Nie so maklik soos dit lyk nie

8 02 2012

Ek het nou die dag Dolphin Tale gaan kyk.  Die een karakter het planne om ‘n kompetiewe swemmer te word.  Hy gaan weermag toe met die idee dat hy binne maande vir hulle gaan swem en niks anders gaan doen nie.  Dan tref aktiewe diens hom en hy doen ‘n ernstige besering met sy een been op.  Daarmee word sy drome verpletter en skuld die wêreld hom iets. 

My onmiddelike reaksie was om te dink watse whimp die mannetjie is.  Hoe tipies Amerikaans en watse melodrama.  (Dit was terloops nie waaroor die fliek gegaan het nie).  Ek het dadelik die vergelyking getrek na Natalie du Toit.  Sy het voort geswem nadat sy haar been verloor het en mense op hulle neuse laat kyk.  As sy dit kan doen, hoekom nie ook die whimp nie?  O ja, sy is Suid-Afrikaans en hy nie. 

En eintlik is dit bitter onregverdig van my.  Geen wonder ek kon die gedagte nie heeltemaal opsy gooi nie.  Wat ek so effens uit die oog verloor het is dat al het Natalie du Toit dit maklik laat lyk, was dit dalk nie heeltemaal so maklik nie. 

Natalie het al as ‘n 14 jarige internasionaal meegeding.  Sy was 17 toe haar been geamputeer was na ‘n ongeluk.  Natuurlik moes haar drome ook flenters voor haar voete geval het.  Sy het seker al planne gehad om eendag vir Suid-Afrika in die Olimpiese Spele te verteenwoordig.  Op die punt moes sy nie net aanvaar het dat haar liggaam gebrekke het nie.  Sy moes besef het dat die Olimpiese Spele nou nie meer ‘n werklikheid kan word nie.  Daar was wel die paralimpiese spele, maar dit moes maar na ‘n slegte tweede prys gelyk het.  Die ag shame prys vir al die afvlerk voëltjies. 

Anders as Oscar Pistorius – wat bitterklein was toe sy bene afgesit was en net moes leer om daarmee te lewe en voluit te gaan – moes Natalie die keuse maak tussen lê en opstaan.  Niemand sou haar blameer het as sy bly lê nie.  Mense met kleiner teleurstellings het gekies om te lê.  Sy het nie, sy was binne 3 maande terug in die swembad aan die oefen vir die eerste gestremde byeenkoms.  Sy het begin naam maak, al was dit nie met die kompetisie wat sy as kind ingedagte gehad het nie.  Tweede viool is seker beter as om glad nie in die orkes te speel nie.  Toe eendag tref dit haar dat sy wel mense met twee bene se gatte kan skop.  Selfs moontlik op Olimpiese vlak. 

Dit kon nie maklik wees nie.  Tog sal ons seker nooit presies weet hoeveel werk dit geneem het nie.  Hoeveel bloed, sweet en trane daar was nie.  Hoeveel keer daar geval is en maar weer probeer was nie. 

Wanneer ‘n mens ‘n breukdeel daarvan besef, besef ‘n mens eers hoeveel respek Natalie eintlik verdien.  Nie as ‘n gestremde atleet nie, maar iemand wat haar beste bly doen ten spyte van vele terugslae.  En dit boonop maklik laat lyk.

Breinvasbrand:  Wanneer het Natalie du Toit die Laureus World Sportsperson of the Year with Disability gewen?

Breinlosbrand:  Sonlig was eerste reg met Bennie Boekwurm.


Aksies

Information

2 responses

8 02 2012
Olga

maart 2010.
Sy is beslis n inspirasie vir vele. Is sy n motiveringspreker?

8 02 2012
Gerda. J

dit is soos jy se, niemand kan verwag n amerikaner moet dieselfde deursettingsvermoe as n suid afrikaner he nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: