Obsessie met fassinasie

11 02 2012

Die afgelope dekade of wat het almal een of ander afwyking of siekte.  As die persoon nie ‘n konstante migraine het nie, ly hulle aan depressie.  Anders is hulle dalk kompulsief obsessief of ander roem hulle daarop dat hulle perfeksioniste is.  Ek? Ek is seker maar obsessief met fassinasie.   Dit is die naaste beskrywing waaraan kan dink.

Sien, dit werk so.  Ek tel elke nou en dan iets op wat my kielie.  Dit kan iets wees wat ek gelees het of op televisie gesien het.  Soms is dit sommer net ‘n lukrake hyperlink wat ek gevolg het of iets wat ek op die radio gehoor het.  Dit kan so simpel wees so iets wat iemand my gevra het of dalk net in ‘n gesprek genoem is.  Ek moet dan dadelik my goeie vriendin Google daaroor raadpleeg.

 Soms sien ek sommer met die eerse blik genoeg om my nuuskierigheid te bevredig.  Gewoonlik nie.  Dit lei na meer vrae en ek kan nie rus tot ek die antwoorde gekry het nie.  Dit fassineer my en word ondersoek tot ek elke stukkie beskikbare inligting daaromtrent verslind het.  Soms is daar nie ‘n antwoord nie en ek moet my eie antwoord formuleer.  Met die gevolg dat ek dae, weke lank daaroor herkou tot ek iets kry wat myself bevredig of ten minste amuseer.  Op die punt, is die obsessie daarmee oor, maar ek het natuurlik nog al die inligting iewers veilig in my kop gebêre.

Die gevolg is dat ek sonder om te sukkel ‘n tesis daaroor sal kan skryf.  Ek sal soms daaroor blog, soms sal ek uit verskeie hoeke oor dieselfde ding blog.  Snaaks hoe inmekaar geweef seker kwessies is wat van ‘n ander hoek geen verband het nie.

Dit is hoe ek myself uit die kwaad hou en sommer almal rondom my frusteer.

Elke diertjie het ‘n plesiertjie.  Wat is jou plesiertjie?


Aksies

Information

One response

11 02 2012
Olga

eet. Hoe minder ek mag eet, des te meer wil ek eet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: