Tot stof

22 02 2012

Al hou ons niks van die gedagte nie, maar as daar nou een ding wat in die lewe gewaarborg is, is dit dat ons SAL doodgaan.  Mens kan amper sê dat die lewe die proses is om te sterf.  Die lewe word immers in die dood volbring.  Natuurlik word dit gevrees, waarskynlik juis omdat dit ‘n onbekende is.  Mens kan net spekuleer oor die Skoppensboer, maar diegene wat ervaring opgedoen het, praat nie meer nie.

Oor die dood het niemand beheer nie.  Mens kan egter jou geluk beproef met wat daarna met jou gaan gebeur.  Niemand hou van begrafnisse nie, maar dit bly maar onplesierig om na ‘n lewenlose liggaam te kyk.  Dit moet van die lewendes se aansig verwyder word, verkieslik voordat ontbinding intree.  As die belangrikste persoon by die geleentheid, kan jy net hoop dat jou wense gerespekteer word.  Nie juis dat dit saak maak as mense hulle nie daaraan steur nie.  Jy sal tog nie kan kla nie.

In Suid-Afrika is daar basies twee keuses.  A:  jy word in ‘n gat in die grond gegooi en gelos dat die groen gras en onkruid daarom kan groei.  B:  Jy word eers verbrand, dan fyngemaal en gemeng sodat jou familie wit poeier kan kry wat hulle hoop jy is.  Daar is voordele en nadele aan elkeen, maar dit is nou nie juis . . . interessant nie.  Elke tweede mens maak tog dieselfde besluit of daar word vir hulle besluit.

Sonlig het gewonder waar kom ek daaraan om lyke vir aasvoëls te wil voer.  Ek het ‘n paar jaar terug ‘n artikel gelees van ‘n man wat wou reël dat dit eendag met sy oorskot gedoen moes word.  Hy was nog springlewendig en ek sal nou nie kan sê wat sy geloofsoortuiging is nie.  Ek dink nie sy kite het gevlieg nie, maar dit sou darem ‘n interessante begrafnis wees. Om oor te lees nie, ek dink dit moet grillerig wees om dit te beskou.   Omgewingsvriendelik en boonop goedkoop ook.

Die stoflike deel is nie al wat deesdae vooraf vasgestel word nie.  Ek weet van heelwat mense wat nie ‘n roudiens wil hê nie.  Gaan net na een bekende se roudiens en jy sal verstaan hoekom.  Die persoon wat begrawe word en die een wat gelewe het verskil hemelbreed.  Anders tree die predikant soos ‘n nar op wat die koningin van Skeba van die laaste stukkie waardigheid kan beroof.

Wat is ‘n begrafnis nou eintlik?  ‘n Tyd om te groet?  ‘n Geleentheid van troos van die familie?  Die slothoofstuk van ‘n lewe?  Dalk al die bogenoemde?

Hoe sal jy jou begrafnis wil laat verloop?  Wat sal jou laat spook op jou eie begrafnis?  Wat is vir jou die grootste afsit faktor van ‘n begrafnis?

Breinvasbrand:  Wat word die gebruik genoem waar Hindoe weduwees saam met hulle mans gebrand word?

Breinlosbrand:  Olga was reg met medestigter van die AA.


Aksies

Information

4 responses

22 02 2012
Sonlig

My groot afsitfaktor by ‘n begrafnis is as die naastes deur ander familie “gedrug” word met kalmeermiddels. Ek glo daar is net een manier om smart te hanteer. Jy móét daardeur – daar’s geen ompaaie nie. As jy dit nie daar en dan “face” nie, word dit net ‘n uitstel wat later 100 keer erger is EN met skuldgevoelens gepaard gaan.

Ek sal wil hê my begrafnis moet ‘n celebration van my lewe wees. ‘n Onthou. Almal wat my ken weet dat ek van mooi musiek hou, so hulle moet gooi – maar net nie kerkmusiek nie.

Ek hoop dat ek op iemand só ‘n indruk gemaak het dat hulle vir my Josh Groban se “To where you are” sal speel.

Vir almal daar, sal ek graag Katherine Jenkins se weergawe van “I will pray for you” wil laat speel.

Snaaks hoe mens oor hierdie dinge begin ding soos jy ouer word, maar ek was laasjaar by ‘n familiebegrafnis waarna ek pertinent vir my man gesê het dis presies hoe ek NIE wil hê my begrafnis moet wees nie.

22 02 2012
Klip

Ek glo daar is nie veel wat n traantjie sal stort as ek dooi is nie . Ek wonder of daar draers sal wees. Ek het gedink hulle moet sommer daar by die begrafnisonderneming daai begrafnis briefie lees , en sommer direk van daar af my na n krematoruim toe vat.

Maar spook gaan ek spook BIG TIME

22 02 2012
J W W

Brand my, EK wil nie eendag wurmkos word nie….. !

22 02 2012
Gerda. J

die afsit faktor vir my is wanneer iemand wat nie die oorledene geken het nie n lot stront staan en praat oor die oorledene. ek gaan te dood wees om om te gee wat word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: