Wat is ‘n biljoen?

15 02 2012

Ek het nooit ‘n wesenlike probleem met syfers gehad nie, maar deesdae krap ek ‘n bietjie in die donker rond. 

Op skool is ons geleer ‘n biljoen is ‘n miljoen miljoen.  ‘n Biljoen het dus 12 nulle.  1 000 000 000 000 of 1012.  ‘n Duisend miljoen is ‘n miljard of het te wel 9 nulle. 

Natuurlik het die Yanks gekom en alles weer kom omkrap. Dit het hulle gepas dat ‘n biljoen ‘n 100 miljoen is.  Geskryf beteken dit dus 100 000 000 of 108.  Daar is 8 nulle. 

Natuurlik word die Yanks se onnodigheid nie met die minagting behandel wat dit verdien nie.  Hulle biljoen word ook partykeer gebruik en vir party mense is hulle biljoen, die biljoen.  Die verskil?  Net 999 900 000 000 eenhede verskil tussen die lang skaal (dis biljoen met 12 nulle) en kort skaal (biljoen met 8 nulle).  Om presies te wees 9 999 meer as die kort skaal biljoen. 

Sien julle hoekom is ek in die donker?  As die regering ‘n biljoen vermors, is dit ‘n verskil R 999 900 000 000 in begrip.  Dalk is die bedrae so groot dat dat in elk geval nie saak maak nie.  As dit dan nie saak maak nie, sal niemand seker omgee as ek die verskil vat nie?

Wensdenkery, ek weet.  Ek weet egter ook dat beide biljoene in die pers en verslae gebruik word, sonder ‘n verduideliking.  Dit het ‘n groot impak.  Ek dink wat behoort te gebeur is dat die wetenskaplike uitdrukkig van die bedrag / eenhede wel bygevoeg moet word om enige onduidelikhede uit te skakel.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

15 02 2012
Olga

nee, genade tog. Ek kop dit nie.

15 02 2012
Wheelbarrow Jack

Die yanks was nog altyd lui. Verbaas hulle syfers jou regtig?

16 02 2012
Xena Phoenix

Dit is seker lekkerder om ‘n biljoenêr te wees as ‘n miljoenêr. Ek sal dit nie regtig lui noem nie, eerder besimpeld. Hoekom gebruik hulle nog myle, ponde, duime, gallon ens? Selfs dan kan ‘n mens dit SI eenhede toe neem. ‘n Biljoen in hulle wêreld en ‘n biljoen soos ek dit sien, is ‘n vet verskil.

16 02 2012
Olga

want myle, ponde ens is ook minder as die metrieke maat. Luiheid.

15 02 2012
Toortsie

Ek kannie tot daar tellie!

16 02 2012
Xena Phoenix

Mens kort net tyd.

15 02 2012
Olga

As al die geld in die staatskas so gewys word, dink julle daar sal iets wees om te wys of net ‘n mamoerse gat?

16 02 2012
Xena Phoenix

Hierdie was in een of ander bende storie. Dit is maar net ‘n miljoen of twee.

Die dink die staatskoffers is ‘n aantal getalle in ‘n rekenaar iewers. Soos ons almal se geld maar is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: