Kammaland

13 02 2012

Hoe meer dae, hoe meer dinge.  In Nashville is ‘n 30 jarige gestremde vrou se man en pa in hegtenis geneem vir moord.  Hulle het ‘n paartjie wat dit durf waag het om haar te “defriend” geskiet.  Die man se keel is afgesny en die vrou is dood met haar baba lewendig in haar arms.  Hoe makaber die storie ookal is, is dit nie die ergste nie.  Dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur nie en dit is waarskynlik ook nie die laaste keer nie.

Facebook was oorspronklik ‘n manier om kontak te hou met vriende en goeie kennisse.  Toe ontaard dit in ‘n kompetisie oor wie die meeste maatjies het.  Om seker te maak almal word Facebook verslaafdes, begin daar toe Facebook speletjies.  Natuurlik is dit voordelig dat soveel as moontlik van jou vriende ook speel.  As hulle nie wil nie, word daar sommer uit die speletjie vriende vir ‘n vale gemaak.  So land mense met duisende vriende op, aansienlik moeiliker om te bestuur.

Een of ander tyd moet daar gesny word om by die mense uit te kom vir wie jy eintlik facebook hê.  Dit vat tyd om deur ‘n warboel van Bybelversies, grappies en bedekte argumente te kom.  Sodoende word die persoonlike goed van mense wie jy regtig ken gaan mis.  En dit kan wel ‘n verlies wees.

Facebook was veronderstel om kontak tussen mense te vergemaklik.  Wat vir die meer bedaardes tussen ons pret kan wees.  Wat is nou makliker om ‘n nuwe baba met Facebook aan die wêreld bekend te stel?  Dit is ook maklik om mense via Facebook vir sekere goed te nooi.  Daar is egter mense wie se hele lewe Facebook geraak het.  Hulle het kontak met die buitewêreld verloor, verstaan nie meer die wonder van mens tot mens interaksie nie en kan doodeenvoudig nie sonder Facebook aan gaan nie.  Dit is juis hulle wat so gevaarlik is.

Ek sal nou nie sê dat Facebook aandadig is aan moord nie, maar hulle maak dit maklik vir die malletjies daar buite.  Benewens dat Facebook vir telefoonnommers en werksplek vra, is daar deesdae ‘n funksie waarmee jy elke tree wat jy op ‘n dag neem aan die wêreld kan verkondig.  Jy kan dus ten enige tyd mense op ‘n spesifieke plek gaan soek.  Dit kan nie veilig wees nie.

Baie mense neem dit ook verskriklik persoonlik op as iemand hulle van hulle vriendelys verwyder en/of blog.  Persoonlik is ek nogal ‘n kenner op die gebied.  ‘n Natuurlike nagevolg van my wonderlike persoonlikheid.  😉  Aanvanklik sou dit nogal ‘n skok gewees het, maar deesdae pla dit my nie.  Ek weet dus hoe dit voel om geblok te word, maar ek het nog nooit lus gehad om iemand te konfronteer, aan te val of te vermoor weens hulle besluit nie.  Hulle verlies, nie myne nie.

Tog is daar mense wat dit as verwerping sien en wil terug slaan.  Hoekom weet ek nie.  Dit is egter ‘n waarskuwing dat dit baie makliker is om iemand op FB te aanvaar as om hulle weer daar af te haal.  Beste is dus om niemand te aanvaar van wie jy nie seker is nie.  Span ‘n bietjie logika ook in en wees versigtig wat jy op Facebook verklap.

Hoe voel julle oor Facebook?  Dink julle stories soos die gaan mens sku maak vir sosiale media?  Hoe voel julle oor websites wat deesdae mense nagaan om seker te maak dit is nie ‘n vals identiteit nie?

Breinvasbrand:  Hoekom is Facebook se oorwegende kleur blou?

Breinlosbrand:  Gerda was reg met Freddy Moore.  Bruce Willis was haar tweede man.


Aksies

Information

8 responses

13 02 2012
Olga

oepsie. Ek hev lankal gedink jy het meer gedoen as tone trap. Daarom dat jou 5ce gedaal het van +/- 300 PER DAG tot 3 per dag. Wat het jy gedoen? In die blogbondel gepieps en almal bespat? Jou ouma wip moes jou meer gepiets het.

13 02 2012
Xena

Dalk is dit tyd om af te tree. 😉

13 02 2012
Olga

ek sal jou leer brei.

13 02 2012
Olga

ek sien sus google se blou is die enigste kleur wat mark zuckerburg kan sien. Interessant.

14 02 2012
Charms

Ek verstaan nou nog nie dat party mense 200 en meer Facebook vriende kan he nie???

14 02 2012
Gerda. J

200 en meer? probeer 1000+. dis belaglik.

15 02 2012
Toortsie

jammer, maar ek geniet fb. Nie heeldag daarop nie, maar ek geniet die geselskap. Skielik weet ek ook ‘n bietjie wat in my ou dorpie aangaan…

16 02 2012
Xena Phoenix

Ek het 200 + vriende op FB, ek ken darem ‘n goeie 99% van hulle. Ek weet min of meer wat ten alle tye op FB aangaan, daar is net sekere van hulle funksies wat ek seker maak ek nie het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: