2000

16 02 2012

Dit beteken waarskynlik nie ‘n snars vir enige iemand nie, maar my 2000ste skrywe is vir my ‘n mylpaal.  Een wat ek nie heeltemal ongemerk kan laat verbygaan nie.  Ek het immers my vingers lam getik om daar te kom. 

Goed en wel, om 2000 posts op jou blog te hê is geen prestasie nie.  Die vraag is eerder wat het jy met die 2000 skrywes bereik?  Indien enige iets. 

Ek kan met sekerheid sê dat ek al vyande met my skrywes gemaak het, maar ek hoop ek het vriende ook gemaak.  Ek het mense al siedend kwaad gemaak, maar ek het hulle al laat lag ook.  Dikwels vir my en nie saam met my nie.  Ek het mense al tot in hulle siele ontstel, maar het ek al ooit vir hulle siele troos gebied?  Ek het hier en daar stukkies onbruikbare inligting met mense gedeel en ek het baie bruikbare goed by hulle geleer.  Ek het nuus oorvertel en hopelik ook mense vermaak. 

En nou trek ek by 2000.  Sal ek 5000 kan maak?  Is 10 000 ‘n moontlikheid?  Dalk is dit tyd om aan te beweeg.  Tyd sal wel leer.


Aksies

Information

7 responses

16 02 2012
Olga

whoop! Whoop! Veels geluk. Mag daar m. Baie wees.

16 02 2012
MaanKind

Whatever jy doen, ek sien elke dag uit na jou blog.

16 02 2012
seegogga

Baie geluk!!! Ek lees elke dag jou blog, want jy het altyd interessante perspektief op goed en jou nuusbrokkies is byna al koerant wat ek lees. Ek dink egter die compu tor het jou uitgelaat by die nuwe wordpress en hoop jy kan juitvind hoe dit werk en vir ons ook inlig ( en vir hulle- dat hulle foute maak). Hulle kategoriee werk ook nie so lekker nie. As mens bv die woord OVERBERG intik, kom my en Toortsie se goeters nie eers op nie….. Vind asb uit, laat weet hulle hulle maak droog, en laat weet ons hoe ons vir hulle kan laat weet!

17 02 2012
Plasie

Baie geluk.

17 02 2012
Gerda. J

veels geluk. ek sal n lekker bottel bubbly hierop drink.

17 02 2012
Sonlig

Sjoe! Respek Merrie!

Jy maak ‘n verskil aan my dag (wat ek onlangs tot vervelens moes beskryf).
Ander mense vat smoke-breaks…..ek vat Herriemerrie-breaks!

17 02 2012
Olga

Ek dink ook dis ‘n leke break en dit los nie ‘n vuil asbak of ‘n stink asem nie.

Lewer kommentaar op MaanKind Kanselleer antwoord