Doplike 22 vangs

21 02 2012

Dit is al asof daar deesdae meer en meer teen drank uitgevaar word.  Ek praat nou nie van die minagting vir mense wat met elke geleentheid wat hulle kry dronk word nie.  Ook nie van die narre wat niks daarvan dink om besope agter ‘n stuurwiel in gaan klim nie.  Dit is ook nie ‘n direkte vingerwysing vir die wat gesuip raak en dan net alles reg wil neuk nie.

Nee, deesdae word daar gefrons teenoor almal wat enigsins iets alkoholies oor hulle lippe bring.  En dit is nie net die regering wat drank uit die bose uit beskou nie.  Daar is ‘n groep wat by die sekonde groei wat drank gebruik ten sterkste afkeur.  Mense wat voel dat daar net goed is waar daar geen drank vloei.  Dit die geringste hoeveelheid drank die eerste stap na die donker kant is.

As ‘n sosiale drinker is die idee vir my absurb.  Ek is dalk nie teen die idee dat ‘n 0% alkoholvlak vir bestuurders ingestel word nie, maar terselfde tyd dink ek dit is snert dat drank bemarking gestop word.  Ek was nog altyd ‘n voorstaander van behoorlike drank misbruik.  Ek dink aan drank geniet, maar het byvoorbeeld nie drank nodig om myself te geniet nie.  Ek kan nie fout sien met iemand wat ‘n drankie of twee drink nie.  Persoonlik sal ek nou nie elke dag drink nie, maar as dit jou ding is en dit raak nie buite beheer nie – gaan voort.  Geniet dit!

Maar daar is daggagebruikers wat min of meer dieselfde argument gebruik.  Daar is mense wat kokaïen snuif of heroïen spuit wat ook reken hulle is sosiale gebruikers.  Hulle is ook in beheer van wat hulle gebruik en volg dalk ook al die reëls om nie verslaaf te word nie.  Hulle smag dalk ook nie met elke asem daarna nie, maar geniet dit per geleentheid.  Sonder om hulle eie of ander se lewens te verwoes. Die argument dat ‘n mens moet weet wanneer om op te hou kan vir enige iets gebruik word. Is dit regtig soveel anders as drank?

Soos ek die storie verstaan is ‘n verslawing aan alkohol dieselfde hel as ‘n verslawing aan heroïen.  Die onttrekkingsimptome en die moeilikheid om die verslawing te breek is bykans ewe onmoontlik.  Beide kan verslaafdes en geliefdes se lewens verwoes.  Die enigste verskil is dat drank wettig is.  Ek het nog nooit van ‘n waarborg gehoor dat mense nie verslaaf sal word nie.  Iemand wat reeds ‘n dwelm verslaafde was, mag byvoorbeeld nooit weer drink nie.  Dit word dan as ‘n dwelm gesien.

Siende dat alkohol gebruik wettig is en selfs aangemoedig word, wat van die soortgename dwelms?  Daar was al geargumenteer dat die wettiging van dwelms die onheile daarvan gaan laat verdwyn.  Gaan dit egter ‘n goeie ding wees vir die samelewing?

Ek dink nie so nie.  Stem ek dus saam dat alkohol nie in die samelewing hoort nie?  Ook nie.  Moet my net nie vra hoekom nie.

Dit is nogal ironies.  Menigte sosiale drinkers wat weet hoe om hulle te gedra sal nie afskeid van hulle drank van keuse neem nie.  Niemand sal hulle van verslawing beskuldig nie, maar dit is presies die reaksie van ‘n verslawing.

Hoewel, ek sien ook nie die rede in oor hoekom ek moet ophou koffie drink, brood eet of TV kyk nie.  Matigheid is nog altyd die wagwoord.

Wat dan van die onwettige middele?

Breinvasbrand:  Wie was Bill W.?

Breinlosbrand:  Skrumskakel.

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

21 02 2012
Klip

Beauty is in the eye of the beerholder

21 02 2012
Olga

william griffith wilson. Mede stigter van AA.

21 02 2012
Olga

ai, ons liewe slim regering wat nie weet mens krap nie waar dit nie jeuk nie. Dan weer, hulle sien bier nie as drank nie.
Dwelms word nie geadverteer nie, tog word dit gebruik.
Beloning vir kinders maak word nie geadverteer nie, tog word daar kinders by dosyne verwek daarvoor.

21 02 2012
Olga

om advertensie te stop is nie die antwoord vir drank misbruik nie. Gaan kyk eerder na die sepies veral. Die absolute geloof wat daar uitgesaai word dat n mens se eerste stop wanneer jy tuis kom, by die drank bottels is. Of by die ‘kraffies.’

21 02 2012
Klip

My drink probleem het nou my vrou se maag probleem geword. As ek drink dan dinges sy in haar broek.

21 02 2012
Olga

verkeerde plek, mev klip. Dinges in sy broek. Voordat hy dit aantrek.

21 02 2012
Klip

Sonskyn , papsak, en braaiwors…………………..lekker cheap braaiwors met baie vet , dit help om die effek van die papsak inhoud in jou maag/kop langer te laat hou

21 02 2012
Klip

Watse oorspronklike , of sal ek onwaarskynlike plekke het julle al van gehoor waar verslaafdes hulle “goed” wegsteek ?

21 02 2012
Olga

in hul skoene. Blykbaar le n nippif ook gemaklik in n mansskoen.

21 02 2012
Klip

Tiolets se waterbak, kar se ruitwasser bottel.

Sien eendag daar by Badplaas 4 pragtige water nimfe wat hulle vodka meng in Powerade bottels, en dan lekker by die swembad le en drink

21 02 2012
J W W

I are not an alcoholic – they go to meetings – I are a drunk, we goes to parties !

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: