Whitney Houston

12 02 2012

Whitney Houston 9 Aug 1963 – 11 Feb 2012.

Whitney Houston se lewe kan seker as tragies beskryf word.  Eens het miljoene aan haar voete geswymel en toe kom daar ‘n slegte man en dwelms.  Die pop prinses het geval tot pateet.  Die regte tragedie is seker dat sy nooit weer haarself kon herwin nie.

Nou in haar dood, sal haar aanhangers haar altyd op haar beste kan onthou.

 

Advertisements

Aksies

Information

10 responses

12 02 2012
MaanKind

Maar vandag is die duiwelsadvokaat in my weer reg om te vra, almal wat nnou so op Facebook RIP Whitney, wanneer laas het hulle aan haar gedink of na iets van haar geluister?

12 02 2012
Olga

ek het nog nooit willens en wetens whitney houston geluister nie. Ek sou nie die radio afsit omdat n whitney(stofsuier of 1000 ander sangers) se liedjies speel nie. Sal ook nie fwd druk as whitney lied op n compilation speel nie. Maar ek gaan in elk geval se: rus in vrede, whitney houston.

12 02 2012
Xena Phoenix

Maankind, interessante vraag. Een wat op een of ander manier opduik elke keer wanneer iemand bekends doodgaan.

Om jou te beantwoord – ek het nooit aan haar gedink nie en ek het net na haar liedjies geluister wanneer dit op die radio gespeel het. Ek besit niks van haar nie en gaan nie nou iets koop nie.

Hoekom dan die post?

Eerstens glo ek dat ‘n mens die duiwel moet gee wat hom toekom. Al is ek nie ‘n aanhanger nie, het Whitney wel groot hoogtes bereik. Sy het ‘n lys toekennings wat min mense haar kan nadoen. Dit kan nie misgekyk word nie.

Ek het iewers begin om elke keer wanneer iemand bekend dood is, ietsie omtrent hulle te plaas. Nie noodwendig ‘n huldeblyk nie, maar iets om hulle lewe te erken – die goed en kwaad. Dit is noual ‘n instelling.

Laastens is iemand se dood ‘n kans om iemand se lewe te vier. Veral as dit die vroulike sanger is wat meer as 170 miljoen albums verkoop het en die sangeres wat die meeste toekennings in gepalm het.

12 02 2012
Olga

eat your heart ou Madonna, Britney, Christina, Miley.

12 02 2012
Gerda. J

hulle het nog tyd.

12 02 2012
Son

Ai tog – nie jy ook nie.

12 02 2012
Xena Phoenix

Toemaar Tannie Gypsy, ek belowe hier voor getuies as jy die dag die emmer skop, sal ek ‘n huldeblyk opsit. Al het ek terwyl jy lewe al saam met jou koffie gedrink.

12 02 2012
Son

Ek gaan nerens heen voor ek 100 is nie, so don’t hold your breath 😆

12 02 2012
Xena Phoenix

Ek beplan om nog op 133 hier rond te loop, so jou huldeblyk is veilig. Ek kort natuurlik net ‘n foto van jou. Het darem nog ‘n paar dekades om daarby uit te kom

13 02 2012
Sonlig

Ek dink dis tragies. Sy was briljant – die vroulike Michael Jackson in die popmusiekbedryf. Ek besit wel ‘n album van haar en was mal oor haar musiek.

Ek dink The Bodyguard was een van die beste films van alle tye – ek sal dit oor en oor kyk vir net haar weergawe van “I will always love you”.

Sy het verkeerde keuses gemaak en die prys daarvoor betaal. ‘n Duur prys.

Die vroueslaner het blykbaar gisteraand ‘n konsert gehad waar hy gesê het: “Whitney, I love you”….
Sure @sshole – jy kan seker nie wag vir jou deel van haar boedel nie!

Met my hand op my hart sê ek: RIP Whitney, na jou sal ek nog lank luister.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: