net verdwyn of verkeerd / deurmekaar afgelewer word.  Oproepe wat vries.  Deesdae vat dit ‘n goeie half dosyn oproepe om een gesprek te voltooi.  Internet wat meer as 2 ure nodig het om Google oop te maak.  Eers het ek gedink dit is my toerusting, maar almal kla deesdae daaroor.

Toe tref dit my!  Op ‘n stadium het die regering gekla oor die koste van selfoonprodukte.  Daarna het veral die voorafbetalers voordeel getrek, die kontrakbetalers het maar voort gehoes.  Stadig aan het dinge agteruit gegaan.  Mense het maar net skouers opgehaal en voort geploeter.  Niks is mos in elk geval in die selfoon maatskappye se beheer nie.  Hoekom sal hulle omgee, hulle word tog betaal.  Of dalk gaan dit oor meer.

Onthou hoe ESKOM skielik eendag net beurtkrag ingestel het en gekla het dat hulle te min betaal word?  Hoe hulle gaan aanhou speel met die elektrisiteit tot hulle meer betaal word.  Hulle het hulle sin gekry, in elke opsig.  Deesdae kry ek ‘n gevoel dat selfoonmaatskappye dieselfde beoog.  Eers gaan alles in mekaar stort en dan gaan hulle te min geld pleit.

Daardie dag, neem my woord daarvoor, gaan ek selfoonloos.  Ek gaan nie ingee net om ek so gefrustreerd is dat ek enige iets sal betaal nie.  As mense 20 jaar terug sonder selfone kon klaar kom, kan ons vandag weer.  Ek wonder tog of die selfoonmaatskappye so sal voortploeter as meer mense van hulle selfone afstand doen.  Sal hulle dan besluit dat die klient gelukkig gehou moet word?

Breinvasbrand:  Wat is Telkom se selfoon been se naam?

Breinlosbrand:  1920


Aksies

Information

4 responses

27 02 2012
Olga

eita?
Niemand gee meer vir die gebruiker om nie. Ons word met alles maar alles geskroef en uitgebuit. Kan jy dink watse skrik selfoon maatskappye gaan vang as elke mens in s.a een, maar net 1 dag hulle selfone afsit? Geen gebruik, geen oproepe, smse, internet, missed calls, pcm’s of downloads vir 1 enkele dag nie? Dit behoort hul baie stof tot nadenke te besorg.

27 02 2012
Olga

btw…

… EEEEEEEEEEEERRRRRRSSSSSTTTTEEEEeeee!!!!!!!!!!!!!!’!!!!!!!!!!!!!

27 02 2012
Sonlig

Heita

27 02 2012
J W W

8 – Ta

En die storie kan my bladsye laat skryf oor hoe die verbruiker uitgebyt word in SA…..

Maar wat vir my snaaks is, dat maak nie saak hoek@k die diens van jou selfoon netwerk is nie, dis amper so te sê ONMOONTLIK om uit die 2 jaar kontrak te kom, sonder om boetes wat amper so veel kos as jou hele 2 jaar se subskripsie….. maar nouja – gaan kyk maar orals is ons ou agtergeblewene landjie – almal skroef jou – banke, dokters, sars, eskom, telkom, MTN vodacom, cellc, 8-ta, Pick n Pay, checkers, shoprite, petrol, poksantoor. . . etc ad nauseum !

Ek het juis vandag my moer suur gekoer – Ultra Liquors – ek koop 12 biere, na werk, die prys is sommer in sy moer in op, kamma agv die minister se budget speech – maar my – dit tree mos eers in APRIL in werking, nee hulle is sommer nou al op en nogals R15 per dosyn MEER as tops…. belaglik, en wat ergste is, laasjaar selfde storie, en die jaar voor dit EN hulle gaan in April WEER opgaan – dit waarborg ek julle – Ek het die manager gewaar en hom so sleg gesê daar is nie genoeg seep in die wereld om hom seer skoon te kry nie… EK SAL NOOIT weer daar koop nie – ek stamp my kop net 8 keer niks meer nie !!!!!!!!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: