My selfoon is weg

7 02 2012

Ek is Xena A. Phoenix en ek is verstrooid.  Nie baie nie, net ‘n bietjie.  Net somtyds.  Of dalk nie, dalk het ek net verskuilde talente.

So kom ek na werk by die huis.  Ek dra my goed na binne en doen die goed wat gedoen moet word.  Niks om oor huistoe te skryf nie, dus sal ek julle die besonderhede spaar.  Ek is op die punt om gou ‘n internet rondte te doen, maar ek sien my selfoon nêrens nie.  Ek het dit nie met die uitpak onthou nie.  Niks nuut nie.

Ek gaan terug kar toe, maar die selfoon is nie op enige van die gewone plekke nie.  Dit word ook nie in ‘n berg kwitansies en goed verberg nie.  Siende dat my handsak gewoonlik in die kattebak ry, gaan soek ek daar.  Niks.  Terug binne in die kar.  Niks onder die sitplek nie, niks langs die sitplek nie.  Dit is nie eers in die deurhouer van die passasiers kant nie.  Ek wonder of ek dit nie dalk by die kantoor vergeet het nie, maar ek onthou wel dat dit in die kar is.

Dit is nou die punt waar ek dit so liggies oorweeg om te swets.  Vet weet hoekom my selfoon en sleutels altyd voetjies het.   Dalk hou hulle net van wegkruipertjie speel.  Wat hulle storie is, weet ek nie.  Ek weet dat ek alewig na die een of die ander of sommer albei moet soek.  As ek 5 c kon vir elke minuut wat ek moes soek, kon ek al Suid-Afrika se slaggate toestop en dit nie eers voel nie.

Dit is net hier waar ek ‘n inspirasie soek oor waar ek nog vir my selfoon kan soek.  Ek wil nog iets sê, maar toe tref dit my.  Hoe kan ek met iemand praat sonder my selfoon?  Soos wat ek juis besig is om te doen.

😳

Jip!  Genius het kliphard na haar selfoon gesoek terwyl sy die selfoon die hele tyd teen haar oor gehad het.  In gesprek met iemand.

Sulke dinge gebeur.  Heel dikwels.  Veral met my.

Breinvasbrand:  Watter karaktertjie het altyd na sy bril gesoek wat gewoonlik op sy voorhoof was?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Panasonic.


Aksies

Information

6 responses

7 02 2012
Sonlig

Bwahahahaha!

Bennie Boekwurm.

7 02 2012
Krista

Bennie Boekwurm!!!!!

7 02 2012
Gerda. J

ek ken van selfoon soek. dikwels le dit in die bos op n maatjie se koffietafel terwyl hare in my handsak le. dan raak dit dol.

7 02 2012
Olga

ek soek my selfoon dikwels. Want iemand gryp mos net. My kar se sleutels soek ek net as die kinders tuis was. Dan word my kar mos die poelkar want, brandstof is te duur in die laeveld om hulle sn uit te ry.

7 02 2012
klippie

En ek dog dis net oumense wat hulle brille soek terwyl dit alreeds op hulle neuse is.

8 02 2012
Charms

Ag nee 🙂 ek het nou so lekker gelag.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: