Kerksake

19 02 2012

Ek lees vanoggend in die Rapport hoe die NG Kerk sedert 1980 al hoe kleiner geword het.  In die afgelope jaar het die lidmate met amper 21 000 mense afgeneem.  Die jaar voor dit was dit met 10 000 lidmate.  Ek wonder of dit ‘n simboliese gebaar is om ‘n foto van die Christuskirche ter illustrasie te gebruik.  Die kerk is nog ‘n NG Kerk, nog in Suid-Afrika.  Goed, dit is nou eintlik heeltemal van die punt af.

Ek kwalifiseer glad om enigsins iets oor die NG Kerk te sê nie.  Ek is nie ‘n lidmaat nie en het geen planne om ooit ‘n lidmaat te word nie.  Ek het wel al die binnekant van ‘n NG Kerk gesien, meestal tydens troues en begrafnisse.  Ek het al ‘n erediens of twee bygewoon terwyl ek iemand se gas was.  Op skool was ons ook gereeld deur NG Kerk predikante toegespreek.  Ek het nog nooit ‘n begeerte gehad om hulle te vertel om stil te bly of om van die vergadering weg te stap nie.

Wanneer jy ‘n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner is, gaan heelwat van jou kennisse, vriende en selfs familie lidmate van die NG Kerk wees.  Ek ken ‘n aantal NG predikante met wie ek op ‘n voornaambasis is.  Benewens dit, is verskeie Suid-Afrikaanse dorpe hulle ontstaan te danke aan ‘n NG Kerk in hulle midde.  Die NG Kerk het ‘n onbetwisbare rol gespeel in Suid-Afrika en selfs die tot standkoming van Suid-Afrika.  As sulks kan ‘n mens dit nie ignoreer nie.

Dit is hartseer dat predikante meer en meer ‘n tweede beroep moet aanneem om kop bo water te hou.  Die som is vir my eenvoudig.  Die herders versorg die gemeentes en die gemeentes versorg die herders.  Die balans het blykbaar geskuif of ek het iewers die kat lelik aan die stert beet.  Daar word gepraat van alternatiewe kerkstrukture, waar iemand aan beheer van ‘n groepie geleidelik teologies opgelei word.  Iewers verwag iemand dat tradisionele predikante nie meer ‘n toekoms het nie.  Kerke soos ons dit ken, sal waarskynlik eendag net museums wees.

Vandag vra ek myself of ons by die begin van die einde van die NG Kerk is?  Is ons moontlik al reeds verby die eerste fase sonder dat enige haan daarna gekraai het?  As die NG Kerk vergaan, is daar hoop vir die ander Afrikaanse kerke?  Siende dat Afrikaanse kerke dikwels hulle ontstaan aan een of ander bakleiery te danke het?  As die leier weg is, teen wie gaan die ander skop?  As hulle nie kan skop nie, hoekom dan nog bestaan?

Hopelik is dit ongegronde voorbodes.  As ek egter na ‘n land soos Nederland kyk, weet ek nie of my voorbode ongegrond is nie.  En dit is tragies.


Aksies

Information

15 responses

19 02 2012
Gerda. J

n mens moet eerder vra of dit net die ng kerk is waar getalle minder word. ek dink dit is die geval met alle gelowe. vandat godsdiens by skole taboe is, is dit asof die behoefte aan die woord, (aan God, dalk?) afgeneem het.

21 02 2012
Xena Phoenix

Volgens die berig wat ek gelees het – vir wat dit werd is – lyk dit eers of die mense na charismatiese kerke toe gaan en dan verdwyn hulle net. Daar is wel ‘n wêreldwye tendens dat kerke leegloop en dit is nie net omdat mense voel hulle is goeie Christenne by die huis nie.

19 02 2012
murphy

Ek het nou die dag met iemand gepraat. In een van die klein dorpies hier in die Vrystaat (dit ontgaan my watter een) is een van die kergeboue nou onlangs gesloop.

Ek wil dit waag om te sê dat die kerk soos ons dit vandag ken, oor 50 jaar glad nie meer gaan bestaan nie.

21 02 2012
Xena Phoenix

Dit is regtig hartseer. Ek hoop van harte dat dit nie die kerk is waarom die dorp in die eerste plek gebou is nie. Ek hoor in Holland weet hulle nie wat om met al die leë kerke te doen nie. Dit mag nie plat geslaan word nie, maar dien geen doel nie.

19 02 2012
Olga

Eisj. Kerke sukkel oral. Ek kan net praat vir die Mafia kerk, maar dit blyk dat geld steeds die wortel van alle kwaad is. Mense verlaat eerder die kerk as om hulle 10de (3%) te gee. Gods woord maak ook nie saak as daar opregte liefde is nie. Liefde vir geld kan ook opreg wees, of is ek nou weer voortvarend? Maar dit is waarop dit neerkom. Ironies genoeg deel ons dorp en die buurdorp ook ‘n NGkerk dominees. Ons dorpie se mense gaan eerder na die kultus kerke en maak glo die “pass” gebaar as die kollekte bordjie of is dit mandjie omkom. Wanneer hulle egter sterf, weet hulle familie dadelik waar om die Padre of Dominee te kry.

21 02 2012
Xena Phoenix

Dit is eintlik snaaks. Baie van daardie kultuskerke floreer op kollektes. Amper iets soos as God dit en dat vir jou gedoen het, hoekom gee jy net ‘n tiende? Hoekom nie meer nie.

Weier kerke dan mense wat nie hulle tiendes gee nie?

19 02 2012
Olga

Skuus dis net 3% in die Mafiakerk.

20 02 2012
Klip

Ek was ook in die NG kerk , gaan tans glad nie kerk toe nie (self opgelegde sensuur). Die begrafnis ondernemer moet maar n woordjie se as ek die tydelike met die ewige verwissel.

21 02 2012
Xena Phoenix

Ons kan jou altyd van ‘n krans af vir die aasvoëls voer. 😉 Dan is dit sommer gratis en omgewingsvriendelik.

Hoe gaan dit met jou kleinkind?

21 02 2012
Klip

Dit gaan sommer baie goed met haar , en sy word net ouliker by die dag. Dankie dat jy vra.

20 02 2012
Sonlig

Ja, dis nogal ironies hoe gou mense van die kerk onthou as daar getrou, begrawe of gedoop moet word.

21 02 2012
Xena Phoenix

Ek het dit nou nie self beleef nie, maar blykbaar is ‘n ateistiese begrafnis maar ‘n weird storie.

21 02 2012
Sonlig

Is dit waar die aasvoël-idee inkom? 😉

20 02 2012
SeeKat

Die lidmate van die NG kerk het baie af geneem maar daar het weer n toename van mense na die Garismatiese en Kerke gewees. Ek dink ook die groot hoeveelheid afrikaners wat die land verlaat het het ook n baie groot invloed gehad miskien dalk meer as wat ons dink.

21 02 2012
Xena Phoenix

Lanklaas gesien, Seekat. Hulle reken met die bogenoemde in gedagte geneem, is baie mense bloot net nie meer lus vir kerke nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: