Tevrede se gat

27 01 2012

Daar is mense wat sê dat net tevrede ‘n te voor aan kan hê.  Duidelik het iemand nie die saak behoorlik deurdink nie. 

Ken julle die gevoel van punt in die wind?  Daardie punt wat dit doodeenvoudig nat nie kan beter nie, selfs al sou jy die Powerball van oor ‘n R100 miljoen net daar wen?  Enige iemand met ‘n tikseltjie lewenservaring weet dat dit die punt is wat die rooi vlaggies gehys word.  En dit het niks te maak met ‘n wiel wat draai nie.  Wanneer jy “on top of the world” is, val jy soos ‘n rots na onder. 

Dit is soos wanneer jy jouself op die skouer klop vir werk wat goed gedoen is, dan verander die blerrie reëls of verwagtinge.  Jy dink dalk jy het jou kinders goed groot gemaak en die volgende dag word een gearresteer vir verkragting.  Jy dink jy gaan nou ‘n neseier bou wat beny kan word, dan vreet onvoorsiene uitgawes jou laaste sent op.  Daardie kontrak wat jy tot perfeksie afgerond het, word aan iemand anders toegeken. 

Blykbaar is die mens maar gemaak om te sukkel.  Anders is daar seker ‘n fyn lyn tussen tevrede en selfvoldaan.  Die olimpiese leuse is seker ‘n wysheid.  As jy meer en beter gaan soek, gaan jy nooit tevrede wees nie.  Jy gaan altyd klim en nooit ‘n bopunt kan kry waar jy af kan neuk nie. 

Of praat ek nou snert?  Ken julle daardie gevoel wat so vinnig in ‘n gemors verander?

Breinvasbrand:  In Alanis Morrisette se liedjie, Ironic, wat is ironies aan “meeting the man of your dreams’?

Breinlosbrand:  Gerda was eerste reg met Donovan Moodley


Aksies

Information

4 responses

27 01 2012
Olga

dan is die swernoot klaar getroud. (then meeting his beautiful wife.)

27 01 2012
Olga

EEEERSTE!!!!!!
Ja, kyk, die lewe is n dans. Een tree vorentoe en twee agteruit.

27 01 2012
Gerda. J

ek dink dit is nie in n mens se natuur om lank tevrede te bly nie.

27 01 2012
Sonlig

Ek ken mense wat dink hulle doen ‘n uitsteeeeeeeeeekende job en back at the ranch is dit net hulle persepsie – nie noodwendig dié rondom hulle nie.

Persoonlik dink ek dat as jy self dink jy’s bo (of die beste) ….het die moeilikheid klaar begin. Verseker gaan jy na benede d*nder!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: