Niks gebou om te hou

6 02 2012

Het julle al opgelet waarop die meeste advertensies vir produkte klem lê?  Dit gaan oor hoe dit die mens se lewe vergemaklik, hoeveel dit geniet kan word, watse luukse dit is wat elke mens verdien om te hê.  Dit is die allerbeste tegnologie, die absolute beste nog, die heel-heel nuutste.  Dit gaan sover as om te beweer dat jy ‘n halwe mens is daar sonder of dat jy onmoontlik gelukkig kan wees daarsonder.  Alles, behalwe dat die beste-ding-nog-wonder gaan hou.

Dit is die punt.  Dit is nie veronderstel om te hou nie.  Dit is veronderstel om so gou as moontlik die gees te gee sodat die verbruiker nog sal koop.  Hoekom sal enige iemand tevrede wees met die verkope van een eenheid as jy aan dieselfde aankoper 10 eenhede kan verkoop?  Sonder dat die aankoper enigsins gaan kla daaroor?  Want dit is maar hoe dinge is, en almal aanvaar dit so.

Natuurlik is daar die ding van waarborg, maar hoeveel is dit in elk geval werd?  Ek het byvoorbeeld ‘n selfoon met ‘n twee jaar waarborg.  Net omdat dit ‘n kontrakfoon is van Vodacom.  Het ek dit in ‘n winkel gaan koop, was dit ‘n jaar waarborg.  Ek het die foon skaars gehad, toe was daar fout.  Natuurlik buite die week teruggee tyd. Van daaraf het ek die foon vir min of meer twee weke, voordat dit weer vir 6 weke in gegee is herstelwerk.  Enige ander mens sou al lankal die ding fyn en flenters getrap het en iets anders gaan koop het.  En DIT is presies waarop die vervaardigers reken.  En dit nie net selfone nie.

Dit is alles.  Van R40 000 Flat Screen televisies (kan ‘n mens nog die boks tipes koop) tot die handklitser van R300 wat mens by Clicks koop.  Mens is nie eers seker daarvan dat dit die waarborg tyd gaan hou, hulle is gebou vir die mentaliteit van papier servette.  Weggooibaar en vervangbaar.  Ongeag die kostes, want iewers is daar besluit dat goed wat hou nie verkoop nie.

Neem klere en skoene ook.  Dit kom gewoonlik met iets soos ‘n 3 maande waarborg, mits dit nie “misbruik” is nie.  Jy kan byvoorbeeld nie ‘n paar skoene vir elke dag vir 3 maande dra nie en verwag dat dit moet hou nie.  Skoene se sole trek los en bloese se knope val af.  Onderklere kry sommer na die eerste was gaatjies en bra’s se “underwire” kom sommer met die eerste was uit.  Of jy dra dit so of jy moet nuwes gaan koop.  Helaas, terwyl jy nuwes koop, word niemand juis aangespoor om hoë kwaliteit goed te vervaardig nie.

Ek sal graag die dag wil sien dat ‘n vervaardiger wys dat vandalisme die enigste manier is om hulle produk te breek.  En selfs daarmee moet daar gesukkel te word.  En ek kan nie sien nie hoekom dit nie die beste kan wees teen ‘n bekostigbare prys nie.  Die mens gaan in elk geval gou moeg raak en iets beters soek.  Dit is dus nie nodig om hulle daarin te boelie nie.

Is betroubaar in produkte regtig te veel gevra?

Breinvasbrand:  Wie se slagspreuk het van “The quest for zero defect” verander na “life full of ideas”?

Breinlosbrand:  Fakkel was reg met Laviga


Aksies

Information

4 responses

6 02 2012
Olga

eerste!
Panasonic

6 02 2012
Olga

ja, kyk, ek is n kermkous van die boonste waters. Ek was op n stadium so bekend by clicks, as hul my met iets in die hand hul winkel sien inkom het, het die kasregister al oopgegaan. Ek neem terug. Al is dit 11 maande, 29 dae en 23 uur later. Dis bog dat n mens n arm en been vir alles betaal en dan hou niks nie. Ek het 4 jr gelede n ketel by clicks gekoop. N relatiewe dure daarby. Ek was elke maand terug vir n nuwe 1. Toe vertel die bestuurder my na dhe 4de ketel dat dit die laaste keer is. Wel, sy mur. Die volgende maand was ek terug. Toe wys ek hom die bbbee beleid skrik my nie af nie. Elke ding wat uit ‘SY’ winkel gaan met n 12 maande waarborg, het presies 12 maande waarborg. Maki saki hoe swart die manager se gat is is. En toe, toe hy asvaal verontwaardig uit sy kantoor kom na sy oproep hoof kantoor toe om my n 5de ketel te gee, toe eis ek my geld terug. Toe bere ek r200 daarvan in my beursie en koop n r49,99 ketel by checkers. Weet julle wat! Sy handelsnaam is laaaaankal afgewas, maar ek gebruik dit steeds.

6 02 2012
Gerda. J

nou is ek eers buite weste vererglik. die onderwerp is amper net so erg soos een van die nuusbrokke. die meeste gemors wat deesdae in ons land te koop is, hou net totdat die waarborg verstryk het. my selfoon het een dag later swart gegaan. dit het ook op die bbbee wa gespring. en toe wil hulle r750 he om die skerm te vervang. n mens kry nuwe fone vir minder. besides was dit toe mos ook upgrade tyd.

6 02 2012
Perre

en doen iemand ek en jy inkleis daar iets aan?

Lewer kommentaar