Bang Jan, Dooi Jan of Onnodige Held

25 01 2012

Een ding wat ek al lankal geleer het, is dat mense hulle self Google.  Mense Google hulle geliefdes.  Wat ek dalk dink ‘n geregverdige galbraak sessie is, is dalk net die strooi wat nodig is om ‘n kameel se rug te laat knak.  Lang storie wat basies beteken dat ek persoonlike aanvalle op iemand se menswees of karakter beperk.  Gewoonlik.  Hangaf wie dit is en wat hulle gemaak het.  Ja, ek weet ek het dubbel standaarde.

Mens kan egter dink wat jy wil, al mag jy nie sê wat jy wil nie.  Die een berig wat gister in die nuus was, hou my aan die dink.  Dit is hoe ‘n jong man onder ‘n bed gaan skuil terwyl ou mense aangerand word.  Ek wil-wil hom iets noem, maar probeer ook regverdig wees.  Kanse is dat hy waarskynlik vandag ook ‘n kandidaat vir ‘n begrafnis sou wees as hy wel gaan help het.  ‘n Dapper toekomstige wat dood is, beteken nie veel nie.  Mag waar wees, maar daardie woordjie wil maar net nie rede in sien nie.  Ek wonder ook of sy verloofde altyd in die hitte van die oomblik sy wysheid gaan insien.

Ek hou oor die algemeen nie van macho-crap nie.  As ‘n man altyd wil wys hoe manlik hy is, wys hy eintlik hoe pateties die is.  Dit is dalk oulik in ‘n seuntjie van 5, maar wanneer jy Oros vir drank verruil is dit bekotsingswaardig.  Aan die ander kant hou vrouens tog ook van manlike (wel opgevoede mans).  Wie wil nou met iemand trou wat wanneer daar vreemde geluide is, gaan wegkruip.   Of wanneer die deure oopstaan agter jou gaan wegkruip wanneer daar in die huis gegaan word.  Soos ma’s altyd die versorgers van die gesin gaan bly, gaan pa’s seker die beskermers bly.

Deesdae is mense, met goeie rede, bang om hulle neuse in ander se sake te steek.  Wanneer iemand op straat beroof word, maak mense pad vir die rower om weg te kom.  As bure geskiet word, word daar iemand ontbied, maar daar gaan nie sommer gaan help word nie.  Heldwees kan maklik vandag doodwees.  Dit is presies die rede hoekom misdaad vandag hooggety vier.  Jou opinie van die saak gaan verskil as die die vrou is wat aangeval word en die buurvrou.  Die aangevalde gaan die held buurman ewig dankbaar wees, die buurvrou gaan hom waarskynlik sitkamer toe stuur.  Seker nie almal nie, persoonlik weet ek nie of ek veel respek vir iemand sal hê wat sy rug op iemand in lewensgevaar draai nie.

Maar soos reeds gesê:  ek het dubbel standaarde.  Ek het toevallig gister op TV iets gekyk van ‘n man wat volgens sy gewete opgetree het.  Dit het ongelukkig van hom ‘n verraaier gemaak en almal was opsoek na sy bloed.  Dit het onder meer gelei daartoe dat sy gesin geintimideer, geboelie en sommer na die weermag se frustrasie moes verduur.  Hy was ‘n held, maar danksy dit was sy gesin nou slagoffers.  Sy vrou loop hom wel later raak en is baie bly om te sien hy lewe.  Hy kry dus ‘n warm reaksie.  Ek moet egter sê dat as dit my man was, het ek my skuldig gemaak aan huishoudelike geweld.  Die Engelse spousal abuse werk eintlik net beter hier.

Hoe voel julle hieroor?  Wanneer kan ‘n man (of vrou) ‘n held wees en wanneer is dit beter om weg te kyk?

Breinvasbrand:  Wie het ‘n treffer gehad met Billy don’t be a Hero?

Breinlosbrand:  Olga was reg met munchausen by proxy.


Aksies

Information

6 responses

25 01 2012
Selene Phoenix

Weereens ‘n moeilike een…

Ek glo nie ek sal kan wegkruip en luister hoe iemand my familie aanrand en dood maak nie. Dit sal my altyd na die tyd pla “Wat as ek probeer help het”

Maar in die ander kant, sy verloofde is swanger so het hy aan haar en hul ongebore kind gedink? Sou daai kind dalk pa-loos groot geword het as hy die held wou wees?

Ek sal my vrou en kinders wegsteek om hulle te beskerm.
Ek dink ‘n man kan maar ‘n held probeer wees as hy ‘n kans staan… met die klomp rotte vandag skiet hulle net links en regs omdat hulle kan – so as hulle jou in-elk-geval gaan skiet moet mens seker maar probeer oorleef en terug baklei!?

25 01 2012
Selene Phoenix

O ja eerste!!

Paper Lace

25 01 2012
klippie

Min mense sien kans om ongewapend teen gewapende misdadigers op te tree. Maar deesdae loop al wat ‘n skelm is rond met een of ander wapen en wetsgehoorsame burgers sit in hulle huise en bewe.

25 01 2012
Olga

die slagting sal voortduur terwyl ons wegkruip. Ai, ek het regtig probeer om my kinders hierop voor te berei. Ek het hulle jare lank aangepiekel karate klasse toe. Maar nou ja, hoe ver gaan 1 persoon kom teen n spul gewapende rotte? Dan weer, maak jy die gemors vrek, of donner die rook uit hulle word jy van manslag / moord en of aanranding aangekla. Wonderlike, regverdige, logiese en wyse regering wat ons het.
Ja, swaer.

25 01 2012
Olga

so was my badboy een aand per fiets oppad van die werk af, toe vier rotte hom probeer lowjack het by n verkeerslig. Elke een met n mes in die hand. Hy was beveel om eers sy selfoon en sy beursie te oorhandig. Hy het gese dis in die sak op sy rug. Haal dit af was hy beveel. Hy het. Met n stewige veeg 2 rotte, wie al4 nader gestaan het om die sak te gryp, neergevel. Die derde met die vuis geslaan terwyl die 4de gevlug het. Toe hy egter my seun, op die fiets agter hom gewaar het, het hy soos n dogtertjie gegil en oor die pad genael.

25 01 2012
demoerin

Ek dink totdat jy self in die situasie is, is dit moeilik om te voorspel wat jy sal doen. Ek is seker daarvan elkeen glo hulle sal hul familie met hul laaste kragte verdedig. Dis regtig moeilik om menslike optrede te voorspel.
Daar is definitef ‘n groot persentasie skelms wat wegkom met jou goed juis omdat hulle jou verras, en jy in daai oomblik nie weet hoe om te reageer nie – wat heel moontlik sou weghardloop as jy hom onverwags met ‘n opstopper surprise. Mar dan is daar weer die persentasie wat professioneel is en jou net daar sal doodskiet. Ongelukkig is daar geen manier om te weet met watter een van die 2 groepe jy te doen het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: