Gegunde Vryheid

9 02 2012

Ons dink nie dikwels daaraan nie, maar daar is sekere vryhede wat die grondwet ons bied.  Ek dink nou byvoorbeeld aan vryheid van denke, vryheid van spraak, vryheid van assosiasie en vryheid van geloof.  Vryhede wat elke beskaafde (wel, ten minste demokratiese) land hulle burgers en gaste bied.  Beteken nie juis veel nie, tot dit die dag nie meer daar is nis. 

Die vryhede is nie onbeperk nie.  Die grootste beperking op enige vryheid is dat jy in die uitoefening van jou regte, ‘n ander nie van hulle regte mag ontneem nie.  Vryheid van spraak beteken jy kan sê net mooi wat jy wil, maar die oomblik as jy daarmee iemand in die gesig vroetel, is daar pêre.  Dit bring ‘n mate van verantwoordelikheid saam met die vryheid.  Vryheid sonder verantwoordelikheid is maar net nog ‘n probleem wat een of ander tyd onbestuurbaar gaan word.  Tog is die basiese vryhede brood nodig en nie onderhandelbaar nie.  Die blote feit dat ons nou so sukkel met die inligtingswet is ‘n skande. 

Ek lees tans “The Children of Men” van PD James.  Daarin waarborg die regering die mense 3 vryhede:  Freedom of Fear; Freedom of Want & Freedom of Boredom.  Die laaste een lyk vir my haas onmoontlik.  Al het jy elke denkbare gerief binne reikafstand, is dit geen waarborg dat jy nie verveeld gaan wees nie.  Die blote feit dat jy alles het, maak jou dalk verveeld.  As jy niks het nie, kan jy ook verveeld wees. 

Freedom of Want is dalk ‘n bietjie makliker.  Daar is seker maniere wat jy kan waarborg dat mense alles kry wat hulle nodig het.  Wat jy nodig het en wat jy wil hê is egter nie noodwendig dieselfde ding nie.  Tog kan ‘n mens met hulpbronne amper elke moonlike materiële begeerte vervul.  Nogtans is daar goed waarvoor jy op jou kop kan staan.  Geen regering kan byvoorbeeld vir ‘n vrou wat smag na haar eie kind, een gee nie. 

Die vryheid van vrees is vir my ‘n interessante een.  Een wat ek wonder of dit nie in elk geval by die huidige verwagte vryhede ingewerk moet word nie.  Irrasionele vrese kan daar nie veel aan gedoen word nie, maar is dit regtig te veel gevra dat mense vry van vrees te wees?  Dit vra basies goeie instandhouding en polisiëring, goed wat wel in die regering se mag is om te gee.  Of sal selfs dit net ‘n druppel in die emmer wees?

Aan die anderkant is ons nou nie juis onkapabel weens vrees nie. 

Watter vryhede dink jy moet aan landsburgers gebied word?

Breinvasbrand:  Wie het die hoofrol in Children of Men (die fliek) gespeel?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 2010.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

9 02 2012
Gerda. J

clive owen, dink ek.
vryheid van vrees, sal ek vertaal as die reg om veilg te wees. tog is ons nie ons nie meer veilig in ons huise of karre, op straat en veral nie in groot winkels nie. nie eers in skole of kerke is ons veilig nie. dis n skande.

9 02 2012
Wheelbarrow Jack

Genugtig mens! ons het nie eers die reg om mense te wees nie. Ons moet eers n slapende ou man gaan doodslaat vooqpdat ons regte het, hoe salwdai advokate voel as dieselfde lot in hulle familie moet tref? gaan hul terugdink aan wat hulle met die et verhoor bewimpel het en dink -poetic justice?- dan gaan hulle mense kry om te kom dans en skree vir die doodstraf.

9 02 2012
Olga

4kit, as hy in sy onderbroek met n rompie van beessterte op kerkplein gaan dans, leef hy sy kultuur uit. As die sapd hom in sy onderbroek met n KOMBERS om hom neem om n moordtoneel uit te wys, dan maak sy skulderkenning onaanvaarbaar vir die hof. ELO? Waar het ek reg tot vryheid gemis?

9 02 2012
Olga

skuus. Maar is dit nie n klugspul nie? Vryheid van spraak is ook net beperk tot swart mense om hul kulturele skelname vir alle nie swartes te gebruik. Geen nie swarte het die reg om te kla nie, want ons was net die victems van die struggle. Nie die dapper struggle stryders nie.

9 02 2012
Perre

So kwaai? Wiet jou pap gesteel?

9 02 2012
Olga

jy.

9 02 2012
Perre

hu kon ek? ek ken jou nie0

9 02 2012
Olga

Gr8. Kom ons hou dit so.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: