Husse met lang ore

14 02 2012

Ek moet erken dat die gedagte my nogal amuseer.  Radio weergawes van liedjies.  Dit kom basies daarop neer dat sekere woorde vervang of uitgesny word omdat dit nie vir sensitiewe ore bedoel is nie.  Gewoonlik die vloekwoorde.  Soos reeds genoem, amuseer dit my, maar ek is nie regtig gekant daarmee nie.  Dit is nogal ‘n skok om die eerste keer Enrique se oorspronklike weergawe van “Tonight I’m loving you” te hoor.  Dit is genoeg om die mees liberale mens aan hulle oggend koffie te laat verstik. 

Mens kan seker die heeldag hieroor redeneer.  Om mee te begin, is dit regtig nodig vir die skrywers om aanstootlike woorde in hulle liedjies te gebruik?  Aan die anderkant, die aanstootlike woord dra dikwels ‘n spesifieke gevoel oor soos niks anders kan nie.  Is daar nog so iets soos sensitiewe ore?  Mense praat tog elke dag so.  Hoekom net die vloekwoorde maar nie die ydelike gebruik van die Here se naam nie?  Les bes, hoe konsekwent word dit toegepas.  Om een voorbeeld te noem:  Op Jakaranda word Maroon 5 se Move like Jagger voluit gespeel met “My ego is big, I don’t give a shit”.  Op Highveld word dit:  “I don’t give a -“.

Nou die dag speel Rockstar van Nickelback op die radio.  Skielik is elke verwysing na dwelms uitgesny.  Ironies dat dit nou uitgesny word terwyl dit al jare lank gespeel het sonder dat dit iemand gepla het.  Iemand het duidelik gedink dat dit mense / kinders / tieners gaan aanmoedig om dwelms te gebruik.  Moontlike ‘n geldige punt, maar waar gaan dit eindig?

Daar is ‘n verskil tussen werklikheid en fiksie.  Net omdat ‘n liedjie dwelmgebruik noem of selfs goedpraat, is dit geen rede om self met dwelms te gebruik nie.  Elke mens het tog ‘n gesonde verstand gekry om tussen goed en kwaad te onderskei.  Gaan die sensor van liedjies dwelmmisbruik enigsins bekamp?  Ek twyfel.  As daar nie alreeds ‘n dwelmkultuur was nie, sou dit nie in ‘n liedjie gebruik word nie. 

Dit is egter vir my ironies dat stasies wat Rockstar sensor, tog liedjies oor skoolmoorde speel.  Pumped Up Kicks van Foster the People word deesdae gereeld op die meer konserwatiewe radio stasies gehoor.  Dit gaan oor ‘n seun wat in sy skool gaan skiet wat voorkom.  I don’t like Mondays van die Boomtown Rats word al sedert die 70’s op radio gehoor.  Die lied is geskryf oor Brenda Ann Spencer wat vanuit haar kamervenster op ‘n laerskool begin skiet het?  Siende dat ‘n liedjie soos Rockstar dwelm misbruik gaan aanmoedig, gaan die liedjies seker skoolmoorde aanmoedig.  Wat is erger? 

Siende dat ons nou ‘n geslag sonder gesonde verstand blyk te wees, wat gaan volg?  Gaan die toekomstige treffers fokus op gesonde diëte, lae sout inname en baie oefeninge?  Gaan boeke en flieks dieselfde neiging navolg?  Gaan dit op breinspoeling neerkom en gaan dit dan gesond wees?  Hulle gaan dan fokus om almal gesond te hou?

Gaan daar ooit ‘n tyd wees wat mense vir hulle self kan besluit en SELF die verantwoordelikheid van die keuses kan dra?

Breinvasbrand:  Wie het I don’t like Mondays geskryf?

Breinlosbrand:  Olga was reg, Mark Zuckerberg, kan weens kleurblindheid net blou onderskei.

Advertisements

Aksies

Information

2 responses

14 02 2012
Olga

bob geldoff?
Hul gaan probeer om die kultuur van ‘gryp van wit en stop swart in’ bevorder. Klink ek alweer rassisties? Raai wie het my so gemaak! Dink ek moet ook n liedjie skryf.

14 02 2012
Gerda. J

jy vergeet n baie belangrike ene. die bevordering van promiskieusiteit.
sorrie
en egbreek.
sorrie
alles kom neer op seksuele vryheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: